Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Bliksem

Jaco Botha

Die oud-Bloubul-rugbyspelers is, om verstaanbare redes, ontsteld oor Heyneke Meyer se resultate as afrigter van die Bulle.

Ek wil tog hier noem dat (as ek my feite reg het) 50 persent van die BBM (Blou Bulle Maatskappy) deur ’n Kaapse onderneming, genaamd Sail besit word. Die oud-Noord-Transvalers kan, wat ons Kapenaars betref, maar blaas en raas en uit-pass, maar ons is nou in beheer van julle rugby — en … ons like vir Heyneke. Met sy mannewales bring hy humor aan ons lewens. Ons sal hom as coach van die Bulle hou solank dit vir ons lekker is. Miskien sal ons in 2007 oorweeg om hom met Arnold Geerts of Robert Mugabe te vervang — ons dink nog daaroor.

Nee, goed, Woensdag toe ek die Bulle se span op papier sien, toe dag ek: O jirre, wat doen Heyneke nou weer — is hy besig om na laaste strooihalms te gryp om homself uit die dryfsand te probeer trek? Ek dink slegs drie spelers het oorgebly van sy eerste vyftiental aan die begin van die seisoen. Toe, wragtag is ek, saam met die res van Suid-Afrika, verbaas om ’n span te sien wat met ’n bietjie hart speel.

Dit maak natuurlik nog nie van Meyer ’n goeie afrigter nie — siende dat Danie Gerber (hartomleiding en al) die meeste van daardie spelers brei.

So van hart gepraat. Ek het nou ’n paar naweke in ’n ry ’n bietjie na van die Vodacom-beker-wedstryde gekyk, om te sien waar die talent is wat die Super 12-afrigters klaarblyklik nie tot hulle beskikking het nie, en het ek veral die wedstryd tussen die Blou Bulle en die Bulhonde geniet!

Die afrigter van Grens, Kobus van der Merwe (wat verlede jaar saam met Rudolf Straeuli verantwoordelik was vir die Sharks se sukses in die Super 12), verstaan nog die basiese elemente van die spel: dat daar groot, sterk spelers voor moet wees om die bal te wen en ruimte te skep vir die rats, vinnige outjies in die agterlyn.

Daar het spelers soos Nicky Smit en Rob Linde veral beïndruk, met laasgenoemde wat deur enige Super 12-afrigter met vrug gebruik kan word. ’n Ander speler om dop te hou is die heelagter, Siyabonga Mangweni (wat glo in die townships Tiger genoem word en ook die balvaardigheid van sy Amerikaanse naamgenoot vertoon).

Ek kan sien die Bulhonde geniet hul rugby en dat daar iets kerngesonds is aan die manier hoe Grens se rugby bestuur word. Met maar vyf premier-klubs in hul unie kry hulle dit steeds reg om ’n goeie span, wat ook die gemeenskap daar verteenwoordig, in die veld te stoot. Die Grens het darem ook nog altyd ’n oog vir ’n goeie afrigter gehad. Daardie provinsie is ’n veer in die hoed van Suid-Afrikaanse rugby.

Twee ander Vocadom-spelers wat skreeu om op Super 12-vlak benut te word, is die losskakels Nel Fourie en Kenedy Tsimba. Ek het al geskryf oor hoe belangrik die nommer 10-trui is, en ek vertrou dat die afrigters van die Sharks en die Bulle ook binnekort tot daardie gevolgtrekking gaan kom.

Ek wil dan in hierdie artikel nie verder oor die afrigters en spelers in die Super 12-reeks kla nie, al is daar genoeg om wel oor te kla. Kom ons hoop dat daar die afgelope naweek ’n paar positiewe dinge vir die Cats en die Bulls uit die verf gekom het.

Frans Ludike se span het veel beter met die skakelpaar van De Kock en Pretorius gevaar, maar die groot gat tussen die senter en die vleuel, wat gelaat is deur Danie van Schalkwyk (wat laas in 1997 goeie rugby gespeel het), het die Katte dadelik op die agtervoet geplaas. Daar kort ook nog ’n bietjie vleis en dryfkrag in die enjinkamer en ’n haker wat geoefend is om sy slotte te vind — dan sal jy beslis nie sonder handskoene daardie Katte kan aanpak nie.

’n Euwel waaroor ek wel hierdie week kritiek wil lewer, is die Supersport-kommentators. Hulle probeer so hard om objektief te wees dat hulle later in hul eie objektiwiteit en deursigtigheid verstik. Net Uli, kan mens sien, ondersteun die Suid-Afrikaanse spanne, en shame, hy is nou al so gatvol.

Dan luister ek eerder na Australiese kommentaar en dink terug aan die goeie ou dae van Gerhard Viviers, en hoe hy saam met ons vir ons spanne geskreeu het.

Die manne agter die mikrofoon het seker maar by die lusteloosheid van die spelers aangesteek.

’n Laaste gedagte: verdediging is iets wat ’n mens kan aanleer, maar flair, gevaarlike voete, ’n oog vir gapings, en ’n honger, spelskeppende ingesteldheid nie. Hierdie gedagte spesiaal vir Rudolph Lake van Rapport. Met sy konserwatiewe manier van dink maak hy my soms so die bliksem in.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.