Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

'n Voorspelling is altyd 'n bliksem, maar my geld is op die Bulle

Blou Bul Braampie

My vrese van verlede week was toe nie so ongegrond nie. Die Leeus het soos ware leeus baklei. Twee ontydige beserings het hulle planne erg gekortwiek. In dieselfde asem moet egter gesê word dat Trevor Hall soos 'n ramkat gerank en ingeklim het.

Ek is seker die enigste ou in die land wat nie nou al vir Schalk Britz 'n Springboktrui wil gee nie. Ek glo sy beurt sal kom. Ten spyte van die twee droomdrieë wat hy so ewe windgat gedruk het, speel hy nog té los om werklik 'n faktor te wees. Daarteenoor het Gary Botha, met sy onversadigbare aptyt vir die kort dryfbewegings, vir my na 'n wêreldklas haker gelyk.

Saterdag is dit die uitgeslape Rassie en sy bende wittrui-guerrillas teen die voorspelbare masjien van die Bloues. Rassie is nie 'n katjie om sonder handskoene aan te pak nie en so ook nie sy kolonel-afrigter nie. Peet Kleynhans ken Bloubul-rugby in sy diepste wese. Hy was immers op sy dag een van oom Buurman se getroustes by Bobbie Loftus. Boonop het die Vrystaat kragtige voorspelers en baie flair agterlangs.

Ek glo Rassie gaan self vir Victor Matfield in die lynstane aanvat. Dit is waar die States gaan probeer om die Bulle te ontwrig. Hou die Bulle egter kop, gaan die Vrystaat heelwat keerwerk agter die voordeellyn moet gaan doen. Die metodiese Derick Hougaard lyk reg om die nodige gebiedsafbakening met sy geleerde voet te doen. En terwyl almal oor Rassie se taktiese talente praat, lê die grys jakkals Anton Leonard in die skadu's en loer.

Willem de Waal is 'n hotklou met 'n ewe geleerde voet. Hy is boonop ook 'n goeie balverspreider wat sy haastige agterlyn ongesiens kan wegstuur. Vou die Bulle se verdediging weer op die vleuels soos verlede week, kan dinge vir die kampioene lol. Ek glo egter dat Heynecke Meyer hierdie week hard sal werk om sy verdedigingslyne stabiel te hou.

Net soos verlede week, toe ek voorspel het dat Fourie du Preez se rugbybrein die verskil tussen wen en verloor kan beteken, dink ek dat dit hierdie week in die eerste helfte die skaal kan swaai. Noël Oelschig is self 'n lekker skrumskakel wat die Bulle met sy voet gaan teister, maar Du Preez is vinniger, sterker en dodelik intelligent. Sy vermoë om die spel te lees is buitengewoon. Hy beskik oor 'n radarsintuig wat ek nog net by spelers soos Gareth Edwards en Dirk de Vos opgemerk het. Du Preez kan die Cheetahs manalleen uitoorlê!

Nou iets oor die skeidsregter. André Watson sal 'n rekord sesde finaal hanteer. Ek is dankbaar dit is hy en nie Kaplan nie. Die Joodjie lyk hierdie seisoen vir my glads te baasspelerig. Watson het in die verlede al bewys dat hy 'n goeie temperament vir 'n finaal het. As hy sy streke en sy kaarte by die huis los en sy humorsin inpak, kan die wedstryd vlot verloop. Ek glo dit gaan die geval wees.

So waar gaan die wedstryd gewen of verloor word? Ek glo die breekpunte gaan belangrik wees. Teen die Leeus was Jacques Cronjé té stadig. Hy sal moet help om die balle daar los te stoei en minder tyd op agterlynpatrollie deurbring. Hendro Scholz het vir die WP se hoogsvereerde losvoorspelers ore aangesit. Hy hou baie gevaar vir die Bulle in.

'n Voorspelling is altyd 'n bliksem. Jy word vir 'n volle jaar daaraan gebonde gehou. Ek glo dat die Bulle, as hulle pak onder 'n kombers kan speel en verhoed dat die spel lostorring, met vyf punte gaan wen.

Oor die Springbokspan: die WP se elf Springbokke het teen die Leeus, teen die Bulle se sluimerende talent en teen die Cheetahs gestotter. Teen laasgenoemde was dit tydens speltoestande wat baie met dié van die Britse Eilande ooreenstem. Hoe lank gaan Jake nog sy kop van spelers soos Etienne Botha en Johan Roets kan wegdraai?

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.