Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die sprokie van die Jolly Jumper

Blou Bul Braampie

Eendag, lank, lank gelede, was daar ’n Springbokslot. Hy was baie lank gewees. Amper lewenslank. Hy was so lank gewees dat tot die Leeus vir hom bang was. Dis nou die Britse Leeus van 1974.

In daardie jare, so lui die sprokie, was die pen magtiger as die swaard. En dit was bleddie lank gelede. Ewenwel, die Britse rugbyjoernaliste het, terwyl hulle aan hulle Skotse voggies sit en suig, besluit om die Bokke ’n poets te bak. Hulle het almal beriggies in die Engelse pers geskryf oor lang maer slotte wat nie kan skrum nie. Hulle het spottend na hierdie spesifieke slot as die “jolly jumper” verwys. En dit was ook nie lank nie, toe begin die Suid-Afrikaanse koerante dieselfde liedjie te sing. Ewenwel, die lang Springbokslot is gedrop, die Bokke het elke toets met ’n ander agterlyn gespeel, geen lynstaanballe gewen nie en kon nie een van die toetse wen nie. Dit klink nogal tragies, nč? Wel, dit was, en ek kan daarvan getuig, want ek het aanskou hoe die Bokke deur die klomp Britse whiskey-suipende gifpenne om die bos gelei is.

Vandag nog praat die outoppies nie graag oor daardie reeks nie. Hulle het almal met rugbytreine en vliegtuie gaan kyk hoe die Bokke op hulle moer kry. En ons jongetjies wat agterna getou het, het daardie jaar vloekwoorde gehoor waarvan ons net in André Brink en Etienne Leroux se boeke gelees het — dis nou as pa-hulle al klaar in die aand kamer toe is.

Ek kom nou by my preek. Dik Dolf het toe heel goed afgeskop. Die Bokke het die eerste helfte omgebibber en toe die stang vasgebyt. Die oorwinning was toe met 15 punte en nie met die 20 plus wat ek voorspel het nie, maar dit was goed genoeg vir ’n begin. Op Nuweland sal die Bokke moet wys wat in hulle steek.

Ongelukkig begaan Dolfie toe ’n roekelose fout en drop vir Victor Matfield. Ek vermoed dis een van daardie breinsjirurge wat hulleself as keurders voordoen, wat met die blink plan vorendag gekom het. Matfield is die enigste slot waarmee Dolfie na ’n groot oorlog soos die Węreldbekertoernooi kan gaan. Mark Andrews is meer op krukke as op die veld, Jannes is gewillig maar kan definitief nie as nommer een lynstaanman optree nie, en Hottie se baard is nog te sag. Quintin Davids is enige ref se plesier. ’n Ware strafskopmasjien wat die ref kans gee om allerlei nuwe strafskoppe uit te probeer, want kom daar ’n nuwe oortreding op die mark, dan is Quintin die eerste ou wat hom onder die knie het.

Matfield, aan die ander kant, is een van daardie droomslotte wat groot gebore word en wat sy lynstaanballe as ’n reg en nie as ’n voorreg beskou nie. Die Engelse scouts het sweerlik kwylend na hulle tjekboeke gegryp toe Dolfie sy span aankondig en vir Victor weglaat. Nie alleen sal die meeste Engelse klubs hulle hele voorry se testikels vir die mediese wetenskap skenk in ruil vir ’n slot soos Mattie nie, maar terselfdertyd sal hulle een van die groot struikelblokke in die weg van die Souties se Węreldbekerplanne uitknikker. En ons weet tog almal dat die Engelse die volgende Węreldbekertoernooi soos die Slag van Waterloo benader.

Pasop Dolfie! Moenie jou ore vir vreemde gode uitleen nie. Jy't tog in Bloubul-land grootgeword. Jy wéét tog dis waar die slotfabriek gestaan het, waar oom Frik, Johna, Mools en Moans geteel is. En Adolf Malan ook. En as jy dalk vir die oomblik vergeet het: vra vir Pa Hans wat jou tot dusver van al hierdie wyse raad bedien het. Moenie ons enigste blou kallertjie op die altare van Wallis offer nie. Of vir Skoonpa Jannie, wat ook nie onvreemd is met Loftus se kultuur nie. Matfield behoort een van jou sleutelspelers te wees op die groen bord waar jy jou Węreldbeker-strategieë na middernag beplan. En laat diegene wat jou omgepraat het om hom te drop, vir jou verduidelik hoe ’n mens ’n rugbywedstryd sonder goeie lynstaanbesit wen.

Dis vir my snaaks dat jy die fout met Victor gemaak het. Jy het tog vir Hendrik Gerber en Werner Greeff raakgevat. Dit was seker maar die Kaapse Illuminati wat jou ’n gat in die kop gepraat het. Ek weet rugby is ’n spansport en dat een swaeltjie nie die somer maak nie, maar onthou ook dat die Franse verlede week smartvol uit die sokkerwęreldbeker uitgeskakel is omdat hulle superster, Zidane, nie beskikbaar was nie. Wat ek probeer sę, is dat een foutiewe keuse ’n ernstige impak op ’n span se strategie kan hę.

Op ’n nat Nuweland behoort julle seker Saterdag orraait te wees, maar pasop maar vir die groot gat tussen die skakelpaar en Oupa Dalton se ingooie met die nat bal. Gelukkig ken Bolla elkeen van Nuweland se polle, so hy behoort reg te kom met al die balle wat julle Saterdag vir hom gaan klap. En sorg maar dat Corné en Stefan agter gaan help as die Walliese lugaanvalle begin.

Laastens dink ek dit was ’n goeie move om vir Bobby as kaptein te hou. Hy het verlede Saterdag baie soos ’n spietkop gespeel, en dis gevaarlik. Wanneer ’n mens hom die minste verwag, dan is hy daar en dan is hy kaatjie van die baan. Gooi sy gewig rond en druk drieë wanneer die kamerahoeke reg is. Hy steek ook nie sy kop in die vaste spel in nie en dis ook ’n goeie ding, want dan is hy in niemand se pad nie.

Sterkte, maar wees versigtig! Die Walsmanne het planne.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.