Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Krieket — Hoe gaan ons ons geloof herstel?

JP du Toit

12 Maart: Die eerste probeerslag

Nou ja, wat nou? Die speelveld is nie meer gelyk nie. Skielik is niemand regtig meer seker wie speel teen wie op watter dag nie. Miskien is dit soos tydens Hansie se verhoor Ö Die fans moet hulleself heroriŽnteer ten opsigte van wÍreldkrieket en hulle eie span. Een of ander Griek het lank gelede beweer dat die enigste ding wat seker is, is dat dinge verander. En hier is ons in die middel van verandering. Maar dis nie ’n nuwe plek nie — spelers kom en gaan soos die gety in Durban, en kapteins en selfs spanne. Ons kan terugkyk na die verlede met trots en sekerlik met ’n tikkie heimwee, maar daar kan ons nie stilstaan nie. Want so seker soos die verlede is daar ’n toekoms Ö


Die goud en die groen

“Ja, ek sal met graagte ’n rubriek oor die WB skryf,” was my eerste reaksie. Dit het opwindend geklink. Ek was vuur en vlam. Ek het stats versamel en in die agterplaas geoefen Ö Daar was opgelees oor die spanne, die reŽls, die velde en die seremonies. Geskiedenis, kolfblaaie en weerberigte. Voorspellings en odds van beroepswedders. En met die verloop van die wedstryde was daar soveel ryk materiaal Ö En toe skielik, soos ’n hond se nat neus teen jou been, wanneer jy in jou drome wil verder kolf, tůť die ontnugtering: die boys se WB-drome op tuisbodem is iets van die verlede.

My oŽ is al moeg van kyk na die rekenaarskerm. Die wind is uit my seile. Skielik is dit asof niks meer saak maak nie. Donald en Kirsten. Oornag voel dit asof daar grys hare om my slape uitgeslaan het. Skielik besef ek dat rugbyballe nie meer van leer gemaak word nie. Tieners weet nie van Dubbin nie. Krieketkolwe word selde geolie. Skielik is dit stil Ö Die cursor op die skerm flits Ö Die WB is nie verby nie, daar moet dinge gesÍ word, maar die reŽn sif ongenadig neer Ö Die vlae wil nie wapper nie; hulle kleef aan ’n nat voorarm Ö Die bier is flat en Robin Jackman sukkel vir woorde Ö


22 Maart: Na die reŽnstorm, op die oewers van die Visrivier

Ek het gedink dit gaan makliker wees om ’n internetrubriek te skryf. Ek het gedink dit gaan makliker wees om ’n krieketondersteuner van die Proteas te wees. Maar helaas!

Die realiteit van Suid-Afrika se uitskakeling tydens die 2003-WB het my genoodsaak om my visstokke op die bakkie te gooi en iewers langs ’n rivier te gaan sit waar daar geen selfoonopvangs is nie. Lente is ’n tyd vir groei. Somer is ’n tyd vir blom. Herfs is ’n tyd om die elektriese kombers te soek. En dan is daar die winter: daar kom ’n tyd om so ’n bietjie terug te sit en nat te reŽn langs ’n rivier. ’n Braaktyd, miskien.

Maar nie ’n dooie tyd nie. Dis ’n tyd van hergroepeer en so ’n gadeslaan. Dis ’n tyd van koffie op die stoep drink en die lande betrag. En ’n tyd van spekuleer. En droom.

Met die laaste bietjie reŽn se uitsak op die kolfblad en die stof van kapteinskap en drome aan skerwe wat wil gaan lÍ, sit ek op die vooraand van die 2003-WB-finaal en peins oor die dinge van die afgelope paar weke.

Die ergste skok, teleurstelling en ongeloof het nou van my afgewas en plassies modder om my voete gevorm. Ek speel met die klei en kyk watter vorms gestalte voor my aanneem.


1. Skok

So opwindend en skouspelagtig as wat die openingseremonie van die 2003-WB was, was die grootsheid van die hele affÍre ’n skok. Was ons werklik gereed? Maar dit was nie net die omvang van die toernooi en die sport van krieket wat my soos koue water in die gesig getref het nie, daar was ook die skok van AUSTRALIň. Ja, in hoofletters, want ek verwys nie net na die krieketspan nie.

  1. Die onmenslike vaardigheid wat die span op ’n kliniese wyse op die veld vertoon, is hipnotiserend. Elke individu het die vermoŽ om ’n wedstrydwenner te wees. Voor die WB sou Symonds skaars in dieselfde asem as McGrath en Haydn genoem wees. En dieselfde geld vir Bichel, wat ook maar net-net in daardie memorable wedstryd gespeel het. Speler vir speler sypel talent uit hierdie ouens se sweetgaatjies.

