Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kan hierdie klomp wrakwerfbrakke die eer van SA rugby red?

Blou Bul Braampie

’n Kaapse rugbyskrywer het verlede naweek na die nuwe Springbokspan as ’n klomp wrakwerfbrakke (“scrapyard mongrels”) verwys. “Has beens, wannabe’s and rejects,” het hy hulle genoem. Na ’n lang relaas oor hulle talentloosheid kom hy tot die gevolgtrekking dat die span se samestelling sterk ooreenkomste toon met die Węreldbekerwenspan van 1995. Hy sluit sy argument af met die bevinding dat SA rugby in die onlangse verlede ’n reeks nare ondervindinge gehad het met spelers wat oor sogenaamde groot talent beskik en dat dit dalk tyd geword het om iets anders te probeer.

Ek stem met hom saam dat die onlangse afrigters se flirtasies met flambojante spelpatrone tot baie ellende gelei het.

Sedert die aankondiging van die span moes Pieter Rossouw ongelukkig onttrek. Dis jammer, want Rossouw is ’n denker wat ’n nuwe agterlyn met oorleg kan organiseer. Die aanwysing van Ashwin Willemse in sy plek was ongelukkig ’n tree in die verkeerde rigting. Al behoorlike duikslae wat Willemse in die Supertwaalf uitgevoer het, het plaasgevind nadat die opponent reeds die drie gedruk het. Willemse is versot daarop om op spelers te gaan val wat pas ’n drie teen hom aangeteken het.

Met dié keuse wyk Straeuli en sy medekeurders weer eens af van hulle verklaarde beleid om net dodelike verdedigers te kies. As hy dink hy gaan die Engelse en die All Blacks aanvat met Koen, Bobo en Willemse in sy verdedigingslinie, kan hy hom maar klaarmaak op ’n erger nagmerrie as daardie riller van ’n rekordtelling van 53-3 wat verlede jaar op Twickenham teen ons gepleeg is. Die logiese keuse was Anton Pitout, daardie bonkige Pitboel van die Vrystaat, wat een van die onbesonge helde van die Supertwaalf was. Ek glo vas dat Straeuli vir die toetse teen die Skotte net die Supertwaalfuitblinkers moes gekies het. In die daaropvolgende wedstryde kon hy verstellings begin aanbring het.

Dis wat my pla van ons agbare Springbokafrigter, Rudolf Strooihalm. Wat hy sę en wat hy doen is twee verskillende dinge. Hierdie week het hy juis weer met ’n groot fanfare verklaar dat drie dinge in die Springbokkamp verbode sal wees: Meisies/vroue van spelers, selfone en drank. Ek dink meneer Strooihalm sit die pot ver mis. My eerste punt is dat daar altyd lede van die vroulike geslag in die omgewing sal wees waar sporthelde in groot konsentrasies vergader. Party spelers verwys na hulle as “groupies”. Ek noem hulle poppelinas. Hulle is geslepe en weet hoe om die spelers se privaatheid binne te dring. Die meeste van hulle is meesters op die gebied van vermomming. Nie eers ’n dissiplinevraat soos die agbare Strooihalm kan die “kamerbediendes” uit die hotelkamers uithou nie.

Voorts is dit ook so dat elke span altyd ’n paar groot vryersklonge in het. Die enigste manier om hierdie amoreuse aktiwiteite te beperk, is om die eggenotes en die meisies naby die spelers toe te laat.

Tweedens is dit sinneloos om meisies én selfone te verbied. Hoe moet die liefies met mekaar kontak hou? En as hulle dan nie eers met mekaar oor die selfoon mag praat nie, dan is ’n drankie mos ’n logiese manier om die hormone gerus te stel, of hoe?

In dieselfde trant wil ek vir Strooihalm en sy bestuur uitdaag om gholfstokke in die Springbokkamp te verbied. Die feit dat die onlangse Bokke altyd in ’n luukse gholfoord moet tuisgaan, is ’n onding. Ek het die indruk gekry dat voorkeur aan spelers gegee word wat nie ’n vinnige vierbal in die steek sal laat nie. ’n Voorspeler hoef nie meer sy kop in ’n losgemaal in te druk nie, net solank hy ’n pikante plofhoutjie uit die sandkuil uit kan speel.

Ek hoop van harte hierdie klomp wrakwerfbrakke wat nou gekies is, is minder verslaaf aan gholf. Daar is ander maniere waarop spelers kan ontspan, soos byvoorbeeld om teen skrummasjiene te oefen en tot vervelens toe stelskoppe pale toe te mik.

Wat Saterdag se toets betref: my geld is op die wrakwerfbrakke.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.