Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Bliksem


Jaco Botha

Wat ’n feesnaweek van rugby. As mens bloot na die uitslae kyk, kan jy sien dat dit inderdaad krag teen krag was. Die Blues het die Waratahs 22-20 geklop; die Hurricanes die Reds 22-18; die Highlanders verloor tuis teen die Chiefs 24-29 en die Crusaders klop die Brumbies in ’n naelskraap 33-32-wedstryd.

Hierdie wedstryde het weer twee belangrike aspekte onderstreep, nl dat geen span in die Super 12 onoorwinbaar is nie, en die ongelukkige feit dat SA Super 12-spanne eenvoudig nie op standaard is nie.

Om in hierdie reeks kompeterend te wees kan mens nie anders as om ’n uiters professionele ingesteldheid tot die spel te hÍ nie. Weens verskeie faktore (waaronder veral rugbypolitiek, kortsigtigheid, en die bevordering van hul eie belange deur van die veld af groepe en individue) het SA nog nie (soos Nieu-Seeland en AustraliŽ) by so ’n professionele ingesteldheid en werkwyse uitgekom nie.

Misien het die frustrasie en gelatenheid van die post-Mandela-era ook iets hiermee te doen. Daar is in ons gemeenskap en (in ons sportmanne) nog baie min patriotisme en hart waarneembaar. Daar is baie mense wat “demand” en min mense wat bereid is om hul moue op te rol en ’n positiewe bydrae te lewer. Met watter skouer gaan ons diť spreekwoordelike wiel aan die draai kry?

Goed, daar is ’n ander gesegde wat sÍ, “Put your money where your mouth is.” Gevolglik sal ek, anders as die meeste ander rugbyskrywers in hierdie dor en droewe land van ons, probeer kyk wat daar aan die situasie te doen is, ipv om bloot klippe te gooi.

Eerstens wil ek by Andrť Markgraaff aansluit, wat in Rapport die gebrek aan nasionale koŲrdinering van ons top 120 rugbyspelers betreur. Hy noem ook dat nie al die top SA-rugbyspelers in die Super 12 speel nie.

Hier moet ek byvoeg dat die situasie nou al so belaglik is dat spelers openlik sommige afrigters oor hul “love childs” kritiseer en uitlag. Spelers wat jare laas goeie rugby gespeel het, en wat hulself reeds bewys het as kandidate wat nie die talent vertoon om die druk van internasionale rugby te hanteer nie, word steeds al om die ander week vir Super 12-spanne gekies. Gevolglik word jong talentvolle spelers uit die spanne gehou. Ek skat dis waarskynlik nie altyd provinsiale kontrakte of favouritism wat ter sprake is nie — sommige van die afrigters is eenvoudig te bang of te onervare om dit met jong talent te waag.

Daar sal gewoon ’n Super 12-adviesraad op die been gebring moet word (bestaande uit: die Springbok-afrigter; die vier Super 12-afrigters en ander kundiges) om:

a. Kundigheid en kennis te versamel en uit te ruil.

b. ’n Databasis van alle Super 12-spelers saam te stel, om te sien wie die spelers is wat ons tot ons beskikking het en wat die kwaliteite (sterk en swak punte) van die spelers is teen wie om moet speel; in hierdie verband sal ’n paneel, op ’n deurlopende grondslag, inligting moet versamel wat die Super 12-afrigters in hul spankeuses, beplanning en afrigting kan benut.

c. ’n Professionele, ingeligte ingestelheid teenoor die sport te kan hÍ. Die AustraliŽrs en Nieu-Seelanders pas selfs hulle spel volgens die skeidsregter van die dag se interpretasie van die reŽls aan. Verder doen hulle simpel klein dingetjies soos om, wanneer ’n opponent ’n drie probeer druk wat na die TV-skeidsregter verwys kan word, tussen die kameras en die potensiŽle drie-drukker in te beweeg sodat die TV-skeidsregter nie met sekerheid ’n drie kan toeken nie. Ons opponente vra nie hoe ver hulle die reŽls kan buig nie.


NB: Rian Oberholzer (besturende direkteur van SARVU) is na my mening ’n bekwame besigheidman, maar ek glo nie dat hy altyd oor die tyd beskik of die nodige kundigheid vertoon om die suiwer bestuur van rugby in SA te lei nie. Miskien moet SARVU oorweeg om ’n bestuurslid aan te stel om as enkel verantwoordelikheid die bestuur en uitbou van senior rugby in SA te koŲrdineer. Dan kan Oberholzer gewoon na die geldsake omsien.

* * *

Baie mense argumenteer dat rugby ’n eenvoudige game is, en hiermee stem ek saam. Dit beteken egter nie dat jou voorbereidings vir rugbywedstryde bloot mog-het-troffe kan wees nie. Dit wat mens kan beheer, moet jy beheer om jou span(ne) ’n gelyke geleentheid op sukses te gee.

As mens op die heel eenvoudigste vlak na die game kyk, is daar volgens Balie Swart (wat dit by sy nuwe Nieu-Seelandse werkgewers geleer het) slegs een beginsel, nl “Go forward.” Solank jy met die bal vorentoe beweeg, moet jy op een of ander stadium jou opponente se doellyn kruis en punte aanteken. Op dieselfde prinsiep: as jy jou opponente verhoed om vorentoe te beweeg, kan hulle nie in ’n posisie kom om punte aan te teken nie. Gevolglik kry jy meer punte en jy wen die wedstryd. Dit klink belaglik maklik, maar dan moet jy alles in plek hÍ om "Go forward" te bewerkstellig.

