Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Bliksem!

Jaco Botha

Ek wil, om verstaanbare redes, nie eintlik die k-woord gebruik nie. Maar ek voel dit is tog nodig om Suid-Afrikanse krieket as voorbeeld by hierdie artikel te betrek.

Hoekom gaan dit heel goed met die een-dag-span en so vrot met die toetsspan? Daar is vir my een eenvoudige antwoord: Jonty Rhodes. Elke hoop hout kort ’n vlammetjie om daardie hout aan die brand te steek en Jonty, met sy entoesiasme en hardnekkigheid om nie te wil verloor nie, vervul daai rol in die Suid-Afrikaanse een-dag-krieketspan. Hy inspireer uitnemende spel by sy spanmaats.

Hoe bring ons dit by die Super 12 uit?

In die wedstryd tussen die Chiefs en die Crusaders was dit maar ’n hoes, poep en ’n geknor vir laasgenoemde span om die spreekwoordelike wa deur die drif te trek. Met ’n begeesterde Chiefs-span aan die een kant en ’n half lustelose klomp Crusaders aan die ander kant, was dit bloot Andrew Mehrtens en die spring van die bal wat die span van Canterbury ’n wen besorg het.

Sit dieselfde Andrew Mehrtens as losskakel in die Sharks se span, en jy sou Saterdagoggend darem ’n ander storie gesien het.

Die Sharks se spel het my laat terugdink aan my studentejare se Wiskunde-toetse. Die eerste vraag kon ek gewoonlik maklik beantwoord en daarna het die tweede en derde vrae my so gegooi dat die hele vraestel van daar af ’n slagting was. Die Sharks was só ontsenu toe hulle ’n paar keer na mekaar nie deur die verdediging van die Highlanders kon breek nie en ook nie met strafskoppe die telbord aan die draai kon hou nie, dat hulle simpel dinge probeer het en toe het al die wiele sommer afgeval.

In die sewentigerjare op Stellenbosch het iemand op die muur van die badkamer in die Carnegie-biblioteek geskryf: “Wat sal jy doen as Jesus vandag na Stellenbosch kom?” Toe skryf iemand anders daaronder: “Ons sal vir Robbie Blair na die senter toe skuif.” In daardie dae het hulle darem geweet hoe belangrik ’n goeie losskakel is.

Dit bring my by my Nartjie-toekenning vir hierdie week. Die toekenning gaan aan Frans Ludeke van die Cats, omdat hy nie braaf genoeg was om die opwindende losskakel, André Pretorius, reeds vanaf die begin van die Super 12 speelkans te gee nie.

SA rugby het nou dapper afrigters en honger, jong spelers nodig. Goed, die Katte se probeme het voor begin, maar met Pretorius op die veld het die slaankrag agter bykans verdubbel. Louis Koen was nog altyd okay gewees, maar okay is gewoon nie meer goed genoeg vir internasionale rugby nie. Ons kan nie meer toelaat dat talentvolle spellers soos Geobani Bobo en Dean Hall se moed en selfvertroue gebreek word deur gemiddelde spanmaats soos Koen nie. Ek wil graag aan die einde van die seisoen reggae-songs soos hierdie kan sing:

Look at dat Bobo, he’s da Raggaman.
He runs on da grass for Jah man.
He plays for da Cats, and it’s whispered up in Zion,
Da Raggaman’s a Bok, with da heart of a Lion.

In die Blues se verloorwedstryd teen die Reds was Carlos Spencer nie op sy stukke nie en hulle het ook die Fidjiaan, Rupeni Caucaunibuca, se vaart erg gemis. Daardie ekstra-sterk speler skep in baie gevalle twyfel by die opposisie en ontwrig hulle tot so ’n mate dat die druk verskuif word. Die TV-skeidsregter het natuurlik ook ’n invloed op die uitslag van die wedstryd gehad en ek vertrou dat die Blues ’n klag teen daai aap gaan indien.

Nog ’n span wat Saterdag sonder ’n losskakel moes speel, was die Stormers. Nee, eintlik het die Stormers, met uitsondering van Johannes Conradie en later Gus Theron, geen agterlyn gehad om van te praat nie. Nie een van die primadonnas (Rossouw of Montgomery) was op dreef nie, die senterpaar van Barry en Joubert werk nie en Jeffrey Stevens het eenvoudig nie wat dit vat om Super 12- rugby te speel nie.

Carel du Plessis is ’n goeie agterlyn-afrigter, maar selfs die bogenoemde losskakel-vervanging vir Robbie Blair sal moeite hê om Marius Goosen drie goeie wedstryde in ’n ry te laat speel. Kan die Kapenaars nie maar vir Kennedy Tsimba (wat Saterdag aan die voorpunt was om die Natalse Wildebeeste te verskeur) nader hark voordat die Cats hom gryp nie?

So letargies soos wat die agterlyn van die Stormers was, so hard het die voorspelers gewerk, met Kaptein Krige, Hottie Louw en Tjoepie van den Heever wat met durf en daad die span se kop bo water probeer hou het. Mens kan eenvoudig nie swem sonder bene nie. Die nuweling, Tjoepie van den Heever (of soos die kommentator hom genoem het, Tjoppie van der Merwe), kry hierdie week my Boobie-toekenning vir briljante en toegewyde spel. Hy het soos ’n wafferse tier op elke los bal ge-pounce en verder ook al die basiese dinge gedoen wat ’n haker moet reg doen. Nog vyf of ses sulke vertonings in die Super 12 en die Bok-keurders sal hom nie kan ignoreer nie.

Die Bulle is die vierde SA-span wat sonder die dienste van ’n bekwame nommer 10 moes klaar kom. Hulle het ook nou booze by Loftus verban - nou gaan die pawiljoene eers leeg wees, want nugter kan mens gewoon nie die tuisspan ondersteun nie.

Om af te sluit: Ek het ’n droom vir Suid-Afrika. Ek droom van ’n land sonder misdaad, ’n land sonder werkloosheid, ’n land waarin talentvolle en honger spelers na vore kom om die Groen en Groud te vul. Ek droom dat Nieu-Seeland vir Heyneke Meyer kry om die All Blacks af te rig. En dan, wat my droom nog mooier sal maak, is as Australië vir Boeta Wessels op losskakel kies.

Bliksem, maar dit sal darem lekker wees.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.