Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Verrassing van die week: Bulls klop die Hurricanes

Kaapse Kuifie

Die Stormers se pragoorwinning laasweek oor die Sharks het getoon dat Suid-Afrikaanse rugby in ’n groter krisis is as wat selfs die mismoedigste Blou Bul-ondersteuners wil glo. Die saak is ’n paar dae later vererger toe dit bekend gemaak is dat die Sharks se afrigter, Rudolf Straeuli, die kortlys van twee oorblywende kandidate gehaal het om die Springbokke te brei.

Vraag is: hoe kry iemand dit reg om nŠ een Supertwaalf-seisoen en ’n handjievol jare as afrigter-speler van ’n gelapte Engelse klub oorweeg te word om een van die tradisioneel sterk rugbylande te brei? En wie het die psigometriese toetse gemerk wat al die kandidate moes aflÍ - dr Hannibal Lecter?

In verlede week se poging teen die Stormers het Straeuli getoon dat sy mees uitstaande kenmerk is om ’n span propvol talent, fisieke krag en potensieel plofbare opwinding na ’n trop brandsiek buffels te laat lyk. Dit hardloop en dit stamp en dit hoes, proes en lippeklap, maar kan net nie iewers ’n plan kry om die basiese aspekte van rugby reg te doen nie.

Straeuli se basiese idee is om alles te probeer platvee en, met die inspanning van die beste wiskundige insig wat sy regsopleiding kon gee, soveel as moontlik verdedigers in te suig sodat daar spasie is om drieŽ te druk. In hierdie oordadige beklemtoning van man-en-grondgebied het Straeuli van twee ander redelik belangrike rugbyelemente vergeet, naamlik bal-en-lug.

Die Stormers, gery deur beserings, het net effe meer aandag as Straeuli aan die bal-en-lug-gedeelte gegee, en kon nogtans met kwetsbare verdediging, middelmatige taktiese skopwerk en ’n brose skrum vir die volsterkte Sharks klop. In so ’n situasie kan net die afrigter pa staan vir die uitslag.

Kies Straeuli vir afrigter en die donker wolk wat laas Vrydagaand oor Durbs gehang het, gaan vir nog baie jare bo-op Springbokrugby lÍ.

Ek sal die eerste wees om te erken dat afrigters nie aan ’n boom hang nie, behalwe vir Highlight Harry wat na sy gemuitery nog steeds soos ’n aap moet voel. Maar uit al die kandidate blyk Rudy Joubert die geskikste te wees. Gaaf, hy is miskien nie die besielde God-en-Vaderland-afrigtertipe nie, maar sy ervaring, bewese strategiese vernuf en neutraliteit behoort hom die binnebaan bo Straeuli te gee.

Rod MacQueen, ’n ou wat bietjie vir AustraliŽ afgerig het en nogal goed gedoen het, het nou die aand vir my ’n idee gegee van hoe ’n afrigter op internasionale vlak behoort te werk. Hy word een keer, vertel hy, voorgekeer deur ’n joernalis. “Rod,” vra die nuushond, “ek het met een van die Wallabies gepraat, en diť speler sÍ jy doen nie veel nie. Jy staan net terug en laat jou helpers die werk doen en is self nie werklik betrokke nie. Wat sÍ jy hieroor?”

MacQueen het teruggeleun, gedink, en gesÍ: “Mate, daardie speler het pas vir my ’n hengse kompliment gegee. As ek, die baas van die span en die ou wat al die verantwoordelikhede moet dra, ’n struktuur het waar my assistente doen wat ek van hulle verwag, en die spelers wen, dan dink ek ek het rede om te voel ek het sukses in my werk behaal..”

Iets om oor na te dink.

Die hoogtepunt van die afgelope week se sport het Sondagaand plaasgevind toe die yshokkiespanne van Kanada en Amerika mekaar gepak het om die goue medalje in vanjaar se Olimpiese Winterspele in Salt Lake City. Dit was werklik ’n geval van die beste-teen-die-beste en die gehalte van die hokkie en die skaatswerk was verstommend.

Dit het my weer laat dink aan ’n paar poefters wat nie net betaal word om rugby te speel nie, maar dit sommer vir hul land doen ook. Tana Umaga, Mark Andrews, Andrť Vos, en ek's bevrees Cornť Krige, het die afgelope tyd begin kerm oor hoe hard gespeel word en hoe moeilik dit is om jou beste te gee en dat hulle minder wedstryde moet speel en so aan.

Ek weet nie of dit die gevolg van te veel kreatien is nie, maar hierdie spul moet maar net besef dat professionalisme nie veel simpatie het met seer skouers, lam bene en verstuite vingers nie.

Vat yshokkie, byvoorbeeld. Net soos rugby, draai die Noord-Amerikaanse NHL-yshokkieseisoen om by die tien maande. Net, hierdie ysters speel speel twee, drie wedstryde ’n week.

Gaaf, daar is nie die deurlopende kontak nie, maar wanneer jy getref word, is dit deur iemand van oor die 95 kg wat teen minstens 40 km per uur op jou afgeskaats kom. En as jy val, is dit op harde ys. Voeg hierby die vuisgevegte waaraan jy nou en dan verplig word om deel te neem, en jy sal gou besef dat dit ten minste net so ’n fisieke spel is as rugby. (Dink hieraan: kopskerms is verpligtend in yshokkie, nie in rugby nie.)

Dan is daar ouens soos Wayne Gretzky en Mario Lemieux wat vir meer as 15 seisoene week in en week uit hokkie op die hoogste vlak kan speel, en dit is eintlik ’n belediging teenoor groot sportmanne soos diť dat Umaga, Krige en kie kla oor hul verpligtings as sportmanne.

Maar so word die ware professionaliste van die res onderskei. En as die kombuis te warm raak, gaan speel rolbal, jukskei of veerpyltjies. (Maak net eers seker hoe lank die afseisoen is.)

Aangesien Blou Bul Braampie vir my genooi het om saam met hom voorspellings te waag, speel ek maar in hierdie stadium saam: Crusaders klop die Chiefs, Otago dril die Haaie en Brumbies klop die Cats. Wedstryd van die week: Reds klop die Blues. Teleurstelling van die week: Waratahs klop die Stormers. Verrassing van die week: Bulls klop die Hurricanes. (Waarom anders word daar reŽn voorspel?)

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.