Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Bokke kan die Ingelse klop …

Blou Bul Braampie

Noudat die Bokke se uur van waarheid aangebreek het, lyk alles nie meer so donker nie. Die Ingelse, wat ook deesdae in die deursigtige bloesies speel, lyk toe glad nie so onoorwinlik nie. Boonop kry ek al van verlede week af die gevoel dat die geluksgodin besig is om verleidelik in die rigting van ons Springbokafrigter, Rudolf Strooihalm, te glimlag. Die beserings van al drie die gekose Engelse skrumskakels het skielik ’n krakie in die Engelse mondering veroorsaak wat niemand kon voorsien het nie. Voeg daarby die verwoestende vorm waarin die Bok-onderkaptein, “Cappie” van der Westhuizen, hom bevind en die wedstryd kry nuwe betekenis.

Maar moenie te gou bly word net omdat die Engelse waarskynlik met hulle nommer vier skrumskakel sal moet speel nie. Die gedrilde Engelse pak sal na alle waarskynlikheid min moeite ondervind met die sporadiese vlae van druk wat die Bok-voorhoede op hulle plaas. Daar is min skrumskakels wat nie agter ’n wenpak goed lyk nie. Met die bal as onkantlyn vir die skrumskakels by die skrums kan onse “Cappie” egter heelwat druk op die Engelse held, Jonnie Wilkenson, plaas. Onthou die 1985-Curriebekerfinaal toe Naas met die kort aangee van Donovan Twiname moes klaarkom. Dit was een van die min kere wat Naas nie die Bulle kon red nie.

Die eerste vraag is natuurlik wie gaan die Bokke kies. As ek in Strooihalm se skoene was, het ek roekeloos gekies. Hougaard op losskakel, Jorrie Muller op senter en Jaco van der Westhuyzen op heelagter. Dié voorstel wyk af van wat ek vroeër geskryf het. Die rede daarvoor is eenvoudig: die All Blacks lyk baie gevaarliker as die Engelse. Ek dink dit sal die Bokke loon om ’n kwarteindbotsing met hulle te vermy. ’n Verdere rede vir my voorgestelde spankeuse is dat ons die Engelse doellyn minstens twee keer sal moet oorsteek as ons hulle wil klop. Ek dink nie ons moet ons hoop op ’n skopoorwinning plaas nie. Kies dus maar liewer die aanvallers en speel om vir hulle aanvalsgeleenthede te skep. Voorts lyk dit nie of ysterman, Werner Greeff, nie heeltemal op dreef is nie, so daar sal maar teruggeval moet word op Muller noudat Jaque Fourie uit aksie is.

Wat maak ons met die Engelse pak voorspelers? Soos in die verlede glo ek die antwoord is in die sokkerwêreld te vind. Die grootste aktiewe sokkerafrigter van die moderne era, sir Alex Ferguson van Manchester United, leer sy spanne om vir die eerste halfuur eers die druk te verwerk en patrone te vestig voordat hy sy aanvalsplanne aktiveer. Uiteraard dink die spelers vir hulleself op die veld en sal hulle nie ’n vroeë aanvalsgeleentheid verbeur nie, maar oor die algemeen konsentreer hulle aan die begin van die wedstryd op veldposisionering en die vestiging van ’n hegte verdedigingslinie.

Dit sal die Bokke loon om ’n blaadjie uit sir Alex se boek te neem. Ek glo hulle moet eers die kat uit die boom uitkyk voordat hulle oordeelkundig begin aanval. Die Engelse gaan hulle nie sommer laat ontsenu nie, so een of twee plettervatte gaan nie genoeg wees om die skaal in ons guns te laat swaai nie. Slegs ’n volgehoue dosis guerrilla-rugby sal die Engelse uit hulle geriefsone dwing. Hier dink ek aan hoëspoed-aanvalle van Joe van Niekerk na die Engelse middelveld, asook ’n reeks goedgeplaaste steekskoppies van Hougaard om die Engelse agterlyn kort-kort te laat omdraai.

Joost sal ’n gemerkte man wees. Die Bokke kan hom as ’n weerligafleier gebruik. Hy behoort net een keer per helfte voluit te breek, tensy daar ’n gaping uit gebroke spel ontstaan. Verder kan hy die Engelse aan die raai hou. Laat Matfield aan die begin van elke helfte probeer om ’n lynstaanbal of twee te kaap, maar gaan daarna oor tot ’n intensiewe verdedigingspatroon by die lynstane. Dieselfde geld vir De Wet Barry se strooptogte op die Engelse agterlyn — dit moet nie oordoen word nie.

Al my vriende vra vir ’n voorspelling. Ek glo dat die Bokke ’n realistiese kans het, mits hulle die regte span in die veld stoot. Ek het reeds die grootste gedeelte van die “regte span” aangedui. As losvoorspelers verkies ek Krige, Rossouw en Van Niekerk. Juan Smit kan op die bank wees. Hougaard is ’n moet vir my beginspan. Begin Strooihalm met Koen, kan dinge lol. In daardie geval verwag ek dat die Bokke met 15 punte gaan verloor.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.