Elke Super 12-afrigter het die volgende basiese taak:

Om ’n groep van +-30 spelers te identifiseer wat die potensiaal het om deur die loop van die toernooi genoeg wedstryde te wen om in die proses ook die Super 12 te kan wen. Hier moet die afrigters deur die Super 12-adviesraad bygestaan word en die meriete waarop spelers gekies word, moet duidelik en deursigtig wees.

Om daardie spelers te motiveer en af te rig dat elkeen van hulle hul potensiaal as speler (nie net op die oefenveld nie, maar ook op die rugbyveld kan verwesenlik. Hier is goeie besigheidspraktyke ook belangrik — ’n gelukkige en gemotiveerde span het ’n veel beter kans op sukses. ’n Voorbeeld waar swak bestuur onlangs toegepas is, is toe die Sharks-bestuur eers ’n dag voor hulle vertrek na Nieu-Seeland die toergroep aangekondig het. Met sulke onsekerheid kon mens reeds vooraf swak resultate voorspel.

Om waar sy kundigheid van die sport en ondersteunende aspekte daarvan te kort skiet, kennis in te win, of kundiges aan te stel om die span aan te vul. Hier klink dit miskien verregaande, maar as ek ’n Super 12-afrigter was, sou ek ernstig oorweeg het om ’n martial arts-expert aan te stel om die spelers te help om hul fokus en selfdissipline uit te bou. Een van die grootste probleme is dat ons spelers ongedissiplineerd is en sukkel om onder druk te presteer.

Om spelers en spanbestuur saam te snoer in ’n hegte, gemotiveerde en effektiewe eenheid. Hier is die ondersteuning van medespanlede, veral in kritieke periodes van wedstryde en toernooie, kardinaal.

Wat is verder die kwaliteite waaraan ’n rugbyspeler moet voldoen om met sukses op internasionale vlak mee te ding — om deel van ’n suksesvolle span te wees?

’n Speler moet die nodige talent, balvaardighied, insig en gevoel vir die game hÍ. Sulke talent is in sommige gevalle slegs ’n emosionele x-faktor wat deur ’n bekwame afrigter raakgesien word, maar die ideaal is dat spelers hul talent oor ’n periode van tyd op die lowergroenrugbyvelde bewys.

’n Speler moet honger genoeg wees om tyd en energie aan sy spel te wy — honger genoeg om te bloei vir die game — hy moet verloor haat.

’n Speler moet fiks genoeg wees om te alle tye van die spel gefokus te bly en in die proses die regte besluite te neem en nie basiese foute te maak nie. Soos in topvlak-krieket, gaan dit oor drukkoŽffisiŽnte — die neutralisering van druk en die toepas van druk.

’n Speler moet die basiese vaardighede wat in rugby benodig word, in so ’n mate ingeoefen hÍ dat hy nie meer daaroor hoef te dink wanneer hy op die veld is nie — dit moet as ‘t ware vanself gebeur. Dit is aspekte soos ’n skrumskakel wat sy losskakel vind, of ’n haker wat sy slotte in die lynstane vind. Die konsep van "muscle memory" moet nie onderskat word nie. As ’n mens bv George Gregan se arms afsny en dit aan ’n ander speler vaswerk, sal daardie arms steeds net so geolie diens aan sy agterlyn lewer.

’n Speler moet weet wat sy basiese rol op die veld is, en slegs wanneer daardie rol vervul is, kan hy sy gewig by ander fasette van die spel ingooi. So baie keer sien mens stutte en slotte in SA-agterlyne, terwyl die skrumskakel homself moeg stoei om die bal uit die losskrum te wen. Dan moet daardie skrumskakel eers rondkyk om te sien wie in die agterlyn is, want vir ’n slot moet jy die bal maklik aangee, omdat slotte gewoon nie dieselfde balvaardighede as losskakels of senters het nie. In die proses is baie tyd gemors en die agterlyn het geen beweegruimte nie.

Spelers moet gedissiplineer wees. Slegs ’n kaptein van ’n span praat met ’n skeidsregter (want jy wil hom aan jou kant hou), en mens kan eenvoudig nie meer bekostig om onnodige foute vanweŽ swak dissipline op internasionale vlak te maak nie.

’n Speler moet sy eie swak en sterk eienskappe ken en daaraan werk. Ons is in die professionele era en dit is nie onbillik om van spelers te verwag om ’n weeklikse verslag oor hul eie spel te lewer nie. So ’n verslag help ’n speler om oor sy eie foute te besin en kan verder ’n afrigter help om saam met die speler probleemareas te identifiseer en sodoende daaraan aandag te gee.

Spelers moet mekaar kan vertrou om daar te wees in aanval en verdediging. Sodra jy op ’n ander speler se spel konsentreer omdat jy hom nie vertrou nie, ly jou eie spel daaronder. Hier is die afrigter natuurlik verantwoordelik om spelers te kies wat deur hul medespanmaats vertrou kan word.

Slegs wanneer al hierdie aspekte in plek is, sal afrigters hulle spelers kan vertrou om op die veld te gaan en op die regte tye die regte besluite te maak. Patroonrugby is waarskynlik die grootste teken en simptoom van afrigters wat nie hul spelers vertrou nie.

Om af te sluit wil ek graag net die kwaliteite van ’n suksesvolle span noem. ’n Suksesvolle span:

Is gemotiveerd, kan druk verwerk en op die regte tye druk op opponente plaas.

Is aanpasbaar en het genoeg skietgoed in hul aanval (spoed, krag, sidesteps en skoppe) om die opponente die hele tyd aan die raai en op die agtervoet te hou.

Breek nooit hulle verdedigingslyne nie; beweeg soos een man op en tackle en skop die opponente die hele tyd terug om hulle “go forward” te belemmer en hulle te demotiveer.

Gee nooit op nie.

Nou ja toe. Dit is my lied vir SA rugby. Use it or lose it. Altyd vorentoe — sempre dritto!

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.