Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Geblikte Leeus vir brekfis

Blou Bul Braampie

In Pretoria bloei die Jakarandas weer ná die Leeujag verlede week op Ellispark. Jeremy Mansfield van 94.7 se aggressiewe bemarkingsveldtog het min gehelp. Pleks dat die Leeus "Top of the Food Chain" gebly het, soos wat Jeremy voorspel het, het hulle ’n bleek voorgereg geword. Wie sou nou gedink het die jong Bulletjies en hulle beleërde afrigter sou die Vuilbaarde so ’n loesing gee? En wat ’n loesing was dit nie! Diegene wat die wedstryd gekyk het, sal weet dat die telling eintlik die Leeus vlei. Met die uitsondering van Big Joe se lopies het daar eintlik bittermin in die Leeukamp aangegaan.

Hierdie naweek gaan die poppe behoorlik dans met die Bulle teen die Sharks. Die Bulle sal graag wil bewys dat hulle oortuigende oorwinning teen die Leeus nie ’n los gelukkie was nie. Die kritiese skare van Loftus gaan met niks minder as ’n wen tevrede wees nie. Indien Joost wel speel (hy was ten tye van die skryf van hierdie insetsel beseer), kan die Sharks swaar kry. Sonder Joost, kan Heynecke Meyer waarskynlik net wen as hy sy agterlyn herskommel. Ek dink nie Jaco van der Westhuizen sal regkom met Norman Jordaan se kort aangee nie; om die waarheid te sê, hy sal beslis haaikos wees vir "Hannibal" James.

Die Sharks se pak voorspelers is, om die minste te sê, gedug, terwyl Stefan Terblanche agterlangs onkeerbaar kan wees as Butch James die bal goed wegkry. Op papier lyk die Haaie na ’n oormag. Slegs ’n tweede, begeesterde aanslag (in agt dae) kan die Bulle red.

’n Ander wedstryd wat baie belangstelling gaande maak, is die Leeus en die Pumas in Witbank. In die jagtersbedryf word daar na ’n "maklike" leeu as ’n "geblikte leeu" verwys. Gewoonlik is dit ’n afgetrede sirkusleeu wat deur ’n oorsese jagter gejag word. Verlede week het dit gelyk of daar ’n hele paar afgetrede sirkusleeus teen die Bulle uitgedraf het. Aan die ander kant is ’n gekweste leeu dodelik gevaarlik. Ek vermoed dat dit ’n ander Leeuspan sal wees wat Vrydagaand in Witbank gaan opdraf. Frans Ludeke bevind hom in die posisie waarin Heynecke Meyer hom verlede week bevind het. Die ou garde Transvaal-ondersteuners soek die hele week al na ’n nuwe afrigter. Net die jeugdige Brent Russell kan die Pumas van ’n slagting red. Die vraag is net of daar genoeg ondersteuning vir Russell is om sy Kaapse draaie te kan gooi. As daar nie is nie, gaan daar lang trane in Mamparalanga rol.

Die Cheetahs en die Valke lyk na die beste wedstryd van die naweek — die Vrystaat se verwoestende losvoorspelers teen die Valke se senters. Kennedy Tsimaba sal gou agterkom dat daar min gate in die Valke se verdedigingspatroon is. As Adrian Jacobs sy kant met die tackles bring en die Valke se voorspelers kan verhoed dat die wedstryd lostorring, kan die Valke verras.

Ten slotte was ek nogal verras om die kommentaar oor André Watson se blasery in die koerante te sien. Ek is nie ’n ondersteuner van Watson nie, maar ek twyfel nie dat hy die regte man vir die wedstryd is nie. Sy puik hantering van die 1998-finaal, wat terloops deur die Bulle gewen is, sal my altyd bybly. Hy het minstens twee kritieke beslissings gemaak wat die Beker aan die Bulle besorg het. Ek glo nie die opmerkings kom uit die Bulle se kamp nie. Die beste raad wat ek aan die Bulle kan gee, is om Joost te laat fokus. Vir Joost, wat uit ’n skeidsregtershuis kom, is die reëls belangrik. Dit sal hom baat om op sy eie spel te konsentreer en die skeidsregters uit te los. Die meeste van hulle het lang tone. Joost se gepratery kan net tot die Bulle se nadeel strek.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.