Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Van die Afrikaanse pop tot die postalternatiewe Goth-chick

Theunis Engelbrecht

As jy een van daai ouens, vrouens of juffrouens is wat net na Afrikaanse en Suid-Afrikaanse musiek luister, moenie verder lees nie. Julle gaan nie hier kry wat julle soek nie - of altans net by die hoogste uitsondering. LitNet se KlankKas het al genoeg medewekers wat oor (Suid-) Afrikaanse musiek skryf; in "Sound Bites" gaan hoofsaaklik gefokus word op musiek wat uit ander lande kom.

Daar is kopgekrap oor die naam vir hierdie rubriek. Die eerste opsie was Pop-Opskop, twee woordjies wat lekker hop - die naam van my dekade lange poprubriek in Beeld in die vorige eeu. Die popkultuur bestaan uit verskriklik baie recycling, so dit sou maklik wees om Pop-Opskop te laat herleef.

Maar nee, deesdae klink Pop-Opskop darem maar net te laf. In die eerste plek hop die Afrikaanse pop (daai een uit die FAK Sangbundel) in die kop op. Opskop klink boonop soos 'n sokkiejol. En: Kan mens in die postmoderne era nog van popmusiek praat? Die woord pop op sigself klink ook nogal pap. Moet dit nie s nie, maar vorm dit net met jou lippe: "pop". Dit klink so natpoeperig. Dan kan jy die woord pop vat en dit nog erger maak. Soos popcorn. Of popresensent (die blote woord laat 'n gevoel van resentement in 'n mens oppop). Nog erger as popresensent is rocksnob, maar dis 'n ander storie daai.

Ewenwel, die nuwe naam is dus Sound Bites. Dit is weliswaar Engels, en dit spyt my weliswaar nie papsopnat indien taalpuriste aanstoot sou neem nie, maar die Afrikaanse woord sal nie deug nie. Klankgrepe ? Dit klink of dit die naam kon wees van 'n musiekrubriek in Maksiman en Finesse, en iets soos Klankhappies sal ook nie deug nie, aangesien dit sal klink soos die naam van 'n musiekrubriek in Vrouegeur of Rooi Rose.

En dan - wanneer jou kop al begin klop van al die geslop-slop van die pop-sop - word daar van 'n popresensent boonop ook verwag om 'n Flinkdinker van Formaat te wees. As jy nie weet hoeveel songs Chris Rea al oor seiljagte geskryf het nie, of Bob Dylan oor eensame dames, Tom Waits oor dwerge, Afrikaanse sangers oor die boerdery en landbou, Kate Bush oor spoke, Madonna oor orale seks, Britney Spears oor kougom, Lou Reed oor hangovers, Robbie Williams oor homself - is daar altyd meer geleerde kundiges wat skeef opkyk.

Dit sluit nou aan by die akademiese benadering tot die hele populre karnaval van klanke - maar dt los 'n mens vir die ouens in die ivoortorings en kloosters wat nie veel beter het om met hul lewens aan te vang nie. 'n Eindelose getjommel oor presies hoe benvloed die dieptesielkunde van starstruck donsdosies (van albei geslagte) en die korporatiewe mentaliteit die status van 'n kunstenaar en sy/haar werk? Waar sal 'n mens (op)eindig as jy die begrip rock chick sou dekonstrueer? Kan musiek die grense tussen verskillende sosiale groepe oorsteek? Wat is die rol van popmusiek in 'n multikulturele, postmoderne, globaliserende wreld?

Moet dus nie te veel pogings tot intellektuele selfbevrediging in hierdie rubriek verwag nie; daar is ander mense wat meer bevoeg is om daardie vuilwerk te doen.

