Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Oor die Stormers-hype

Kaapse Kuifie

Dit is soos ’n emmer koue water — ek skrik wakker en besef meteens hoe kollega Blou Bul Braampie moet voel. Die gevoel het my laas Saterdagaand getref nadat die Brumbies met my tuisspan, die Stormers, op Nuweland afgereken het. Nee, nie afgereken het nie. Jy reken af met ’n boekhouer op die muurbalbaan. Jy reken af met die laehals-kelnerin in die koffiekroeg. Die Brumbies het die Stormers vermorsel. Ongelukkig nie net met fisieke krag nie, maar met breinkrag ook.

Maar dit was nou nie asof ons nie daarvoor gevra het nie, en dit het mens sommer weer oor die hele Stormers-hype laat nadink.

Dis nou geruime tyd dat ek met die angswekkende vermoede rondstap dat die Stormers die mees oorskatte Super 12-span in die omtrek is. Danksy die verheerliking deur die Kaapse mediakorps, wat aan die homo-erotiese grens, word die Stormers voor elke seisoen opgehemel as mense wat daartoe in staat is om op die water te loop vanaf Kaapstad na Robbeneiland.

Die spelers, met hul tans en getinte kuiwe, verskyn in reklameveldtogte gemik op ’n publiek wat op Ruiter in Swart en Tessa grootgemaak is. Laasjaar was hulle aangetrek in Action Man militêre pakkies. Vanjaar is hulle net in swart kortbroekies geklee en hardloop oor kole: “Whatever it takes!” is die slagspreuk.

Wel, behalwe vir 1999, toe hulle die halfeindstryd gehaal het, net om op hul tuisveld deur die Highlanders vermorsel te word, was die Stormers se Super 12-prestasies ietwat soos ’n vry met ’n dominee se dogter: bietjie hier, bietjie daar, maar uiteindelik ’n niksseggende ervaring.

Dit als maak dit nogal verstommend dat die Stormers tans sit met die arrogantste en mees onsportiewe ondersteunerskorps in die kompetisie. Laas Saterdag se wedstryd teen die Brumbies het weer eens hierdie feit onderstreep toe al wat Brumbie is, uitgejou is. Warm die gaste voor die tyd op, boooeeeee. Hardloop Gregan en kie op die veld, boooeee. Korrel Mortlock pale toe: boooeeeee.

Die redes hiervoor is arrogansie, gesuiptheid en ’n gebrek aan kennis van die spel. En is vir ons wat beter maniere het en meer van die spel weet, ’n helse verleentheid. Ek wonder of daar besef word wat hierdie gedrag aan die beeld van Kaapstad doen in die oë van oorsese TV-kykers?

Ek kan nie help om te dink dat die Stormers dalk beter af sou wees as hulle van die hype vergeet en hul talente saamsnoer om werklik toonaangewende rugby te speel nie. Dis asof wen nie heeltemal so ’n ernstige saak is nie — solank ons toeskouers swart dra en lief is vir ons, is die saak reg.

In die geval van Corné Krige, die Stormers se gladiator-kaptein, het die heldeverering gevaarlike dimensies bereik. En hier staan die Kaapse rugbyskrywers voor in die koor. As ek Krige was, sou ek seker maak ek staan tydens ’n perskonferensie met my rug téén die muur.

Elke wedstrydverslag in elke koerant maak melding van Krige se “harde inklimspel”. Sy “inspirende leierskap”. Sy “vreeslose verdediging”. In die styl van die losvoorspeleresels voor hom, Jan Boland Coetzee en Tiaan Strauss, plaas die media vir hom op ’n gestoelte waarop almal saam “onaantasbaar” geskryf het, maar wat hy met talent nie werklik verdien nie.

Maar wanneer lees jy ooit in die koerant van die aanslane, die strafskoppe wat hy weggee, sy stadige balverspreiding? Of wat van, in sy hoedanigheid as “inspirerende leier”, bietjie die wedstryd te lees, te beplan, op te som. Wat van die feit dat die Stormers, ondanks die vol geld-kitty, die goeie afrigters en die talent nie werklik ooit oortuig het nie? Sekerlik kan die kaptein nie van alle blaam onthef word nie.

Krige is ’n groothartige, eerlike en hardwerkende speler. ’n Bo gemiddelde provinsiale speler, en niks meer nie.

Ons Stormers-ondersteuners moet nie wol oor ons eie oë trek nie. Die span voldoen nie aan verwagtinge nie. Ons het besonderse leierskap en besonderse spelers nodig. Vergeet van “whatever it takes” en onthou net die beste is goed genoeg.

Snaaks, dié Rian Oberholzer van Sarvu. Toe die pers hom vra vir die redes vir die swak Super 12-vertonings deur Suid-Afrikaanse spanne, pluk hy afrigters as een van die verskonings uit. Hy sê ons afrigters is onervare en sonder vir Dik Dolf Straeuli uit. “Hy’t skaars twee seisoene ervaring in die Super 12!” Reg so, ou maat. Een vraag net: as hy so min ervaring het, wat maak hy as Bok-afrigter?

Annus horribilis gaan in ’n gatkramp verander.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.