Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die uitbouing van ryk tradisies

J P du Toit

Krieket is ’n populÍre en groeiende sport. Amper so populÍr soos Harry Potter, maar tog met ’n veel langer raklewe.

Of is dit? Wat ’n sukses van beide maak, is dat dit die argetipes van die mensdom so ryk uitbeeld. Al daardie onderbewuste, kollektiewe bagasie (of dit nou tuisgebakte toebroodjies of ’n stukkende onderbroek is) kom so mooi na vore. En ons identifiseer. En verwerp. Want ons sien onsself. En ons word held of vyand. Krieket is maar ’n metafoor vir die lewe.


Aan die begin

Alles was woes en leeg. Dit was soos net voor die openingseremonie. Toe was daar musiek en woeling. Toe gaan lÍ die stof so ’n bietjie en toe Ö Stadig uit die stof verrys daar ’n vorm van lewe Ö Twee spanne stap op die veld. Die skare hou asem op. Op grond van hierdie eerste vertoning gaan daar helde wees. En kwaaddoeners. En lyfwegstekers en rondspringers en bestuurders en kapteins en paaltjiewagters en kommentators. En altyd, soos Raka iewers in ’n donker poel, die skadu van die AustraliŽrs wat druppel vir druppel petrol op die vuur gooi.

En nie so lank na die begin nie, toe was daar ’n glipsie. Want soos dit nou maar is, sal iemand gaan proe waar hulle nie moet proe nie. Dis soos om daardie kolf ’n bietjie uit te hang so neffens die wegpen — dis ’n hou wat vir jou geen lopies gaan bring nie, maar proe moet jy proe. En dan staan jy skielik kaal en moet jy verduidelik. Dis hier waar Adam en Eva die presedent gestel het: kom laat ons iemand anders blameer. Miskien sien hulle daar’s ook iemand anders sonder klere.

Vanaand wil ek oor twee dinge praat (en hulle staan hand aan hand soos ’n paar openingskolwers): (a) Die WB-wedstryd tussen die boys en die swartkeps en (b) die hele gedoente oor kapteinskap.


Eerste glip: die Flemmingskerp kolf en die stadiger bal

Gewoonlik kan ek nie wag dat die laaste bal van ’n wedstryd geboul word nie. Dan hardloop ek soos ’n Jonty op steroids uit na die agterplaas om my eie wedstryd daar voort te sit met ’n tennisbal en tamatiekisplankie. Maar nie Sondag na Suid-Afrika se kragmeting teen Nieu-Seeland nie. Nadat daardie laaste bal oor die tou is, was ek te verslae om te beweeg. Hierdie keer moes ek wag vir die “post-match presentation” en die onderhoude. Ek het closure nodig gehad.

Ek wil sommer uit die staanspoor sÍ (ten spyte van die strak uitdrukkings en verslae in die media) dat ons boys nie die wedstryd verloor het nie. Nieu-Seeland het dit gewen. Daar is ’n verskil.

Na ons kolfbeurt het geen kommentator opgemerk dat Nieu-Seeland swak geboul of veldwerk gedoen het nie. “Herschelle Gibbs het uitmuntend gekolf en die ander het baie goed bygedra.” “Dit was ’n puik spanpoging aan die kant van Suid-Afrika.” ’n Blinde kyker sou moeilik kon glo daar was twee spanne op die veld.

En na die game was dit dieselfde, maar terselfdertyd ook heeltemal anders. “Pollock kon beter besluite geneem het.” “Boucher se verbroude vangskoot was deurslaggewend.” “Donald en Kallis se boulwerk was nie wat ons van hulle verwag het nie.” Nog steeds was daar net een span op die veld. Dit laat my wonder: SÍ nou Flemming het groen en goud gedra en Gibbs ’n swart keps?

Partykeer hang daar ’n doudruppel vroegoggend aan die onderkant van ’n vinknes Ö En partykeer skyn die sonstrale net op die regte (of verkeerde?) hoek daardeur Ö Partykeer word die strale soos deur ’n vergrootglas gekonsentreer en partykeer val die verblindende kol op stukkies droŽ gras van ’n naburige nessie. En partykeer begin die gras smeul Ö Dit was sekerlik nie die vink se skuld nie. Dis was nie die dou of die son se skuld nie. En tog begin daar partykeer ’n verwoestende veldbrand op hierdie manier. Partykeer gebeur dit maar net.