Die populre musiekbedryf in die 21ste eeu het so 'n deurmekaarspul en by tye 'n sirkus geword dat g'n mens op sy eie sin kan maak daarvan nie. Daarom het ek 'n klomp vriendinne op wie se insigte ek altyd kan steun. Van die Afrikaanse pop (die een in die FAK-sangbundel wat begin: "Die wreld die is baie groot, dit weet die aap se stert") se dienste maak ek nie gebruik nie, maar ek ken darem 'n paar rock chicks, asook 'n soft pop chick, 'n adult contemporary chick, 'n hard rock chick, 'n psychorock chick, heavy metal chick, acid metal chick, death metal chick, grind metal chick, industrial chick, post-industrial chick, garage chick, house chick, deep house chick, chill house chick, lounge house chick, R&B chick, funk chick, soul chick, glam chick, stamp chick, Britpop chick, sokkie chick, Dixie chick, jazz chick, reggae chick, kamermusiek chick, buitekamermusiek chick, slaapkamermusiek chick, dancehall chick, ska chick, punk chick, goth chick. Waar ek dus vasbrand, of pogings tot ewewigtigheid gekortwiek word deur eie voorkeure en smake, kan ek altyd op my vriendinne se knoppies druk vir ingeligte, weldeurdagte, goedgeartikuleerde menings.

Hierdie inleiding was om die tafel te dek vir wat gaan volg in Sound Bites. Ek glo nie die woord van 'n resensent het dieselfde gewig as die woord van Moses nie - en in baie gevalle mag die woord van 'n resensent straks ook nie dieselfde gewig h as di van Britney Spears se brein nie. Dis alles relatief. Daar gaan in Sound Bites gekyk en geluister word na nuwe CD's en musiek-DVD's en dis waaroor verslag gedoen gaan word hier. Partykeer is die byt nie 'n lovebite nie, maar dalk di van 'n vlermuis, 'n by, 'n slang, 'n Europop-sangeressie met 'n perdebylyfie, of 'n postalternatiewe goth chick. Dit is ook die soort byt wat jy iewers in die middel van die nag opdoen op 'n dansvloer, of op 'n strand sonder jou klere, of in 'n kroeg wat tussendeur die grootskermsport net The Best 80's Album in the World Ever speel. Daar is baie ander omstandighede waaronder 'n mens hier 'n byt toegedien kan word, en natuurlik ook deur heelwat ander verskynsels, entiteite en lewende of nielewende wesens.

CD VAN DIE MAAND

David Byrne: Grown Backwards (Nonesuch Records)

Byrne is 'n totaal unieke kunstenaar wat al sedert hy meer as twintig jaar gelede 'n klomp onsterflike CD's saam met The Talking Heads gemaak het, ook as solokunstenaar met elke nuwe uitreiking iets vars en anders bied, al is daar steeds eggo's van vroe werk. Hy eksperimenteer telkens met nuwe style, ritmes en klanke. Hy is ook een van daardie ouens wie se lirieke as volbloed poetry kan deurgaan. In die stories wat hy vertel, is daar telkens suggesties van 'n sublieme surrealisme en absurditeit, en wanneer dit kom by sosiale kommentaar, kyk Byrne met 'n ander oog as die meeste ander kunstenaars - luister byvoorbeeld na "Ms America" op sy album Feelings.

Ek het nie 'n idee die hoeveelste solo-album van Byrne Grown Backwards is nie, want hy is ook die heeltyd betrokke by die skryf van klankbane vir multimedia-teaterproduksies, rolprente en ballet, waarvan sommige op CD uitgereik is. Die ander solo-CD's van Byrne wat my kleintoontjies al onwillekeurig laat kronkel het van plesier, en na al die jare steeds doen, is Rei Momo (1989), The Forest (1991), Uh-oh (1991), David Byrne (1994), Feelings (1997), en Look into the Eyeball (2001). En ek weet selfs as ek eendag tagtig is en op die ouetehuis se stoep na hierdie CD's luister, sal dit my steeds eindelose plesier verskaf.

Op die amptelike mediaverklaring vir Grown Backwards, wat ook op sy webwerf, www.davidbyrne.com, gelees kan word, word uitgewei oor al die interessante wendings wat Byrne se musiek al die afgelope dertig jaar geneem het. Volgens die anonieme skrywer het die Talking Heads ontwikkel van "egghead-rockers" tot 'n "funk orchestra" (in di konteks is 'n "orchestra" beslis iets anders as 'n "orkes").

