Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ek dink die Franse gaan roekeloos met die bal hardloop

Blou Bul Braampie

Van al die wesens wat regop loop op ons mooi planeet, tel rugbybeamptes sekerlik onder die mees onintelligentes. Verlede naweek se sogenaamde “toets” teen Uruguay en die eindtelling van 134-3 bied klinkklare bewys vir dié stelling. Miskien moet die beamptes by die Internasionale Rugbyraad hulle skemerkelkglasies neersit as hulle oor die jaarprogram besluit.

Die wedstryd was net so min ’n rugbytoets as wat ‘n wedstryd tussen die spanne van Kakamas en Keimoes ‘n toets is. Ek glo die span wat Uruguay in die veld gestoot het, sou beswaarlik oortuigend kon wen teen enige van dié twee dorpspanne.

Hierdie week is dit die Hane se beurt. Jake White het ‘n stewige pak voorspelers gekies om die eer van sy “witbroodjie-agterlyn” te verdedig. Ek dink hy is veilig. Die Franse was genoodsaak om hulle beter spelers te laat rus na verlede week se uitmergelende finaal tussen Biaritz en Stadt Français. Boonop is die Franse afrigter se oë onversetlik gerig op die Wêreldbeker van 2007. In daardie opsig is die Franse groot denkers. Hulle het dit met die Wêreldbekersokker van 1998 bewys en gaan dit waarskynlik weer met die Wêreldbekerrugby bewys. Soos hulle oorlogsheld van weleer, Napoleon, kan hulle fokus.

Dis nogal insiggewend dat hulle ook sommer die reserweskrumskakel die kaptein van die toetsspan maak. Hulle glo dit is hoe dit hoort. Hulle geskiedenis is geskryf in die sweet en bloed van beroemde skrumskakelkapteins. Afrigter Bernard Laporte was self een. Hoekom nou verander?

Dit lyk nie of die Franse veel moeite gaan doen om hulle videohuiswerk te doen nie. Dalk draai hulle ons ‘n rat voor die oë. Sou hulle dalk die video van die onlangse wedstryd tussen die Bulls en die Stormers onder oë kry, sal hulle waarskynlik dink die spel van De Wet Barry en sy twee Stormers-spanmaats in die agterlyn is deel van ‘n nuwe Monty Python movie. Dié dag was Marius Joubert so verlore soos ‘n non in ‘n Hatfield-nagklub.

Grappies op ‘n stokkie. Die Franse het vyf Toulouse-agterspelers in sy agterlyn. Dis ‘n berekende keuse om die samespel tussen Percy en die drie Stormers te probeer neutraliseer.

Ek dink die Franse gaan roekeloos met die bal hardloop. As die weer in Durban goed is, kan dit werk. Val die kaarte nie reg vir hulle nie, sal hulle maar hoop dat die wind nie volgende week met die tweede toets in die Baai waai nie, want in ‘n winderige PE gaan hulle sukkel om met ons woelige voorspelers huis te hou.

Die Franse span kan waarskynlik ten beste as eksperimenteel beskryf word. Om die reeks 1-1 te deel sal vir hulle ‘n groot bonus wees. Vir ons sal dit ‘n skop in die tande wees. Jake het alles om te verloor en bitter min om te wen.



LitNet: 17 Junie 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.