Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Bokke se wenkans

Blou Bul Braampie

Ongeveer 50 dae gelede het ons in sak en as gesit. Die Bokke het in Perth vyf drieë teen 'n baldadige Wallabyspan afgestaan. Van verdedigingslyne was daar geen sprake nie en van 'n wedstrydplan nog minder. Die volk het gemurmureer en Jake en John Smit se koppe op twee silwer skinkborde geëis. Ek was een van die voorsangers in daardie koor. In my vriendekring was daar niemand wat van my verskil het nie.

Intussen het die wiel gedraai. Jake het half onwillig afstand gedoen van drie van sy binne-agterspelers. Jaco en die twee senters is gepos en hoewel die nuwe kombinasie van Jean en Jaque na 'n onpaar gelyk het, het die Bokke se geluk gedraai. Die nuwe kombinasies het hulle kanse meesterlik aangegryp en voor ons ons oë kon uitvee, staan die Bokke op die vooraand van die geskiedkundige verdediging van hulle Drienasie-titel - 'n prestasie wat tot baie onlangs toe ondenkbaar gelyk het.

Saterdag gaan nie maklik wees nie. Die House of Pain was nog altyd 'n Bokbegraafplaas. Die All Blacks is met die rug teen die muur. Hulle fanatiese ondersteuners bou al galg op die markplein net in geval hulle helde verloor. Afrigter Graham Henry se kontrak is op hierdie stadium minder werd as die menseregteklousule in die konstitusie van Zimbabwe.

Hoe dik die paniek by die tuisspan lê, blyk uit die feit dat hulle selfs nou al speletjies met spankeuses begin speel. Dis nie hoe ons die All Blacks ken nie. In die goeie ou dae van Pinetree Meads en Keith Murdoch is die span aangekondig en basta. Dit was take it or leave it. Die volgende manne gaan oorlog toe. Vir volk en vaderland. Nou is dit 'n kat-en-muis-speletjie wat baie aan laerskoolrugby laat dink. Ek dink die spel se naam is Putt-Putt. Nogal vernoem na Kevin se Sharks. 'n Groot groen kat wat 'n klein swart muisie rondjaag. Klink weird, is dit nie?

Ek dink ons kan dit maak as die skeidsregter op die ball is. Ek vermoed die All Black-aanslag gaan op turn-overs gebaseer word. Richie McCaw skuld die Bokke en hy gaan alles in sy vermoë doen om ons besit bederf. Ons sal dus baie moeite moet doen met balretensie. Lê daar te veel losballe rond, gaan hulle ons vanuit die gebroke spel seermaak. Dis hulle game. Hoëspoed guerilla-aanvalle wanneer die opponente se verdedigingspatroon ontwrig is. Amper iets soos die twee Habana-drieë van verlede week.

Vanjaar se Drienasiereeks sal ongetwyfeld as 'n triomf vir Jake White onthou word. Ongeag wat Saterdag gebeur. White het nie net die span op die wenpad teruggekry nie, maar ook deur 'n paar allemintige politieke tackles gehardloop. Daarvoor verdien hy die ondersteuners se respek.

Die grootste les wat ek en my doemproefeet-maters uit vanjaar se reeks geleer het, is dat toetsrugby nie Supertwaalf is nie. Naas het dit al 'n hele paar keer gesê, maar ek het hom nie geglo nie. Vanjaar het ek my mistyk uitgevind.



LitNet: 26 Augustus 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.