Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Danksy die goeie verloorders in die Kaap

Blou Bul Braampie

Die Curriebeker stuur af op sy spannendste einde in ’n hele paar jaar, alles net danksy daardie goeie verloorders daar in die Kaap. Ek het hierdie week weer vir myself geskaam toe ek met ’n paar van my vrinne in die mooi ou Kaap gesels oor die WP se ondergang. Geen sweempie van daardie koue, genadelose woede waarmee Heynecke Meyer tweeweekliks hierbo te doen kry nie. Selfs Rob Wagner, daardie rugbybaas van die WP, wat nie die verskil tussen ’n goeie losskakel en ’n Pick & Pay-trollie ken nie, sit rustig en peins oor al die goeie spelers wie se loopbane hy bevorder het deur nie vir hulle WP-kontrakte aan te bied nie.

Daar was nie eers een beriggie oor ’n drukgroep uit Matieland wat van Groot Gert en Stil Carel ontslae wil raak nie. Net mooi broodjies oor hoe lekker die weer nou op Hermanus is en hoe moeilik dit is om kaartjies vir volgende jaar se Węreldbeker in die hande te kry. Nie een ou het eers gedreig om sy seisoenkaartjies op te gee of sy losie te kanselleer nie.

Maggies, dis darem ’n klomp ordentlikes bymekaar daar onder. Dis hoe ek hulle onthou uit die WP se maer jare uit. Geduldig en gedienstig, selfs in die uur van die nederlaag, berustend in die wete dat die Springbokkeurders in elk geval tien van hulle spelers in die Bokspan gaan sit.

In verlede week se Rapport is dit juis die gerespekteerde rugbyprofeet Boela Vermaak wat agt WP-spelers in sy Springbokspan insluit - dit met WP toe nog op die randjie van die Curriebeker-afgrond. Hy sluit tot altwee die WP se sukkelende skrumskakels in, ten spyte van Jimmy Powell se rits blink vertonings. Selfs die talentvolle Victor Matfield kry nie eers ’n plekkie nie. Is dit nie net soos dit in die ou dae was nie? Die manne in die Noorde moet net sóveel harder werk om naby ’n groen jersey te kom. En Boela? Wel, ’n ou wat soveel talent miskyk, het twee loopbaanopsies: ’n Curriebeker-skeidsregter of ’n talentsoeker vir die WP.

Grappies op ’n stokkie. Die naweek se semifinale is iets om oor te kwyl. Ek dink ’n omgekrapte Leeu-pak kan die uitgeslape Cheetahs ’n harde tyd gee. Met ’n Jannes en ’n Kleinjan in die enjinkamer, en ’n Big Joe om die kole te roer, gaan daardie Wit sneltrein-agterlyn dalk uit die spel uit gerangeer word.

Aan die ander kant het Peet Kleynhans en Helgard Muller tot dusver die meeste van hulle opponente met pure breinkrag uitoorlę. Dalk kan Os hulle skrum vir die eerste sestig minute stabiliseer? As die Cheetah-pak vir Kennedy en die jong Powell uit die tande van die Leeu-losvoorspelers kan uithou, het hulle ’n kans. Word die twee waaghalse deur die krag van die Leeupak ingesuig, is dit “Nag Maria” vir die moedige Bloemfonteiners. My geld is op die Leeus.

Die Bulle wat in die Sharktenk met gaan wen om die finaal te haal, het ’n reusetaak. Kingspark is nie elke man se maat nie en veel groter spanne het daar al hulle moses teëgekom. Met Heynecke se kontrak vir eers veilig, kon hy hierdie week weer ’n bietjie afrig. Die Sharks werk aan ’n groot afskeid vir Mark Andrews. Net ’n kookwatervertoning van die klein Hougaardt en ’n begeesterde Blou Pak kan iets aan die reuse-talentoes van die Sharks doen. Op sig lyk dit of die Sharks-agterlyn te veel spoed gaan hę. My voorspelling is die Sharks vir ’n wen en die Bulle vir ’n plek. Dinge kan egter anders verloop as Butch James daardie lang verwagte rooi kaart kry.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.