Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Gee refs ook ’n nommer op die rug

Blou Bul Braampie

Die skeidsregters kan maar net nie uit die kollig uitbly nie. Verlede Vrydagaand was dit Willie Roos van Gauteng se beurt. Roos het net eenvoudig verseg om met die Vrystaat o/21-kaptein, Coert de Lange, te praat. Elke keer wat De Lange probeer het om die rede vir die beslissing uit te vind, is hy deur die bruuske Roos verwilder. Die strafskoppe het op die arme Vrystaters gereën. Hoe gouer SARFU vir Roos maniere leer, hoe beter. Die rugbypubliek verdien beter as hierdie nuwe beterweterige spesie skeidsregter wat deesdae ons rugbyvelde bewandel.

Ek het al dikwels die kwessie van sielkundige toetse vir skeidsregters geopper en ek doen dit weer. Ek glo hulle moet die viktimiseerders en die control freaks betyds uitsnuffel. Daar’s te veel van hierdie ouens wat skuim om die mond kry elke keer wat hulle ’n strafskop gee. My ou vrind, Robert Denton, het lang jare terug al gesê die skeidsregters moet ook ’n nommer op die rug kry en die nommer moet NUL wees. Net sodat die verwaande mannetjies hulle plek kan ken.

Aangesien ek self vir 17 jaar fluitjie geblaas het, ken ek die pyn en senuspanning wat die manne moet deurmaak. Verlede naweek het Andre Watson erg slae gekry oor sy vertoning op Loftus. Hierdie week tref hy toe die mees onnatuurlike Curriebekerwedstryd wat in donkiejare in Suid-Afrika gespeel is. Toe die Arende rustyd die tyding kry dat hulle tweede vaskopstut ook beseer is, had Watson geen keuse as om die reël van die onbetwiste skrums te aktiveer nie. Die situasie het Joost in ’n briesende leeu verander, want die Blou Bulle was gereed om die Arende in die see in te skrum.

Oor die Blou Bulle se triestige vertoning moet liewer maar min geskryf word. Hoe hulle net nie daarin kon slaag om oor die doellyn van die flou dog begeesterde Arende te kom nie, sal net hulle weet. Nadat ek verlede week verwoed plek gesoek het vir die Bulle se losvoorspelers in Dolfman se Springbokspan, moet ek hierdie week bely dat ek hulle oorskat het. Dolfman kan eerder na Jaco Gouws en sy medelosvoorspelers by die Arende kyk as hy nog ’n oop plek het. Die res van die Bulle het net so pateties vertoon. Die gebrek aan ’n intelligente spelskepper is ’n baie groot leemte. Derke Hougaardt sal hopelik hierdie week die kans kry om sy ding van die eerste afskop af te doen. Terloops, Hougaardt se drie was beslis ’n drie. As dit nie vir Watson se goeie doelgebiedposisie was nie, het die media hom waarskynlik weer gebraai.

Die lofgesange wat verlede week vir Heynecke Meyer opgeklink het (ek was ’n voorsanger), blyk ook voortydig te gewees het. Skielik lyk die res van die Curriebekerseisoen en volgende jaar se Supertwaalf soos Dozi se spreekwoordelike berg voor my.

In die Kaap, waar geglo word dat vanjaar se Curriebeker net ’n formaliteit is, het die wiele amper verlede naweek afgekom teen die Valke. Weer eens het ’n omstrede grensregterbeslissing die underdogs gekelder. Die sogenaamde stywe arm na die fluitjie geblaas het, was maar ’n vulletjie teen die hoogvatte waarvoor die WP-senters bekend geword het. Terloops, die WP-senters het maar baie gemiddeld gelyk teen die twee tiere van die Valke.

Op die naweek se spel het net die Sharks na ’n ware kampioen gelyk. Dit bly maar ’n hartseerstorie dat ’n talentvolle speler soos Charl van Rensburg week na week baie min speelkans kry. Charl kan volgende jaar in die Wêreldbeker speel as hy ’n regverdige kans kry om homself te bewys. Die Sharks en/of die speler self is besig met ’n groot onreg hier. Dalk behoort SARFU in te gryp.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.