SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Verwisseling

Neil Cochrane

vir Gerhard

In Oktober verruil sy haar vaalheid
vir lilapers mooimaakgoed,
dan gaan Mevrou Pretoria oorboord
in die tiende maand, in hierdie mooimaakmaand
wanneer diplomate verander in narre,
amptenare in supermodelle,
die swart kraaie van die regbank
in dartelende vlinders.

maar net jou pa sien dit
net hy leef dit,
terwyl ons probeer om verlies te rangskik,
poog om hom terug tot lewe te snoei
met pype, buise en operasieskêre.

By die graf sak `n ontydige somerbui uit:
“My pa reën nat,” sê jy terloops,
maar dit is op ons velle wat die klamheid
verdamp, ons enigste talisman,
hy proe lank nie meer ons sout
trek sy neus op vir ons bossies jammer
hou hom doof vir ons gesnik,
“omdat hul reeds oor `n kostelose ruiker beskik”.




LitNet: 23 Augustus 2006

  • Lees Neil Cochrane se eerste gedig: "Swart weduwee"
  • Terug na SkryfNet XII

    Wil jy reageer op SkryfNet XII? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.