Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Oor Dik Dolf, Mnr Ples en die weakest link

Blou Bul Braampie

Dik Dolf se Springbokspan laat my nogal baie dink aan die Britse vasvraprogram, The Weakest Link, waar die deelnemers na elke rondte een kollega uitstem. Die belangrike strategiese drietal van Bobby, Bolla en André Pretorius is nou nie een ’n verdediger van formaat nie. Aan die ander kant is Wallis se Mnr Ples (Neil Jenkins) ook nie die vlugvoetigheid vanself nie, so die nuwe Bokke hoef maar net die kanale regs langs die skrum te bewaak. Daarvoor behoort Warren Britz en AJ meer as mans genoeg te wees, veral AJ, wat op die veld soos ’n uitsmyter by ’n Rave-klub te kere gaan. In die Drie Nasies-kompetisie sal die drietjies (Bob en die skakelpaar) se tackles definitief nie genoeg plofkrag oplewer om die Gregans en die Kellehers agter die voordeellyn te hou nie. Daar sal deeglik besin moet word of ’n Werner Greeff of ’n gerehabiliteerde Butch James nie ’n plek verdien nie, maar dis toekomsmusiek.

Die gode het toe vir Dolfie ’n nare poets gebak en vir Corné ’n besering aangedoen. Nou sit Dolf met die loerbroer/idol vir ’n agtsteman wat al die meisies se knieë net so lam soos die prikkelster s’n maak — dis nou die kere wanneer onse Bobby vir fotosessies agter die skrum uitloer. As Dolfie by sy belofte gehou het om voorkeur te gee aan die spelers wat in die Supertwaalf uitgeblink het, dan moes Hendrik Gerber in die span gewees het. In die eerste plek vat Gerber nie nonsens van kabouters nie en in die tweede plek was hy al losvoorspeler wat hoegenaamd met die ysters van die All Blacks en die Aussies kon saamgesels. Die een pluspuntjie is dat Bobby darem net vir die Bloemfontein-toets as kaptein gaan diens doen.

Let wel, dis nie dat ek Bobby se talente miskyk nie. Hy is ’n goeie impakspeler wat lekker kan baljaar as die ander voorspelers moeg gewerk is, en ’n span het sulke outjies ook nodig.

Die keuse van Jannes Labuschagne op slot is ’n welverdiende een. Dit dui vir my daarop dat Dolfie en sy medekeurders goed gekyk het na wat in die enjinkamer van die voorspelers aangaan. Jannes het regdeur die Supertwaalf verwoed teen die oormagte uit die vreemde geploeg sonder om enige genade te vra. Ek weet daar is min mense wat met my saamstem, maar Jannes verdien hierdie kans. Hottie Louw was egter die beste slot in die Supertwaalf. Ek glo sy dag sal kom — dis nou as die Engelse scouts nie weer ons plaaslike rugbybase aan die slaap vang nie.

Stefan Tereblanche is lank reeds ons mees alsydige vleuel. Ook hy verdien sy kans. In een opsig is hy ’n voorbeeld vir hierdie generasie spelers. Hy het nooit loop en kerm oor regstellende aksie nie; net sy ding gedoen en laat waai. Ek het egter my bedenkinge of hy genoeg grootwedstryd-temperament het om die diknekke van die Drie Nasies aan te vat. Hy het al te veel kere in belangrike wedstryde, soos onder andere Curriebeker-finale, weggeraak. Net die tyd sal leer.

Ek voorspel dat ons die Walsmanne met minstens twintig punte gaan klop. Na Saterdag gaan daar ’n nuwe generasie helde op Suid-Afrikaanse rugbyvelde rondloop. Hoewel die Bokspan nog ver van reg af is, het Dolfie in ’n ommesientjie ’n nuwe kultuur gevestig. Deur die fokus van die kitsbank na die speelveld te verskuif, het hy die toneel berei vir ’n interessante seisoen. Mag die gode wat so hard probeer om die Franse sokkerpubliek se seisoen te bederf, hulle hande van Dolfie se Bokke afhou! Sterkte Dolfie, sterkte oom Hans!

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.