Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Naweek van die underdogs

Blou Bul Braampie

Verlede naweek was toe die naweek van die underdogs — van die OP-Olifante wat die hele seisoen nog die woord oorwinning in ’n woordeboek moes opsoek, tot Santos, die Aspoestertjie-sokkerspan van die Kaapse Vlakte.

Wat Santos betref, hulle is natuurlik lankal nie meer die hulpelose lammetjie van die Nasionale Sokkerliga nie. Die People’s Team het verlede seisoen die liga gewen. Hoe kan hulle dan as ’n underdog beskryf word? Wel, in die Top 8-finaal van verlede week het hulle te staan gekom teen die magtige Sundowns. Dit is geen geheim nie dat die “Brazilians”, soos Sundowns bekend staan, groot borggeld en baie talentvolle spelers tot hulle beskikking het. Daarteenoor het Santos maar ’n yl spannetjie maar met baie guts. Toe ek sowat twee jaar gelede ’n oefening van hulle voor die Bobsave-finaal bygewoon het, was ek verbaas-geskok om hulle primitiewe oefengeriewe te sien. Clive Barker, toe nog die afrigter, en André Arendse se stille selfvertroue het my geweldig beïndruk en ek was glad nie verras toe hulle uiteindelik met die magtige Pirates afreken nie. Verlede naweek het hulle dit weer gedoen. Dié keer het hulle Sundowns met 2-0 in Rustenburg kafgedraf. Wys net hoeveel talent daar op die Vlakte skuil. Ek glo dis ons plig om die Fortunes en die Arendses daar te gaan uithaal. Eers dan sal ons ’n krag in wêreldsokker word.

Toe ek verlede Vrydag in die teekamer te kenne gee dat die OP-Olifante eerder hulle naam na die Vluglose Miskruiers moet verander, het ek nie besef hóé suur my grappie nou eintlik sou word nie. Na ’n groot gesukkel het ek Saterdagaand uitgevind dat die Bulle met 50-48 teen die Olifante verloor het. Ja, Heynecke Meyer het sy vorm herwin. Dit is met vrees en bewing dat ek die Top 8-fase van die Curriebeker afwag. ’n Mens hoef nie op Breyten (dis nou Breytenbach) se eksklusiewe e-pos-lys te wees om te besef dat Heynecke met pyniging rym nie. Ek vermoed dit gaan ’n bitter seisoen vir die Bul-ondersteuners wees.

In Jip-Afrikaans sou mens met vrymoedigheid kon sê dat baie spanne se luck verlede naweek gedraai het. As die kaarte anders geval het, het die Cheetahs met net vyf punte in die Top 8 ingegaan. Na die uitskakeling van die Bull Dogs, wat die Cheetahs vroeër geklop het, brand die vure hoog in Bloemfontein.

Oor die WP het ek my bedenkinge. My WP-pêl, Nico Jordaan, loop my nog die heel seisoen en vertel Province is eintlik in ’n ander klas. Hy hou vol dat die uitspeelwedstryde net ’n formaliteit is en dat WP reeds in die finaal is. Wel, na verlede week se Slag van Bloemfontein is hy effens meer besadig. Ek gee toe dat die Kapenaars oorvloedige talent tot hulle beskikking het. Of hulle egter genoeg gewere gaan hê om die ewe indrukwekkende talentoes van die Sharks Saterdag op Nuweland te stuit, is debatteerbaar. Vir my lyk die beseringsvrye Sharks té sterk vir die gekweste Kapenaars.

Aan die afrigters van Griekwas en die Pumas: Geluk met julle prestasies. Julle het dit behaal met minder talent en puik spangees. Veral die Pumas, wat die Onoorwinlike Arende pak slae gegee het, verdien ’n reuse pluimpie. Daardie afrigters van die Pumas het die spreekwoordelike bloed uit ’n klip getap. Ek dink Chris Grobler en Danie Gerber behoort op Super 12-vlak betrek te word. Lui die naam Danie Gerber ’n klokkie?

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.