Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ek voel bitter jammer vir Putt

Blou Bul Braampie

Toe gebeur die onvermydelike. Kevin Putt word deur die Sharks se bestuur ontslaan. Ek voel bitter jammer vir Putt. Bitter, bitter jammer.

Putt het met sy aankondiging van sy Supertwaalfspan sy lojaliteit teenoor die Haaie bewys. ‘n Hele paar spelers wie se rakleeftyd verby is, is in die span ingesluit, terwyl ‘n paar ander bloot op die regstellende ticket die span gemaak het. Nou is Putt geskiedenis. Daardie lojaliteit wat hy openbaar het, is nie teenoor hom bewys nie. Nie op die veld nie en nie in die raadsaal nie.

Putt kon baie beter gedoen het as hy die beste talent van die Blou Bulle, die Leeus en die Cheetahs in sy oefengroep opgeneem het. Dit sou aan hom die flair en die entoesiasme besorg het wat vir die Brumbies in die Supertwaalf werk.

Ons sal maar moet sien of Dick Muir beter gaan vaar. Dick ken van verdediging en met Ian McIntosh en Rod MacQueen om hom by te staan, kan hy dalk net die Sharks se eer red. Hy gaan egter met dieselfde klomp slapgat, onwillige spelers oorlog toe. Net die tyd sal leer.

Die ander Supertwaalfafrigters het sekerlik met vrees en bewing van Putt se ontslag kennis geneem. Nie een van hulle het nou eintlik ‘n rekord om oor huis toe te skryf nie. Word ons spanne weer dié naweek geslag, soos wat die algemene verwagting is, kan nog van hulle by Putt in die werkloosheidstou stelling inneem.



LitNet: 25 Maart 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.