Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Het Chester die antwoord?

Jaco Botha

Naas Botha verdedig in die program Super Rugby die Bulle en die Sharks, en verklaar hulle voortslepende swak balhantering aan die hand daarvan dat hulle ’n aandwedstryd teen mekaar gespeel het. Die koue maak natuurlik die hande stram en die bal glibberig. Terwyl ek daardie genoemde wedstryd sit en kyk, dink ek so agt weke terug toe die Highlanders die eerste keer vorendag gekom het met handskoene om dié stram nat probleem aan te spreek. “Hoekom, liewe vader, hoekom het ons tot nou toe nog nie daardie les by hulle geleer nie?” vra ek myself af, terwyl nog ’n bal aangeslaan word. Is Suid-Afrika maar net agter? Hoeveel kos 22 paar action cricket-handskoene tog nou? Dra net sissies handskoene? Of, wat ek vermoed, is dat die unies waarskynlik hul spelers verbied het om handskoene te dra totdat die administrateurs een of ander deal met ’n borg gesluit het. What dick-heads.

Maar, ek het reeds verlede week my opinie oor rugby-administrateurs in Suid-Afrika uitgespreek. Ek volstaan met die gedagte dat die aandeelhouers (veral oudspelers en ondersteuners) hul stemme sal moet dik maak wanneer spanne wanpresteer. Administrateurs is tog die ouens wat die finale verantwoordelikheid dra — hulle stel die afrigters aan en kontrakteer ook die spelers.

’n Ander deelnemer aan die bogenoemde Super Rugby-program was die afrigter van die Springbok 7’s-span, Chester Williams. Hy het tydens die program een van die mees sinvolle opmerkings gemaak wat ek die afgelope tyd oor rugby gehoor het. Hy noem dat ’n land soos Australië nie net hul spanne afrig nie, maar ook hul spelers op individuele vlak bystaan. Omdat ons in SA, anders as hulle, ’n oorvloed spelers het, vervang ons bloot ’n speler wanneer hy probleme vertoon, ipv om daardie probleme aan te spreek. Omdat ons bederf is met die aantal spelers tot ons beskikking, gee ons nie aandag aan die kwaliteit van individuele spelers nie.

Nou sal die rassiste — en daar is baie van hulle in Suid-Afrikaanse rugby — waarskynlik betoog dat Chester bloot meer afrigting vir die bruinetjies en swartetjies wil beding. Daar is sekerlik ’n mate van waarheid daarin, want tans word baie talentvolle jong bruin en swart spelers deur die deurgaans wit rugbypubliek afgeskryf, omdat hulle gewoon nie tackle nie. Hierdie is ’n aspek wat deur bekwame individuele afrigting aangespeek behoort te word. Aan hierdie sogenaamde kwotaspelers sou ek egter ook graag wou sê: “Ek glo dat julle al die nodige talent en meer het. Julle bring baie na die game met jul aanvallende, opwindende spel. Komaan ouens, wys ’n bietjie hart — skop die argumente van die rassiste in die tande. Tackle, tackle, tackle! Wys dat julle daar is op meriete. Dat julle die beste is.”

En dan, steeds by afrigting, my laaste gedagtes oor Heynecke Meyer. Ek is jammer, maar hy het homself eenvoudig as onbekwaam bewys om op ’n hoë vlak af te rig. Hy was darem mans genoeg om onlangs te sê dat hy sal loop en dat die spelers wat onder sy afrigting gely het, asseblief nie saam met hom afgeskryf behoort te word nie. Dat hy, met soveel talentvolle spelers tot sy beskikking, so vrot gevaar het, is om oor te tjank. Ek glo Meyer het wel die hart en aanvoeling om êrens in rugby ’n rol te speel, maar miskien eerder as bestuurder of ontwikkelingsbeampte as afrigter. As ’n ingenieur ’n dam bou, en daai damwal breek, gaan niemand hom vertrou om weer ’n dam te bou nie — dis maar hoe dinge in die regte wêreld werk.

NB: Ek moet darem kwalifiseer dat die Bulle se bestuur elke jaar verras met hul besluite — mens weet nie regtig in watter wêreld hulle leef nie. Hulle is tog die mense wat vir Heynecke aangestel het, en steeds met hom vasskop.

As alle rolspelers in Blou Bul-rugby nie saam met ’n onafhanklike mediator om ’n tafel gaan sit en behoorlik huis skoonmaak nie, gaan die Unie as ’n bespotting ten gronde gaan. Al hul probleme sal een vir een indringend aangespreek moet word, want behalwe dat hulle vir hulself ’n verleentheid is, word die selfvertroue en loopbane van baie talentvolle spelers tans deur dié Unie beduiwel.

’n Laaste terloopse gedagte. Daar is so baie stemme wat opgaan vir Dean Hall om weer die Springbokke op vleuel te verteenwoordig. Behalwe dat hy tans beseer is, en ook nie so watwonderse Super 12 beleef het nie, het hy tydens sy wedstryde in die groen en goud nog nie veel drieë gedruk nie. Is dit tog nie wat ’n vleuel moet doen nie? Ek het ’n gevoel Hall se posisie, met sy krag, vaart en goeie verdediging, is eerder senter. Ai, dis darem lekker om oor rugby te droom.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.