Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Bliksem!

Jaco Botha

Hotel Kanishka, Nieu-Delhi, 1998

Dit is sesuur in die oggend en die telefoon lui - die wake-up call van ons Indiese ontvangsdame. My kamermaat grom, vloek en kreun, als in een geluid.

Ek kan self nie beweeg nie, my lyf is te seer. Ons het nou drie wedstryde in ’n ry gespeel en verloor. Gister het die Pakistani’s die blou hel uit ons uit gebat en die umpire het ons boonop nog verneuk ook (hy is gisteraand aan onbekwaamheid skuldig bevind en uit die toernooi geskors). Was dit nie vir hom nie, kon ons daai wedstryd gewen het.

Ons coach se bynaam is nou Basics, want dis omtrent al wat hy nog sÍ.

Deur ’n spleet in die gordyn sien ek dat dit nog ’n geelgrys, sonlose dag in IndiŽ is. In die hoek van die hotelkamer staan my krieketkolf - ek is spyt dat die kolf nie ’n skerper steel het nie - vandag sou immers ’n ideale dag vir hari kiri gewees het.

In die badkamer sukkel ek om my arms te lig om my tande te borsel. Ek sluk twee Panado’s en druk nog twee van die pilletjies in my krieketbroek se sak. Daar is blou kolle op my blou kolle onder seer grass-burns - grass-burns wat in die klam klimaat van die subkontinent net nie gesond wil raak nie. Dit is sleg genoeg om in IndiŽ op toer te wees, maar om in die proses nog te verloor ook Ö bliksem.

Daardie dag kliek alles toe vir ons, en ses wedstryde en ses oorwinnings later drink ons Franse sjampanje en rook Kubaanse sigare saam met die Suid-Afrikaanse ambassadeur. Ons vat die beker terug huis toe - dit was uiteindelik als die pyn werd gewees.

My gevoel wat ek op daardie motreŽnerige November-oggend in Nieu-Delhi beleef het, is basies dieselfde gevoel wat baie Suid-Afrikaanse krieket- en rugby-ondersteuners tans oor ons sport ervaar. “Waarheen nou?” is die vraag wat deur baie gevra word.

Saterdagaand, nadat die Brumbies die Stormers pakslae gegee het, maak ek my somme: in 16 wedstryde die afgelope maand kon Suid-Afrikaanse Super 12-spanne slegs daarin slaag om een, ja een, wedstryd te wen.

Die prentjie is donker. Ek bel ’n paar kenners om gedagtes uit te ruil.

’n Afrigtersvriend van my is stomend. “Jy sal nie glo hoe het die ref ons gen**i nie”, kla hy. “Hulle loskop het ingeskrum en elke keer as die skrum nie vir hulle reg was nie, die skrum laat val. Dit was siek om te sien hoe hulle blatant (en onwettig) inskrum en druk op ons vaskop sit, terwyl ons twee keer gepenaliseer is vir inskrum. Tjoepie (van den Heever) en Cobus (Visagie) het ’n paar maal vir die ref gesÍ hulle oorheers, wat krag betref, die skrums en dat hulle dit gevolglik nie sal laat val nie — die ref het net sy gat afgevee daaraan. So het hulle ons skrum geneutraliseer, want die ref het net vir ons gepenaliseer en ons moes dus ten alle koste die skrum ophou, selfs as dit sou beteken dat ons agteruit gaan. Ons het ongetwyfeld een van die sterkste skrums in die toernooi, maar ongelukkig word die oordeel gevel deur mense wat nog nooit self geskrum het nie en wie se beslissings oor skrums ten beste raaiwerk is.”

Hy vertel verder hoe die Brumbies keer op keer ons balbesit in die losskrums belemmer het, “en nooit daarvoor gestaf is nie”. Maar, soos ons whiskeys aan onderskeie kante van die lyn begin trek, raak ons rustiger en erken dat, selfs sonder die “hulp” van die ref, die Brumbies waarskynlik steeds sou gewen het. Al manier hoe mens die Brumbies kan wen, is om nie vir hul balbesit te gee nie en wanneer hulle balbesit het, hulle terug te tackle, hul spelers te laat omdraai, en so hul momentum te breek.

Die Stormers se eerstefase-balbesit was eenvoudig te swak, hulle was te stadig by die afskoppe en het ook nie met vuur en spoed by die afbreekpunte opgedaag nie. Hulle het ook nie in ’n soliede lyn van verdediging opbeweeg om Larkham en Gregan se beweegruimte in te perk nie. Hulle is waarskynlik ook nog (soos die meeste ander Suid-Afrikaanse spelers) te onfiks om die tempo van die Super 12 vol te hou.

In die wedstryd waar die Cats teen die Hurricanes verloor het, glo ek egter dat die skeidsregter, Wayne Erickson, deur sy (kenmerkend) eenogige en partydige blaaswerk, wel die verskil tussen wen en verloor kon veroorsaak het. ’n Strafskop na aan die doellyn, wat op ’n bepalende oomblik in die wedstryd (onregverdiglik) nie aan die Cats toegeken is nie, het die verdere verloop van die game beÔnvloed.

Daar moet ’n meer effektiewe stelsel wees waar klagtes teen die onbekwaamheid of partydigheid van skeidsregters ingedien kan word.

Ek moet dan tog noem dat nie een van daardie twee spanne (die Hurricanes of die Cats) werklik goeie rugby gespeel het nie, en dat my kommer oor SA-spanne eerder oor hul lae spelpeil as oor hul gevolglike nederlae is.

Soos wat mens - maak nie saak hoe ver jy in ’n gegewe wedstryd agter is nie - die spel nog steeds kan draai en so vir jouself die moontlikheid kan skep om te kan wen, so kan mens dit in ’n toernooi ook doen.

Maar my gevoel is dat dit nou tyd vir Suid-Afrikaanse afrigters is om rustig te gaan sit en bestekopname te doen. Daar moet met ’n kritiese oog gekyk word wat werk en wat nie. Wie is die spelers wat ons tot ons beskikking het? Wat is hulle potensiaal? Wat verhinder hierdie spelers om hul potensiaal te bereik? Aspekte soos basiese rolle van spelers, vaardighede en fiksheid sal drastiese aandag moet geniet.

Ek kon in die verlede nooit verstaan hoekom WP- en Stormers-afrigters keer op keer vir Werner Greeff in hul spanne kies nie. Hy het nooit werklik in wedstryde beÔndruk nie. “Maar,” moes ek destyds van sy medespanmaats hoor, “daai ou het scary baie ball sense en talent.”

Greeff het (hopelik) uiteindelik grootgeword, om sy talent in wedstyde en nie net op die oefenveld uit te stal nie. So baie SA-afrigters kan nie verstaan dat alles so goed by ’n oefening lyk en so vrot tydens die eintlike wedstryd gaan nie. Dit bekommer my, want dit sÍ vir my dat daar fout is met ons afrigting dat mens nie die resultate op die speelveld sien nie.

Op hierdie stadium van die wedstryd is daar - ongelukkig - nie 15 rugbyspelers in SA wat Springbokkleure verdien nie. Daar is gevolglik ’n fout met die stelsel wat veronderstel is om spelers van internasionale gehalte te produseer. Wat gaan ons daaromtrent doen?

In volgende week se rubriek sal ek ’n bietjie fokus op die basiese aspekte waarna afrigters (van enige professionele sport) behoort te kyk. Die Bok-afrigter kan nie Suid-Afrikaanse rugby regruk nie; dit is iets wat op “grass roots level” moet gebeur.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.