Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Bliksem!

Jaco Botha

Om die Vodacom-beker te wen, is so goed as om klaskaptein van die spesiale klas te wees — hieroor dink ek terwyl ek Saterdagoggend na die doodsnikke van die wedstryd tussen die Bulls en die Crusaders kyk. Die TV is op “mute” en ek luister na Bach se tjello-suites op die CD-speler. Die Supersport-kommentaarspan vertoon soos gewoonlik nie die kundigheid, charisma of humorsin om my te noop om na hulle te luister nie. Verder vind ek die dreun van die diep weemoedige tjelloklanke gepas vir die geleentheid.

Ná die wedstryd praat Naas, Joost en Arnie. Nou word die kombinasie van tjello-musiek en gesigsuitdrukkings kuns. Ek kan nie lippe lees nie, maar in my gemoed sê hulle als wat ’n mens nie op ’n fatsoenlike TV-kanaal mag sê nie. Naas frons van albei kante af, Joost lyk of hy so graag net iemand wil bliksem en Arnie lyk of hy enige oomblik aan die huil gaan raak. Die Bulle se optimisme en vertroue in hul coach ná verlede jaar se wen van die Vodacom-beker is totaal daarmee heen — ek vermoed dat hulle tydens die volgende gholfdag geld gaan insamel om vir Heyneke Meyer om te koop om eerder maar rugby te los.

Ná die Stormers se game lyk die manne bietjie beter. Al het ons alweer verloor, speel hierdie pêre ten minste wenrugby (waarin vuur en vaardigheid betrokke is) en jy kan sien dié span is êrens heen op pad.

Die Sharks wen, alhoewel hulle slegs in die eerste helfte rugby gespeel het (die res van die wedstryd was maar ’n comedy of errors — ’n grappige duet in grys en blou). In die laaste wedstryd van die naweek verloor die Cats ook weer, met slegs André Pretorius as ligpunt in daardie span.

Ek het verlede week my lied gesing vir SA rugby en ek vertrou dat die prosesse van selfondersoek en hergroepering nou van stapel gestuur gaan word. Ek merk reeds dat daar aanstaande seisoen ’n performance clause aan die kontrakte van spelers gekoppel gaan word. Ek vertrou dat sulke bepalings ook na die kontrakte van afrigters en administrateurs uitgebrei kan word. Ons moet gewoon aanvaar dat SA rugby ’n spanpoging is en dat professionaliteit ’n vereiste is wat wyer as bloot die spelers strek.

Nou kom ons by ’n gebruik wat so ’n jaar of twee oud is: die gebruik om so deur die helfte van die Super 12 te kyk watter spelers al hul hand opgesteek het vir Springbok-kleure. Hier vertrou ek dat Rudolf Straeuli woord gaan hou en slegs spelers kies wat op dreef is — spelers wat wel hierdie seisoen rugby gespeel het.

NB: Ek hoop en vertrou werklik dat ’n staatmaker soos Breyton Paulse gou weer gaan terug wees in die mix, en hoop dat ’n talentvolle en opwindende speler soos Adrian Jacobs nie vanweë swak afrigting vir Springbok-rugby verlore sal gaan nie.

Hier is die spelers wat enigsins uitgeblink het in die Super 12 tot op hede en wat tans nie beseer is nie:

Heelagters
Percy Montgomery

Vleuels
Pieter Rossouw
Dean Hall
Stefan Terblanché

Senters
Marius Joubert
De Wet Barry

Losskakels
Werner Greeff
André Pretorius

Skrumskakels
Bolla Conradie

Losvoorspelers
Russel Winter
Hendrik Gerber
Corné Krige

Slotte
Hottie Louw
Victor Matfield

Stutte
Cobus Visagie
Willie Meyer

Hakers
Tjoepie van den Heever
John Smit

Sjoe, net-net ’n span en daar’s nog baie spasie op die bank. Dit sal natuurlik weer ’n geween en ’n gekners van tande vanuit die Noorde van die land afgee indien so ’n Bokspan op die veld moet draf, maar indien nie-Stormers-spelers die span wil haal, sal hulle eenvoudig moet uithaal en wys.

Kom ons hou almal duim vas dat dit wel elke Saterdag net so ’n aksie verder in ons guns sal draai.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.