Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Bliksem!

Jaco Botha

As ek vandag ’n ondersteuner van Nieu-Seeland was, sou ek erg ontsteld gewees het. Een van die uitblinkers in Saterdag se wedstryd tussen die All Blacks en ItaliŽ, Christian Cullen, is uit die toetsgroep gedrop.

Dok Craven het in sy lewe twee spelers as geniaal beskryf, en hulle was Francois du Toit (Mannetjies) Roux en Naas Botha. Ek glo dat indien Dok nog gelewe het, hy ’n speler soos Cullen ook as ’n genie sou beskryf het, en sy hartseer sou uitgespreek het dat diť All Black nie ’n Springbok is nie.

In ’n span wat grotendeels deur die Canterbury Crusaders-masjien oorheers is, het Cullen goed ingeskakel om geleenthede vir sy medespanmaats te skep. Dit is egter met sy individuele briljantheid in die tweede helfte dat hy dit wat deur die jare as “Cullen magic” bekend geraak het, ten toon gestel het deur vanaf sy eie doelgebied ’n solo-drie te skep.

Cullen het ’n Italianer gesidestep, ’n entjie gehardloop en toe ’n aanvallende skoppie geloods. Baie mense sal sÍ dat dit die spring van die bal was wat die All Black nommer 15 in staat gestel het om die bal weer te skop en toe op te raap, maar genialiteit gaan tog daarom om so te skop dat die bal die geleentheid kan kry om in jou guns te spring. ’n Kombinasie van spoed en vaardigheid het die afronding verseker waarvan seuns droom voordat hulle op die rugbyvelde draf.

Na die legendariese drie van Mannetjies Roux teen die Britse Leeus in 1962 het ’n joernalis geskryf: “Roux het die bal in die middeveld ontvang en met verstommende vaartversnelling die verdedigers in hul voetspore agter gelaat. Sy langafstand drie was inderdaad so briljant dat dit slegs in die verbeelding van skrywers van seunsverhale tuishoort.”

Canterbury het hierdie seisoen bewys dat rugby op sy suksesvolste as “spansport” gespeel kan word. Ek moet darem sÍ, ek is iemand met hart vir flair — natuurlik moet mens al die nodige “brandstof” hÍ om vir ’n lang tyd helder te kan brand, maar wie wil tog onthou word, of nie onthou word nie, as ’n rat in ’n goed-geoliede masjien?

En dan sal ek self nou eers tot ’n mate die algemene patroon van sportrubrieke breek en nie, soos waarskynlik van my verwag word, oor die Bokke se oorwinning oor Wallis op dieselfde dag skryf nie. Tog, terloops, geluk ouens — veral aan die jongmanne soos Bolla Conradie en Marius Joubert, wie se sterre hopelik nog lank vir ons gaan blink.

Ek wil nou graag ’n ietsie sÍ oor die hart van die Afrikaner, want dis iets waaroor ek nogal baie dink, en, om myself tot ’n mate te regverdig, rugby is tog so na aan die Afrikaner-hart soos braaivleisvure en grappe vertel.

Goed, ek het begin met Cullen se drie en dit bring my toe by Mannetjies se drie en toe ek ’n bietjie oor Mannetjies gaan lees, toe kom ek agter dat hy net so oud soos Breyten Breytenbach is. Albei is Karoo-seuns (alhoewel Breyten uit die Klein Karoo kom) en hulle het net so ’n katspoeg van mekaar skoolgegaan. Onderskeidelik was Breyten in Hugenote HoŽr op Wellington en Mannetjies in Paarl Boys’ High. Ek wonder of hulle ooit teen mekaar rugby gespeel het. Breyten lyk nie vir my baie vinnig nie en hy is ook maar maer, maar op sy dag mag hy dalk ’n nuttige flank of agsteman gewees het.

Van daar af het hul paaie verskillend geloop: Mannetjies het by die Suid-Afrikaanse Lugmag aangesluit en deur sy rugby ’n Afrikaner-held geword, en Breyten het, op sy beurt, die breŽ, maklike weg van ’n goeie Boerseun verlaat en in Parys sy digkuns gaan beoefen.

Alhoewel hierdie pÍre vir ’n lang ruk totaal aan verskillende kante van die kulturele en politieke spektrum in ons land gestaan het, sal min mense kan stry dat albei Afrikaners en selfs Afrikaner-helde is. En dit is die ding waaroor ek wonder — wat is dan hierdie soogdier wat ons ’n Afrikaner noem? Wat is die gemene deler?

Hoe’s daai vir ’n sidestep. Wederom.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.