Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die manne is van die seuns geskei ...

Blou Bul Braampie

Die afgelope sportnaweek was weer een van daardie wat die manne van die seuns geskei het. Toe ek vroegoggend regskuif vir die Stormers se hardloopfees, kom ’n Aussie-ref en bederf my pajamapret. Hoewel die Kapenaars vir die grootste gedeelte van die wedstryd goeie rugby gespeel het, het hulle gebrek aan waaksaamheid hulle duur te staan gekom. Vyand Nommer Een was maar weer Stuart Dickinson, wie se fluitjie die Stormers keer op keer op die agtervoet gedwing het. Dit sou egter kortsigtig wees om nie die gedissiplineerde spel van Laurie Mains se Highlanders na waarde te skat nie. Hierdie geoliede voorspelerpak moet sekerlik hulle span die vroeë gunsteling vir vanjaar se Supertwaalf maak.

Die Bulls se oorwinning het as ’n skok vir my sisteem gekom. Na soveel teleurstellings het ek al ’n bundel verskonings opgebou wat ek dan aanwend om die Bulle se onvermoëns te verduidelik. Toe my pêl Nico Jordaan my rustyd uit Hermanus uit bel om te hoor wat ek van my span se spogvertoning dink, waarsku ek dat die Bulle se vories besig was om moeg te word, en toe hulle na rustyd twee vinnige drieë afstaan, begin ek al die beter verskonings uit my breinkatalogus uit te soek. Maar wonder bo wonder trotseer my span die elemente en my naweek ontaard in ’n vreemde dog vreugdevolle sportmakietie.

Oor die getjommel van die Brumbies in die Haaitenk moet liefs nie geskryf word nie. Die onprofessionele vertoning van topgehalte spelers soos Roff en Gregan is genadeloos deur die Brumbies se afrigter veroordeel. Ons sal die naweek teen die Cats waarskynlik ’n ander Brumbiespan in aksie sien. Dit wil egter tog vir my lyk of party van hulle groot sterre ’n bietjie lank in die tand raak. Die Sharks, wat hard probeer het, behoort moed te geskep het nadat hulle voorspelers, wat teen die Stormers die kluts kwyt was, hulle woema terug gekry het. Brent Russell, wat vernuftige spel op die aanval gelewer het, bly steeds die swak skakel in hulle verdedigingspatroon.

Die Cats, wat voor die seisoen deur die gevierde webwerf Planet Rugby as ’n semifinalis beskou is, speel steeds ondergemiddelde rugby. André Pretorius het weer vir 70 minute soos ’n klublosskakel gelyk, terwyl hulle “pinup”-losvoorspelers, Big Joe en Bobcat, steeds meer tuis op die sosiale bladsy as op die veld lyk. Spelers soos Rassie Erasmus en Grant Esterhuizen kan baie doen om die Cats van ’n rugbyverleentheid te red.

Ek het in die verlede al geskryf dat beserings en vreemde skeidsregters ’n groot invloed het op die bepaling van die semifinaliste. Sonder die Rossouws lyk die Stormers se wenkans teen die futlose Hurricanes heelwat minder, terwyl die Bulle vir Jaco van der Westhuyzen erg gaan mis teen die Highlanders. Ek hoop maar die Stormers se voorspelers neem ’n blaadjie uit die Bulle se boek. Maak hulle dit nie teen die Hurricanes nie, kan Suid-Afrika dalk ’n Supertwaalf-naweek sonder ’n wen beleef. Hoewel die Bulls goed op stryk is, lyk die voorspelers van die Highlanders veel meer gedug as die Hurricanes. ’n All Black-voorry, asook die teenwoordigheid van ’n uitgeslape Taine Randall, kan vir die Bulle baie probleme veroorsaak. Kom ons hoop maar die Bulle se wenlus trek hulle deur. Dis te betwyfel of die Cats of die Sharks genoeg skop gaan hê om hulle tuisveldvoordeel te benut.

Op die krieketfront het die Proteas se verskoning van “geen verwyte” toe handig te pas gekom. Die weglating van Elworthy, Rudolph en selfs Cullinan het op die ou end sy tol geëis. Die lang lys regstellende twaalfde manne moes hulpeloos toekyk hoe die span se wiele afkom. Gelukkig behoort minister Balfour (“ek weet so baie want ek eet so baie”) en ons krieketbaas Percy Sonn (“ek dink so baie, want ek drink so baie”) darem nou die res van die toernooi te geniet. Danksy die klomp idiote wat Shaun Pollock en sy manne met die statistieke moes bystaan, hoef die Minister nie vir nog drie weke in Jacques Kallis en die ander wit gesigte vas te kyk nie.

boontoe / to the top


NOT FOUND