Sondag se uitslag was sekerlik nie die skuld van Jonty se uittrede nie.
Dit was nie die skuld van Boucher se verbroude vangkans nie.
Dit was nie Hansie se skuld, of die duiwel s’n nie.
Dit was nie die reŽn of die Duckworth-Lewis-stelsel s’n nie.
Dit was nie die posisie van Jupiter en die maan nie.
Dit was nie Pollock se skuld nie.
Dit was nie Donald of Kallis s’n nie.
En dit was ook nie my of jou skuld nie.
Ek kan ongelukkig selfs nie eers die AustraliŽrs blameer nie.

Partykeer gebeur dit maar net.

Ek glo ons boys het hulle beste gelewer. Ek het dit gesien. En hulle het ’n baie goeie wedstryd gespeel. Vir nou is dit genoeg vir my. Daar is nie meer wat ek van hulle kon vra nie, net soos wat die Nieu-Seelandse ondersteuners nie meer van hulle spelers kon vra nie. Dit was kitskrieket op sy skouspelagtigste. Daar was ’n lopiefees en daar was akrobatiese veldwerk. Daar was geluk en ongeluk. Daar was uitstekende kolfwerk. Daar was ’n handvrywery en gegiggel en geween en gekners Ö En daar was ’n nat kol op my stoel.

Miskien is sport veronderstel om te dien as afleiding vir die daaglikse geskarrel om brood en botter te verdien. Miskien is dit nie veronderstel om mens strak en verdwaas te laat nie. Ons wil dalk weggevoer word na ’n kamma-kamma wÍreld, soos in Harry Potter of Brolloks en Bittergal. Maar kyk mooi: Selfs dan was dit ’n sukses, want kamma-kamma beteken nie noodwendig speel-speel of lag-lag, of selfs huil-huil of kners-kners of knyp-knyp nie. Miskien is kamma-kamma iets in die lyn van speel-kners of huil-knyp of lag-huil Ö En dit was Sondag se wedstryd meer as enige iets anders. Van die eerste bal, dwarsdeur die reŽnonderbreking en tot met die laaste woorde van die “post-match presentation” het ek nie vir ’n oomblik aan my belastingvorms gedink nie.

Kom ons zoom so ’n bietjie uit: Die speelveld is nou min of meer gelyk, veral nadat die mildelike reŽn ook op die kolfblad van Wes-IndiŽ en Bangladesj uitgesak het. Voorts kan enige iets nog in Groep B gebeur. Daar lÍ nog heelwat kamma-kamma van naelbytery en gegiggel en glipse voor. Dink net: As die trofee met die aanvang van die toernooi reeds oorhandig was, dan sou ons nou moes lees van Jan Taks en al sy trawante Ö En ek kners veel eerder oor krieket.

Miskien is die hele affÍre soos die outjie wat homself met die liniaal sit en slaan het. Toe sy juffrou hom uitvra oor hierdie koddige gedrag, toe antwoord Jannie: “Ek doen dit, want dit voel so lekker wanneer ek ophou.” Of miskien is dit heeltemal anders.

Wie weet?

Maar mŰre draf ons uit op ’n nuwe veld, met nuwe statistieke en taktieke en joernalistieke. Paaltjies sal val. En vangskote Ö Lopies sal aangeteken word, hoŽ tellings sal verbygesteek word en laes sal suksesvol verdedig word. Daar sal nuwe onderhoude en “post-match presentations” wees. En stompgekoude naels, vol asbakkies en vol vonkelwynglase Ö En ons sal weer kamma-kamma en tamatiekisplankies en tennisballe bymekaarskraap. Want dit is die game. En dis ons.

Kom ons kom in lyn met die bal. Kom ons lig ’n glas.

Volgende keer: Tweede glip — Kapteinskap, broedertwis en broederskap.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.