Uniek en ongewoon is die beste woorde om Byrne se werk mee te beskryf. Op Grown Backwards sing hy selfs "Un di Felice, Eterea" uit La Traviata in Latyn (wat ook gehoor kan word in die fliek Dirty Pretty Things) en George Bizet se "Au Fond du Temple Saint" in Frans saam met Rufus Wainwright. Op Byrne se webwerf kan mens lees hoe die korporatiewe kokkedore van sy platemaatskappy hul fondamente amper toegekraak het toe hulle gehoor het wat Byrne wou aanvang en amper geweier het om die album uit te reik. Toe hulle egter die finale resultate hoor, was hulle weggeblaas, want Byrne is slim genoeg om musiek soos di nie so te gebruik dat dit klink soos wat 'n mens sou verwag dit tradisioneel klink nie.

Die ander 13 liedjies is ook elkeen van net die hoogste gehalte. Byrne boul 'n mens elke keer uit met sy keuse van materiaal, sy eksperimente met ritme en hoe hy met klank kan toor - van "The Man who Loved Beer", "Tiny Apocalypse" en "Dialog Box" tot "The other side of this life", "Pirates" en "Civilization" is daar nie een enkele insinking op hierdie CD nie. Besliste waarde vir geld.

DVD VAN DIE MAAND

John Lydon: The Best of British #1's (EMI)
Klik op dvd en koop dit nou!

Met 18 liedjies word in musiekvideo's en verfilmde konsert-optredes op hierdie DVD 'n boeiende oorsig gegee oor die veelbewo loopbaan van die man wat as Johnny Rotten ons in die punk-jare so laat lekkerkry het saam met The Sex Pistols. Die eerste twee liedjies is hoeka die pistole se "Anarchy in the UK" en "God Save the Queen" (opgeneem in onderskeidelik 1976 en 1977). Hier gaan die bloedjong Lydon met stokstywe o soos 'n mal ding te kere en maak die eienaardigste, eweneens stokkerige bewegings. 'n Verrassing is om te sien hoe die ander lede eintlik na heel ordentlike, onskuldige skoongesig-knapies gelyk het.

"Anarchy in the UK" en "God Save the Queen" is natuurlik twee groot punk classics - anargie op sy rouste, waarin Rotten 'n lekker ou toffie en middelvinger wys vir die establishment, regerings en die ho lui in die ivoortorings. Die DVD skop dus op net die regte noot af - 'n lekker gatskop, ja - en dek die tafel vir die pad wat Lydon geloop het nadat The Sex Pistols ontbind het.

Die grootste deel van die DVD bestaan uit die musiek van sy volgende groep, PiL (Public Image Limited) - onder meer die ongesensorde weergawe van "The Body" (wat in 'n mediese sentrum opgeneem is en sensitiewe kykers mag gru), asook "World Destruction" (saam met Time Zone) wat begin met 'n toespraak deur Ronald Reagan op TV oor die koms van armageddon. Die groot treffer "Rise" is ook daar, asook ander soos "Death Disco", "(This is not a) Love Song", "Bad Life", "Seattle", "Don't Ask Me" en "Cruel". Die video van Lydon se onweerstaanbare duet met Leftfield se "Open Up" is ook hierop, asook 'n puik animasievideo van sy solotreffer "Sun".

Die ekstras is twee opnames van The Sex Pistols wat "Pretty Vacant" en "Bodies" by groot konserte tydens hul renie-toer in 1996 sing en een waar PiL Silver Machine sing by 'n konsert.

The Best of British bied stewige vermaak wat reeds geswore aanhangers in vervoering sal h, en ook nuwelinge kan bekeer (as hulle net eers leer om gewoond te raak aan Lydon se snaakse stem). Dis interessant om te sien hoe hy deur die jare verander het soos hy ouer geword het. En dit bevestig opnuut nie net dat The Sex Pistols legendaries is nie, maar ook dat die musiek van PiL daarna nog meer avontuurlik was en 'n mens ook nooit van hulle moet vergeet nie.



LitNet: 24 Januarie 2006

Wil jy reageer op hierdie sound bite? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

  • Klik hier vir nog Sound Bites

    to the top / boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.