Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Cash in!

Theunis Engelbrecht

"Gmfff, daar is lekker op hom ingecash nadat hy in 2004 dood is," snork my vriendin, die postalternatiewe Goth chick Melanie Snyman. Sy verwys na Johnny Cash, die legendariese Amerikaanse sanger. My ander vriendin, die postmoderne folk chick Lucille Stander, is weer van mening die hernude belangstelling in Cash en sy werk is 'n baie goeie ding en het Melanie aangeraai om te gaan kyk na die rolprent Walk the line, wat onlangs uitgereik is en oor die eerste deel van Cash se lewe handel.

Walk the line het intussen ook al begin om die een prys na die ander te verower. Dit gaan ook baie harte vir Johnny Cash verower. My vriendin Olga de Montique - grotendeels 'n classic chick, maar met 'n gewillige oor en gemoed vir pop en rock - het by my gebieg dat dit met haar gebeur het. Sy het die fliek saam met haar kÍrel, Jeremy Harris ('n allrounder chick), gaan kyk. Hulle het nie een enkele CD van Johnny Cash in hul versameling nie, maar wil nou plan maak. Hulle het na CD Wherehouse gegaan en was verbluf oor die verskriklik baie Cash-CD's wat daar verkoop word en het in angs weggevlug.

Gaan soek jy by kalahari.net of amazon.com, word jy ook oorweldig deur die totale aanbod - albums uit elke fase van Cash se loopbaan - 'n loopbaan wat in 1955 begin het (en aan die begin beskryf is as "boom-chicka-boom Tennessee two-beat") en oor bykans 'n halfeeu gestrek het. Maar baie mense begin nou eers Cash se eintlike waarde peil en besef, en vir die musiekliefhebber lei dit tot wonderlike ontdekkings. 'n Mens kan ook lukraak 'n paar titels gryp uit John L Smith se diskografie in Cash se meesleurende outobiografie Johnny Cash: The autobiography (met Patrick Carr, HarperCollins, 1997) om 'n aanduiding te gee van die wye spektrum van Cash se werk - Hymns by Johnny Cash, Songs of our Soil, The Rebel - Johnny Yuma, Johnny Cash sings Hank Williams, Hymns from the Heart, Blood, Sweat & Tears, Johnny Cash at Folsom Prison, The Holy Land, Story Songs of Trains and Rivers, The Mystery of Life - daar is letterlik honderde.

Wat my aanbetref is die essensiŽle Cash-CD's om in jou versameling te hÍ American Recordings (1994), Unchained (1996), American III: Solitary Man (2000), en die heel laaste album wat hy voor sy dood gemaak het, American IV: The Man Comes Around (2002). Ook onmisbaar is die boksstel Cash Unearthed, wat na Cash se dood uitgereik is, en die versamelstuk Johnny Cash: The Legend, wat pas uitgereik is.

Die laaste tien jaar van sy lewe het Cash net musiek opgeneem - saam met niemand anders nie as die befaamde Rick Rubin (produksieleier van rowwe knape soos Red Hot Chili Peppers, System of a Down, Beastie Boys en 'n hele rits ander). Rubin was die man wat Cash oorreed het om op sy laaste vier albums liedjies te sing van kunstenaars so uiteenlopend soos onder andere Depeche Mode, Danzig, Sting, Leonard Cohen, Tom Waits, U2, Nine Inch Nails, Beck, Nick Cave en Soundgarden. Sy weergawe van Nine Inch Nails se "Hurt" is welbekend en die uitsonderlike musiekvideo daarvan is met 'n Grammy bekroon.

En tussendeur diť liedjies sing Cash ook kanniedood-nommers uit die jare toet, soos "Danny Boy", "I'm so lonesome I could cry" ('n duet saam met Nick Cave), "Memories are made of this", "Country trash", "Sea of heartbreak", "Why me Lord" en "A Cowboy's Prayer/O Bury me Not", asook enkele duette saam met sy vrou, June Carter Cash (soos die pragtige "Field of Diamonds" op Solitary Man).

Cash Unearthed met sy 77 liedjies is 'n droom. Dit is genoeg om die gehardste musiekbarbaar (en daar is baie van ons) se broeke te laat bewe. Die boksstel bestaan uit vyf CD's. Nadat Cash se laaste album, American IV: The Man Comes Around, uitgereik is, was daar nog genoeg materiaal wat hy in die laaste tien jaar van sy lewe opgeneem het wat nog nie uitgereik is nie. Rubin en sy manne het aan die werk gespring en die resultaat is 'n pryslose stuk werk. Die vyf CD's in die boks heet onderskeidelik Who's Gonna Cry, Trouble in Mind, Redemption Songs, My Mother's Hymn Book en Best of Cash on American (wat 'n keuse bevat van sy vier albums sedert 1994).

Dis nie al nie. Daarmee saam kom 'n pragtig-versorgde hardeband-CD-boekie van 104 bladsye met die hele verhaal van die laaste tien jaar van Cash se lewe asook talle foto's. Cach en Rubin (en soms ook ander mense, soos Tom Petty, wat ook aan die projek gewerk het) lewer in 'n deel van die boekie kommentaar oor elke liedjie op hierdie boksstel.

Almal wat vir die eerste keer Cash se weergawe van Bob Marley se "Redemption Song" hoor, is dadelik uitgeboul. Cash sing dit as 'n duet saam met Joe Strummer van The Clash, wat ook 'n jaar of wat gelede die tydelike met die ewige verwissel het. Sy weergawes van Cat Stevens se "Father and son" (saam met Fiona Apple), Neil Young se "Pocahontas" en "Heart of Gold", en sy weergawe van "I'm so lonesome I could cry" (saam met Nick Cave) laat enige weerstand verder verkrummel. (Ek weet, want ek het Melanie, Olga en Jeremy as proefkonyne gebruik om 'n steekproef te doen oor hoe die ouer Johnny Cash vir mense klink.)

