Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Reis /
Travel
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
isiXhosa
isiZulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Kos en Wyn /
Food and Wine
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Huldeblyke /
Tributes
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

As die wêreld nie meer grense het nie

Clinton V du Plessis

Die 7 g-blokkie Kerrygold botter wat ek saam met my roosterbrood by die Wimpy kry, dra die merk: "Pure Irish Butter, produce of the Republic of Ireland, Irish Dairy Board, Dublin".

Die wêreld het ongemaklik klein geword, besef ek.

In 1983 het Bob Dylan sy album Infidels vrygestel. Een van die beste snitte daarop (naas die hartsbekoorlike "I'll remember you") is "Union Sundown" waarin hy toe al 'n allesverterende kapitalistiese stelsel uitbeeld wat sy winskloue gulsig na elke uithoek van die aarde uitstrek:

Well, my shoes, they come from Singapore,
My flashlight's from Taiwan,
My tablecloth's from Malaysia,
My belt buckle's from the Amazon.
You know, this shirt I wear comes from the Philippines
And the car I drive is a Chevrolet,
It was put together down in Argentina,
By a guy makin' thirty cents a day.

Well, it's sundown on the union
And what's made in the USA
Sure was a good idea
'Til greed got in the way.

Well, this silk dress is from Hong Kong
And the pearls are from Japan,
Well, the dog collar's from India
And the flower pot's from Pakistan.
All the furniture, it says "Made in Brazil"
Where a woman, she slaved for sure
Bringin' home thirty cents a day to a family of twelve,
You know, that's a lot of money to her.

Die HAT gee die volgende definisies van kapitalisme:

  1. Ekonomiese stelsel gegrond op private besit en mededinging, met 'n minimum staatsbeheer.
  2. Konsentrasie van kapitaal en met die mag en invloed wat dit meebring, in die hande van 'n klein aantal. (my kursivering).

Ek is die produk van 'n era waarin kapitalisme voorgehou is as die volmaakte alternatief vir die kommunisme. Die keuse was eenvoudig: Amerika of Rusland - die neonligte en dobbelpaleise van Vegas of die vaal troostelose beelde van Moskou - God of die Duiwel.

Dit was egter 'n totale oorvereenvoudiging.

Well, you know, lots of people complainin' that there is no work.
I say, "Why you say that for
When nothin' you got is U.S.-made?"
They don't make nothin' here no more,
You know, capitalism is above the law.
It say, "It don't count 'less it sells."
When it costs too much to build it at home
You just build it cheaper someplace else.

Elke keer is daar iewers op die aarde 'n land - uitmekaar geskeur deur óf onderlinge twis óf magshonger diktators wat die natuurlike hulpbronne verkrag en uiteindelik 'n desperate bevolking agterlaat wat die ideale teelaarde is vir een van die hoekstene van die kapitalistiese stelsel, naamlik goedkoop arbeid. China en Indië maak wellustig hulle markte en grense oop.

Well, the job that you used to have,
They gave it to somebody down in El Salvador.
The unions are big business, friend,
And they're goin' out like a dinosaur.
They used to grow food in Kansas
Now they want to grow it on the moon and eat it raw.
I can see the day coming when even your home garden
Is gonna be against the law.

Anders as in die sestigs is daar nie 'n kritiese massa hippies om te protesteer nie. Die eertydse linkse marxistiese intellektuele aan die universiteite (in die laat tagtigs) sit op die direksies van maatskappye en trip op die walms van wins, kry ereksies by die aanskoue van die verleidelike dye van ekonomiese bemagtiging - die kollektiewe gewete is verswelg deur die korporatiewe konsensus.

Die kloof tussen die klein aantal wat enorme rykdom besit en die groot menigte met globale armoede is onoorbrugbaar groot. Net so af en toe herinner Bono ons weer hieraan en die televisie staan sestig sekondes aan hom af.

Die potensiële aktiviste van môre het geen behae in verset nie - die enigste eksistensiële krisis van hul geslag skyn te wees: Waar sal ons volgende "high" vandaan kom? Studente brand kampusse af om saam te kan slaap: "Let's make love, not war."

Die "useful idiots" van voorheen is nou vervang deur "useful consumers", en waar godsdiens afgemaak kon word as die "opium van die massas", het die ongebreidelde behoefte aan die materiële nou dié plek ingeneem. Consumers of the world uNike!

Homo Consumerus - die kredietkaartburger van die wêreld sonder grense - is gebore en voed die onversadigbare Homo Croesus.

Democracy don't rule the world,
You'd better get that in your head.
This world is ruled by violence
But I guess that's better left unsaid.
From Broadway to the Milky Way,
That's a lot of territory indeed
And a man's gonna do what he has to do
When he's got a hungry mouth to feed.

Well, it's sundown on the union
And what's made in the USA
Sure was a good idea
'Til greed got in the way.

Alain de Benoist skryf in 'n verstommend insiggewende artikel: "Vandag, meer as ooit, is die belangrikste vyand die globale uitbarsting van die logika van kapitaal en die totale kommodifisering van sosiale vehoudinge."1)

Miskien is dit 'n ydel gebaar, maar nog nooit het ek 'n paar Levi's aan my bas of 'n stel Nike's aan my voete gehad nie.

En op 'n aweregse, naïewe manier voel ek ongekontamineerd.

Ek verbruik nie, daarom is ek.

Voetnoot

  1. Alain de Benoist se artikel is uit Frans vertaal deur Danie Goosen en het onder die titel "Die 20ste eeu het op 11 September 2001 tot 'n einde gekom" in die Maart en Junie 2003-uitgawe van Tydskrif vir Geesteswetenskappe verskyn.




LitNet: 02 September 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.