  2. AustraliŽ speel ook as ’n span. Ten spyte van individuele talent lewer elke speler ’n bydrae wat tot voordeel van die geheel strek. Daar is hope selfvertroue en spangees. En ’n vasberade onverskrokkenheid.

  3. Waar Suid-Afrika se opspraakwekkende skandes geneig is om aanhoudend in die pers herkou te word (neem byvoorbeeld die Hansie- en kapteinskap-sages), blyk AustraliŽ verleenthede (soos die Shane Warne-skande) tjop-tjop onder die mat te vee en die volgende beurt af te stuur asof dit nooit gebeur het nie. Daar is ’n groot verskil: die Australiese kommentators praat maande lank oor oorwinnings, maar verberg eensklaps nederlae.

  4. Die kommentators vorm soveel deel van die Australiese masjien soos die spelers self. Hierdie ouens saai propaganda soos Brett Lee vinnige balle afstuur. Die oorgrote getal kommentators is Australies. Hulle maak gebruik van elke geleentheid om opbouende dinge van hulle spelers te sÍ. Hulle skep ’n realiteit van ’n onoorwinbare span en die publiek blyk dit onbewustelik te assimileer. Neem byvoorbeeld die term chokers: Australiese kommentators het destyds sů na die Proteas verwys na een of twee nederlae in deurslaggewende kragmetings. Heelwat ander spanne (AustraliŽ inkluis) het ook hierdie lot gedeel, maar om een of ander rede het die term sinoniem met die Suid-Afrikaanse span geword. Selfs Pollock het al op ’n perskonferensie te kenne gegee dat ons as chokers bekend staan. In plaas daarvan dat ons ons eie realiteit skep, blyk ons diť van die Australiese propagandiste goedsmoeds te aanvaar.


2. Teleurstelling

Dit help nie mens ry die teleurstelling holrug nie. Elke speler en ondersteuner het ’n persoonlike ervaring van teleurstelling om te verwerk. We all need our space. Dus sal ek nie indring nie.


3. Ongeloof

Net so verslae as wat ek was met die openingseremonie, die openingswedstryd en die gemak van AustraliŽ se vertonings, was ek verdwaas nadat Suid-Afrika finaal uitgeskakel was. Daar was vele hoogte- en laagtepunte. Byna almal was tot vervelens toe in die pers uitmekaar geanaliseer of besing. Tog blyk daar die onderwerp van ongeloof (en, gevolglik, geloof) wat dalk nog ’n bietjie aangespreek kan word.

“Al het jy die geloof om berge te versit Ö” Met ander woorde: “Met genoeg geloof kan jy berge versit Ö”

  1. Op papier lyk Pakistan speler vir speler net so goed, of selfs beter as, AustraliŽ. Maar as ’n geheel lyk die prentjie anders. Die verskil, glo ek, lÍ in wat die mense glo. Kommentators, die pers, publiek en spelers glo AustraliŽ is ’n beter span. Statistieke blyk nie so oortuigend te wees nie. Hoekom vaar die kanaries (karnallies?) dan beter? Ek sou sÍ dit het te doen met wat geglo word. En geloof is meer as ’n oppervlakkige optimisme. Dit het te doen met ’n afwesigheid van twyfel. Speel gerus so ’n bietjie met hierdie idee. En as jy nie oortuig is nie, my laaste staaltjie Ö

  2. Voor die tweede halfeindronde (IndiŽ vs Kenia) was daar voorspellings van reŽn uit alle oorde. Op al die TV-stasies, in die koerante en op die radio was daar gesÍ dat daar minstens ’n tagtigpersent-kans was dat dit op beide die Donderdag en Vrydag sou reŽn. Weerprofete het getwyfel of daar enigsins ’n bal geboul sou word. Woensdagaand en Donderdagoggend het dit gereŽn. Kenners van die plaaslike omstandighede was dit eens met die kommentators. Ravi Shastri het voor die aanbreek van die wedstryd toeskouers een vir een genader vir ’n opinie. Hy kon slegs een Zoeloekryger vind wat sonder ’n sweempie twyfel verklaar het: “No. No chance of rain.” Lee Irvine het sinies gelag. Ten spyte van die grou lig en gerommel in die agtergrond, ten spyte van buie by die lughawe en in Pietermaritzburg (weerskante van die stadion), het een mens geglo. Sonder twyfel. Hy het nie gespekuleer nie. Ononderhandelbaar. Hy het geglo. Soos ’n mostertsaadjie. Die wedstryd was ononderbroke afgehandel. Was berge versit?

Ten slotte dan, die uitdaging: Hoe kan ons ons geloof herstel? Soos ’n kind. Soos ’n Zoeloekryger. As dit moet, dan om berge te versit.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.