Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Gooi hierdie baba saam met die badwater uit

Blou Bul Braampie

As ek reg onthou het die rugbybase destyds met die aanstelling van Straeuli gesę dat hy gekies is omdat hy baie van sy ondervinding in die Noordelike Halfrond opgedoen het. Dit sou hom glo ’n meer geskikte kandidaat gemaak het as Gert Smal. Straeuli het ons self voor die Franse toets in ’n televisie-onderhoud herinner dat hy vyf jaar in die Noordelike Halfrond gespeel het. Wel, al hierdie ondervinding het ons, soos die ou oom gesę het, bokkerôl gehelp.

Die media het blykbaar besluit om te help om die groot baba te probeer red. Wekroepe van “Kophou” en “Moenie emosioneel raak nie” is volop. Ek skaar my by Rob Louw en Michael du Plessis wat Dolfman se kop eis. As op Twickenham gebeur wat ons vermoed gaan gebeur, gaan ons ’n swart Kersfees hę. Ek was ’n hulpelose toeskouer toe ons in 1992 met 33-16 verloor het. Nie eens die teenwoordigheid van Naas Botha kon die Bokke red nie.

Daar is niks erger as om op Twickenham teen die Khaki’s te verloor nie. Na die wedstryd vat hulle jou na een van die legio kroeë rondom die stadion en pomp jou vol louwarm bier voordat hulle jou by jou goedkoop hotelletjie by Russell Square gaan aflaai om op ’n dun matrassie te lę en wonder hoekom alles so jammerlik skeefgeloop het.

SA rugby sal sy huis in orde moet kry voor volgende jaar se Supertwaalf. Ek dink die keurders moet voor loop op die loopplank. Wynand Claassen en Francois Davids het met hierdie toer finaal bewys dat hulle van span kies nie ’n kat se clue het nie. Vir hulle is dit ’n geval van next please.

Die volgende man voor die vuurpeloton is die Australiese agterlynafrigter, Tim Lane. Met Lane in beheer was die Bokke se agterspelers nog net in die slow lane. Kry iemand wat die agterlyn se rewolusies kan opstoot. My stem gaan vir Danie Gerber. Die Doring van Despatch het met die Pumas bewys dat hy sy verbysterende vaardighede op die veld na die nageslag kan oordra. Die meeste internasionale spanne se broeke sal bewe as hulle die naam Danie Gerber hoor.

Ek sien Dolfman was nogal hardegat by die perskonferensie met die Britse media. Hy’t seker nog nie die fliek Dead Man Walking gesien nie. Oor sy lot behoort daar geen twyfel te wees nie. Ek sien hy verdedig homself met die volgende filosofiese wysheid: “Hindsight is an exact science.” Hy’s natuurlik reg, maar dieselfde geld vir die telbord — 6 was nog nooit meer as 21 nie, ou Dolfman. Anyway, geen Suid-Afrikaanse ondersteuner sal veilig voel met hom as afrigter van die Węreldbekerspan nie. Vergeet nou maar die mooi broodjies en gooi die baba saam met die badwater uit. Enige ou wat Norman Jordaan bo Joost van der Westhuizen kies, verdien om volgende jaar die B-span van die Groenkloof Ouetehuis af te rig.

Dis ook nou nie so dat die ondersteuners by die huis hulle bankvas agter Dolfman geskaar het nie. My pa, wat verlede week 79 geword het (geluk, Pa), het die span net een kyk gegee en voorspel dat hulle al drie toetse gaan verloor. “Die forwards is ’n klomp softies,” het hy verduidelik. Ek het gedog dis seker maar die newe-effek van sy hartpille, min wetende dat dit ’n visioen was. ’n Ander profeet — hy woon daar in Hermanus se węreld — die tjekboekboer, Nico Jordaan, het selfs voor Dolfman se aanwysing as Springbokafrigter ’n ramp vir die groen en goud voorspel. Volgens hom het Straeuli nie die temperament gehad om ’n span vir die werklik groot wedstryde voor te berei nie. Verlede jaar se Curriebeker-finaal was vir hom ’n duidelike bewys dat die ou grote nie ’n span behoorlik kan motiveer nie. So kan ek aangaan.

Daar het al snaakse dinge vanjaar in rugby gebeur. Maar vir die Bokke om op Twickenham te wen sal daar nie net snaakse dinge moet gebeur nie. Nie eers ’n miniwonderwerkie sal genoeg wees nie. Sonder Matfield om die Engelse hemelbesems in toom te hou, verwag ek nog ’n pak slae. Trots en durf help gewoonlik net die eerste 50 minute. Daarna vat talent oor.

Ek dink die Engelse gaan ons met ’n rekordtelling platvee. Ek hoop ek is verkeerd.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.