Soos gesÍ: 77 liedjies. Waar begin mens en waar eindig jy? Wat sonder jy uit en wat nie? Dis 'n onbegonne taak. Maar wees getroos in die wete: as jy gelukkig genoeg is om Cash Unearthed in die hande te kry, sal jy jou hande op iets baie kosbaars lÍ. Dit is weliswaar duur (oor die R1 000), maar 'n belegging soos min.

Ek het iewers gelees na die uitreiking van Unearthed sit Rubin met opnames van nog sowat 50 liedjies wat Cash die laaste tien jaar van sy lewe gemaak het en wat nog nie uitgereik is nie. Dit gee 'n mens 'n idee van die ontsaglike hoeveelheid materiaal wat Cash op sy oudag opgeneem het, en 'n mens hoop diť opnames word ook uiteindelik uitgereik.

My vriendin AndriŽtte Joubert-De Villiers, 'n contemporary adult rock chick, kla sy kan nie iets soos Unearthed bekostig nie, en hoe nou gemaak? Ek sou reken vir mense wat eerder net een of twee Cash-CD's op 'n slag wil koop, sal Unchained en The Man Comes Around die beste keuse wees.

Maar dit is nog nie die einde nie. Jy kan incash tot jy blou word. Vir diegene wat meer geÔnteresseerd is in Cash se vroeŽr werk, is daar nog 'n pragtige doosuitgawe op die mark: Cash: The Legend (wat pas bekroon is met 'n Grammy vir die beste verpakking). Nes Cash Unearthed is dit besonder keurig uitgegee, met baie stukke teks vol interessante stories en staaltjies en inligting en baie foto's. Die Legend-doosstel bestaan uit vier CD's waarop musiek gevind kan word wat van die jare 1955 tot 2002 uitgereik is - altesame 104 liedjies. Ek was heel verras toe ek sien dat die prys van hierdie boksuitgawe nie so buitensporig is nie (iets oor die R300). Elk van die vier CD's in The Legend het ook sy eie titel: Place and Show - The Hits, Old Favourites and New, The Great American Songbook en Family and Friends. Die liedjies is te veel om op te noem, maar daar is onder meer "I Walk the Line", "Ballad of a Teenage Queen", "Daddy sang bass", "A boy named Sue", "(Ghost) Riders in the Sky", "Hey Porter", "Ring of Fire", "I got stripes" en "Cocaine Blues". Van die vriende wat gehoor kan word op Family and Friends, is Bob Dylan, Marty Stuart, Waylon Jennings, Ray Charles, Elvis Costello, Kris Kristofferson en U2, en natuurlik ook Cash se vrou, June, en ander familielede soos Mother Maybelle, Anita, Tommy en Carlene). Op diť CD is "September when it comes", 'n duet saam met sy dogter Rosanne Cash, en een van die hoogtepunte.

Ek verkies die musiek wat Johnny Cash in die laaste tien jaar van sy lewe saam met Rick Rubin gemaak het. Want dit is 'n ou man wat daar sing - en namate die ouderdom sy tol begin eis het, het Cash al hoe meer begin klink soos 'n oeroupa. Dis 'n stem met 'n leeftyd se ervaring en emosies wat net die heeltemal harteloses onder ons sal koud laat. Dis die stem van 'n wyse ou man.

Maar dis nie al rede hoekom Cash die verbeelding aangryp nie. Sy verhaal is diť van 'n man wat as 'n arm kind grootgeword het, wat baie swaargekry het, wat wild gelewe het en gesing het oor tronkvoŽls, vlugtelinge, onvervulde ťn vervulde liefde, armoede, drank, treine, wilde vroumense, kokaÔen en vele meer. Hy het ook talle religieuse liedjies opgeneem. Hy het die lewe in al sy fasette geken en deurleef.

Cash het ook bekend gestaan as "the man in black", en dit is gepas om af te sluit met die lirieke van sy liedjie "Man In Black":

Well, you wonder why I always dress in black,
Why you never see bright colors on my back,
And why does my appearance seem to have a somber tone.
Well, there's a reason for the things that I have on.

I wear the black for the poor and the beaten down,
Livin' in the hopeless, hungry side of town,
I wear it for the prisoner who has long paid for his crime,
But is there because he's a victim of the times.

I wear the black for those who never read,
Or listened to the words that Jesus said,
About the road to happiness through love and charity,
Why, you'd think He's talking straight to you and me.

Well, we're doin' mighty fine, I do suppose,
In our streak of lightnin' cars and fancy clothes,
But just so we're reminded of the ones who are held back,
Up front there ought 'a be a Man In Black.

I wear it for the sick and lonely old,
For the reckless ones whose bad trip left them cold,
I wear the black in mournin' for the lives that could have been,
Each week we lose a hundred fine young men.

And, I wear it for the thousands who have died,
Believin' that the Lord was on their side,
I wear it for another hundred thousand who have died,
Believin' that we all were on their side.

Well, there's things that never will be right I know,
And things need changin' everywhere you go,
But 'til we start to make a move to make a few things right,
You'll never see me wear a suit of white.

Ah, I'd love to wear a rainbow every day,
And tell the world that everything's OK,
But I'll try to carry off a little darkness on my back,
'Till things are brighter, I'm the Man In Black.




LitNet: 14 Februarie 2006

Wil jy reageer op hierdie sound bite? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

  • Klik hier vir nog Sound Bites

    to the top / boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.