Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ek glo ons sal die Argentyne verpletter

Blou Bul Braampie

Eerstens 'n woord van gelukwensing aan al die bekroondes: Schalk (en sy pa), Jake en die hele Bokspan. Ek glo julle het dit net-net verdien. Ek sou eerder die Grand Slam op die telbord wou gesien het, maar wat de hel.

Ek glo alle rugbyliefhebbers sal saamstem dat die Bokke se vertoning op Murrayfield uit eie reg maar vrotterig was. Bryan Habana lyk gereed om Pieter Rossouw se mantel as onderskepkoning oor te neem. Deur die genade speel hy nou vir die Blou Bulle. Pieter het 'n hele paar keer amper my hart laat gaan staan as hy tussen Bulle se agterspelers onderskep het. Dit sal Bryan loon om by hom te gaan kers opsteek. Die Kapenaar het definitief 'n paar kunsies in die agtersak wat Habana met vrug kan gebruik wanneer dit by die onderskepbal kom.

Guthrow Steenkamp lyk ook na 'n goeie Bulls-belegging, terwyl Wayne Julies se temparement steeds bo verdenking is.

Ek is verheug dat Jacques Cronjé 'n kans kry in die beginspan - al is dit nou net teen die slapbandspan van die Argentyne. Dis so jammer dat Etienne Botha nie ook in die span kon wees nie - dan kon Jake die nuwe seisoen met 'n skoon gewete begin het.

Ek glo ons sal die Argentyne verpletter. Ek hoop nie die media en die beamptes lees te veel in die slagting nie.

As ek weer skryf, is ons op die vooraand van die Supertwaalf. As die Bulls hulle eende in 'n ry kry, kan hulle vir die eerste keer onder die Bulls-vaandel tot die halfeindronde deurdring, maar laat ek nie die kar voor die perde inspan nie. Die Cats sal sekerlik dié keer beter rekenskap van hulleself gee en die Stormers is altyd "awesome".

'n Geseënde Kersfees vir almal wat my geskrifte gelees het. Ry veilig, waak teen kapings en ander misdaad en hou partytjie dat die kranse antwoord gee.



LitNet: 2 Desember 2004

Wil jy reageer op hierdie sportrubriek? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.