SpookNet — rubriek oor aktuele sakeArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Nege aforismes en een woordbeeld

Johann Rossouw

  • As jy in Afrikaans werk en leef, is dit van nature makliker om ’n Boeddhis te wees: jy is elke dag met die dood gekonfronteer.

    ***

  • As jy in Afrikaans werk en leef, is dit van nature makliker om ’n Boeddhis te wees: niemand kan ’n duursame ego op ’n sterwende kultuurwêreld bou nie.

    ***

  • Kan geskiedenis geskryf word in ’n taal wat deur haar sprekers doodvergeet word? Anders gestel: geheue is nie cool nie, net so min as wat dit cool is om verstaanbaar en korrek te praat.

    ***

  • Miskien is die mooiste omgang dié met ’n dooie vrou: dit is een manier om ’n vertaling na Afrikaans te verstaan.

    ***

  • Hoekom hoegenaamd nog Afrikaans? Omdat geen beminde so teer soos ’n spookvrou is nie.

    ***

  • “Julle taalstryders is almal mans met magsnostalgie,” het sy met trefsekere hand die dolk in die vaderhart gesink.
    “Nee,” het ek flou probeer keer, maar die hef van die dolk het reeds in Ou Moeder Taal se verrimpelde hangbors getril.

    ***

  • “Ons sal niemand op grond van taal uitsluit nie, want ons dink slegs in terme van ras. So bou ons ’n nuwe land.”

    ***

  • “Hou op wroeg,” het die positiefgesinde gesê. Sy asem het na dood geruik.

    ***

  • Sonder taal en God is daar nie Afrikaners nie: dié van ons wat die Afrikaner se god so lustig vermoor het, het ook onsself vermoor. Dit beteken egter nie ons moet Christene word of dat ons on-Afrikaners is nie. Goddank: doodmaak is leegmaak is laat leef.

    ***

    Laat in die drukkende nanag het ’n alarm my hardhandig uit die slaap geruk: toe ek opkyk, het ’n helder halfmaan geelstil bo die dakke gehang.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.