Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Reis /
Travel
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
isiXhosa
isiZulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Kos en Wyn /
Food and Wine
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Huldeblyke /
Tributes
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Exit

Clinton V du Plessis

Ek het nog nie Robin Sharma se The monk who sold his Ferrari gelees nie, maar vir my was dit makliker as wat ek ooit gedink het dit sou wees.

Dit was weer net na middernag, soos die vorige keer …

Ek het ongemaklik wakkergeskrik – amper soos Bruce Springsteen met daardie “freight train running through the middle of my head”-gevoel. Moeisaam het ek die skakelaar raakgevat – dit het gevoel asof die mure al hoe nader na mekaar beweeg; die kamer het ontsettend klein en die suurstof al hoe ongemakliker minder geword.

Ek het vinnig uitgewyk balkon toe, gulsig probeer om happe suurstof ingesluk te kry, en toe weer terug binnetoe gestrompel. Op my selfoon een of twee vriende probeer bel, maar die antwoordmasjiene was aan; daarna die landlyn huis toe, maar dié het ook net bly lui en lui en lui, vir ‘n hartverskeurende ewigheid. Dit was moeilik, maar ek bly kalm en kry uiteindelik die geel bladsye onder stapels ou koerante en tydskrifte uitgesleep en begin soek.

“Medical” – maar besluit die lys is te lank. Kry die Morningside Medi-clinic ‘n blok of twee van my raakgeblaai. Bel en die noodnommer word flink beantwoord. “Wil jy ‘n ambulans hê?” vra sy in Engels, “Of hoekom klop jy nie die buurman wakker nie?” gee sy raad toe ek vir ‘n oomblik hard sukkel om asem te kry.

Fokkit, dié is Johannesburg en meer nog Sandton – jy klop nie net aan ‘n wildvreemde se deur (al bly ek al amper drie en ‘n half jaar hier, het ek seker nog net twee woorde met die buurman gepraat) na middernag nie. Nee, ek ry self tot daar, volhard ek.

Moet ‘n tas gepak kry, dink ek. Snaaks hoe min en vinnig ‘n mens dán pak - ‘n waslap, tandeborsel en -pasta, deodorant, pajama en skoon onderklere, ‘n borsel, selfoon en beursie, met kredietkaart.

Ek toeter die veiligheidswag by die hek uit sy ongemaklike stoelsitslaap en wag vir ‘n leeftyd dat die hek oopskuif. Die pyn vreet my op.

Twee of drie rooi verkeersligte ry ek sonder seremonie oor en parkeer in die eerste oop spasie wat ek kry.

Ek beweeg moeisaam tot binne – in my linkerborskas dra ek ‘n soliede stuk lood wat dreig om my aarde toe te trek.

“Jy beter jou tas by jou hou,” gee een van die personeellede raad toe ek dit net in die portaal wil laat lê.

Ek beland op ‘n bed, langs ‘n Joodse vlugkelner van die Israeliese lugdiens, met skynbaar dieselfde probleem. “Gebruik jy Viagra?” wil die verpleegster onseremonieel weet terwyl sy met ‘n sproei nader staan en van die ander personeel my hempsmoue oprol om bloeddruk te meet. “Nee,” antwoord ek.

“Indien wel, sou jou hart onmiddellik gaan staan as ek die sproei onder jou tong spuit,” verduidelik sy. Sy spuit, druk ‘n aspirien onder my tong en trek ‘n suurstofmasker oor my mond.

Steeds dra ek swaar aan die tien pond lood in my bors, maar haal tog gemakliker asem. Ek bly lê vir ‘n uur of so, daarna rolstoel hulle my die hospitaal vol vir bloedtoetse en x-strale en kom bed my weer neer onder die suurstofmasker. Ek raak aan die slaap en die lood begin stadig wyk …

‘n Vreeslike jong dokter staan oor my met verskillende drukstukke en grafieke in sy hand – hy kan my nie juis vertel wat verkeerd is nie, maar verseker my, sonder veel oortuiging, dat dit veilig is om huis toe te gaan …

Die volgende dag bly ek weg van die werk en sukkel die aand weer om te slaap - luister na die deurnagdiens van Radio 702 en dit is verbasend hoeveel mense nog na vier in die oggend wakker is en inbel.

Ek neem in die daaropvolgende dae die groot besluit. Ek tik my bedanking.

‘n Week later pak ek – ek het ek genoeg gehad van hierdie gejaag na wind.

Daar is nie baie om saam te neem nie. My boeke lê elke stukkie ruimte van die Avis-karretjie vol. Daar is geen foto’s om van die mure af te haal nie, geen blompotte om leeg te maak nie, geen vriende om te groet nie. Hierdie was immers nooit huis nie, net ‘n bed en tafel tussen werk en nogmaals werk. Iewers in hierdie drie en ‘n half jaar het ek fokus verloor … het ek byna die prys betaal …

Dit is stikdonker en nat as ek by die hek van die kompleks stop en weer die sekuriteitswag wakkerblaas. Hy leun met dikgeslaapte oë by die koeëlvaste venstertjie uit. “Ek kom nie weer terug nie,” sê ek. “Maak die koskaste en die yskas leeg; neem alles vir jou.” Ek stop hom ‘n paar note in die hand en die bewaker van die skyn van sekuriteit - hy wat die dun linie tussen die hoofsaaklik ryk (wit) en arm (swart) buurte verdedig - dobber weer weg in sy onderbreekte sluimer.

As ek by die hek uitry, begin dit saggies reën en dit hou aan tot baie naby Kroonstad.

Hoe verder ek wegry uit Johannesburg, hoe meer ontspanne voel ek. Ek verminder spoed, draai die venster af en voel die druppels sag teen my gesig breek …

Dit word lig oor die Vrystaat, maar die wolke koek nog donserig saam tot digby Colesberg.

Tussen die bondels boeke en geskrifte in die motor het ek iewers ‘n knipsel van ‘n artikel wat geskryf is deur ‘n joernalis, ene Tim Lott. Lott het beluit om in Hunter S Thompson se spore terug te loop en na byna dertig jaar na die skrywer se klassieke Fear and Loathing in Las Vegas, weer Las Vegas te besoek.

Lott sluit sy briljante artikel soos volg af, en daar is nie ‘n meer gepaste manier om my eie gewaarwordinge oor Johannesburg te verwoord as juis op die manier waarop Lott sy gevoelens oor Las Vegas verwoord nie:

Driving back up the Strip, head full of whiskey sours and visions of terrible man/beasts, I felt I fully understood Thompson’s primal disgust. This was a town built on fear and failure and ugliness. Uptown, they concealed the rot with art shows and high-grade entertainment. Downtown, the reality was there for all to see: Cheap lights, free drinks and the incessant, 24-hour debasement of the human spirit.

I wanted out.

I’d had an amazing time as an observer, but I realized, with a shock, that as a participant, your whole perspective changes. You become greedy. You become tense. In fact, you take your first hesitant steps towards becoming reptilian.

I needed to escape before the process went too far. Before I started growing claws. First thing the next morning I caught the plane back to Los Angeles, and looked down on the great grid of iridescent madness from five miles up. It was beautiful and f**ked up and unique.

And I don’t think I ever want to go there again.




LitNet: 25 April 2006

Wil jy reageer op hierdie stuk? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.