Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Reis /
Travel
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
isiXhosa
isiZulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Kos en Wyn /
Food and Wine
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Huldeblyke /
Tributes
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die lewe is ‘n ... classified ad (slegs vir volwassenes)


Ek het ’n teorie.

Dit is dat daar ’n verband bestaan tussen die vlak van verdraagsaamheid in ’n gemeenskap en die inhoud van die geklassifiseerde advertensies (veral dié onder volwasse vermaak) van die koerante wat binne ’n spesifieke gemeenskap gelees word.

In die Oos-Kaapse uitgawe van Die Burger soek jy jou lus skoon weg na ’n stukkie Afrikaanse plesier - dié bestaan nie. Die enigste mate van dekadensie word jou veroorloof as jy die groot Engelse dagblad daar lees. So nou en dan vinger jy ’n verdwaalde “Wilde Willemien, op soek na ’n mielie om te kielie,” raak.

Die Wes-Kaapse Die Burger sien daar totaal anders uit, terwyl Beeld natuurlik tol-los die koek vat! Dáár is die Afrikaanses heel rondborstig onbeskaamd baldadig plesierig. Onlangs staan daar in dié einste koerant die volgende triltergers, strategies geplaas in die “vroetelseksie” van die snuffelgids.

        Ry my.
        Rev my.
        Liefkoos
        My.

        Sy het kurwes
        In al die regte plekke.

        Pragtige raamwerk
        Lieflike voorkoms.

        Amerikaanse skoonheid
        Laat hart vinniger klop.

        Vuurwarm van voor
        Oulik van agter.

        Sien my
        Voel my
        Liefkoos my.


Lees jy egter die fynskrif, kom jy agter dit is ’n vernuftige advertensie wat die deugde van ’n nuwe voertuig besing!

Dit verg nogal ’n bietjie flink-dinkwerk om hier die beste been voor te sit. Ook boet jy objektiwiteit in as jy jouself moet bemark (seker maar soos ’n digter wat sy eie werk uitgee), maar aan bekkigheid skiet die klomp geen tekort nie.

Sonder om doekies om te draai beken sy:

        Ek laaik …. kwaai.

Of sommer net stuitig, tong in die lies:

        Madelein,
        Vars van die see, kom proe my.

Ook een of twee het ’n voorliefde vir die poësie (hoe dan anders); geen grootse poësie, met diepgang nie, maar (dr Etienne Bloemhof, hier’s latente talent!):

        Boude is nat,
        boude is glad,
        boude is gemaak om aan te vat.

        Moeg vir jou vrou,
        sy wil nie nou,
        kom na my,
        hier sal jy kry.

’n Ouma nooi stuitig:

        Lus jy ’n plooi om te looi?

Nog verder, knaterkordaat, op die man af:

        Hit and run. R100.

Of met ’n boesem vol vertroue:

        “Damn.” Ek is goed.

Om te wys die Nuwe Suid-Afrika word ten volle “embrace”:

        Baie pret en kameelstyl. Witbank.
        Alle rasse.

Plein wydsbeen-wulps:

        Stoute meisie soek haar vleisie.

’n Bietjie “small comfort” terwyl die rand daagliks griekse styl deur die spekulante die loef afgesteek word:

        Betaal 1 keer, doen dit 2 keer.

Vroue behoort voortaan heel bekommerd te wees as hul mans die 4x4 opsaal of die geweer laai, want daar is ook:

        Oulike reisende poppies vir jag(s)naweke.

Ek wonder hoe dié een werk:

        Langbome in Rustenburg
        benodig nog dames. Besigste
        tydperk Nov tot Des. R1 000+ per dag.

’n Lelike anglisistiese:

        Volhuis. 21 jaar.

Vir dié wat ’n kuiertjie soek met ’n kulturele kleur of geur:

        Ons doen dit met lyf, hande en mond —
        die ou Boeremanier.

Lekker pramantig:

        Pamela Anderson se “boob twin”

Tog lyk dit asof die Afrikaanses oor die algemeen nie so kooi-katools is soos hul Engelse eweknieë nie. In die Star is daar (met apologie aan Philip de Vos) veel meer “woester aspoesters”.

Ewe woordspuls nooi ene:

        Come see my cunning stunt.

’n Oudonderwyseres (prooi van rasionalisasie?) stoot haarself so op die voorgrond:

        Fab 49, ex school teacher, by
        appointment only.

Al wat hulle nog hier moet adverteer is ’n Elna, of ’n Singer, of ’n Empisal of ’n Bernina …

Ek het nog ’n teorie.

Dit is dat enige vrou, in ’n situasie desperaat genoeg, met ’n monetêre vergoeding ruim genoeg, dieselfde sal doen as dié dames.

Die donker kruip tot teen die ruite en dit begin saggies druppel op die dak. Ek gooi die koerante in die snippermandjie - vanaf die cd-speler spoel die klanke ryk, diep en sielvol die koue kamer vol:

    Want die stad se hart het ys geword
    En niks wat hy gee, kan ons meer fassineer.

        (Uit: Die ander kant, Johannes Kerkorrel)

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.