SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Wat is SkryfNet?
SkryfNet I SkryfNet II SkryfNet III SkryfNet IV SkryfNet V SkryfNet VI SkryfNet VII SkryfNet VIII SkryfNet IX SkryfNet X

VraNet

SkryfNet XII

SkryfNet XII se inwonende digters

Zandra Bezuidenhout

Zandra Bezuidenhout is gebore en het grootgeword in die Strand. Sy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy werk onder meer as vertaler, onderwyser en deeltydse dosent, en tans as vryskuttaalpraktisyn. Later studeer sy verder aan die Universiteite van Stellenbosch en Leiden en in 2005 behaal sy ’n doktorsgraad in eietydse poësie van Afrikaans- en Nederlandstalige vroue. Sy publiseer ook kortverhale, artikels, rubrieke en resensies. Haar debuutbundel dansmusieke (2000) is met die Ingrid Jonkerprys bekroon en die tweede bundel Aardling verskyn in 2006 by Protea Boekhuis.
Wium van Zyl

Wium van Zyl is professor in Nederlands en Afrikaans aan die Universiteit van Wes-Kaapland en voorsitter van die departement. Hy was die afgelope jare gasprofessor aan verskeie universiteite in Europa. Sy MA handel oor Boerneef se poësie. Hy is ‘n doctorandus van die Utrechtse universiteit, Nederland, en het ‘n doktorsgraad oor die Nederlandse skrywer WF Hermans behaal aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy artikels gepubliseer oor om Orale Literatuur, WF Hermans, Anton Tsjechof, Willem Elsschot, Frederik van Eeden, C Louis Leipoldt, Sheila Cussons en die didaktiek van Nederlandse letterkunde in Suid-Afrika. Tans doen hy ondersoek na die verbande tussen die Afrikaanse en Nederlandse letterkundes. Hy is voorsitter van die Kaapse Forum vir Neerlandistiek. Hy het een digbundel agter sy naam, Oggendvuur (1991), en sy gedigte is onder meer opgeneem in Jan Van Luxemburg se Over Literatuur, André P Brink se Groot Verseboek, Ronel Forster en Louise Viljoen se Poskaarte, Gerrit Komrij se Die Afrikaanse Poësie in 1001 gedigte. Verhale van hom verskyn onder meer in GA Jooste se Taxi en AH de Vries se Uit die kontreie vandaan.

SkryfNet XII se digters

Die storie in jou hande

Neil Cochrane is op 23 Oktober 1978 op Klerksdorp gebore. Hy matrikuleer in 1996 aan die Hoërskool Wonderboom in Pretoria.
      Hy verwerf die grade BA (Uitgewerswese) (cum laude), BA (Hons) (Uitgewerswese), BA (Hons) (Afrikaans) (cum laude) en MA (Afrikaans) (cum laude) aan die Universiteit van Pretoria. Na ’n doseertydperk van vyf jaar aan die Departement Afrikaans aan UP is hy tans verbonde aan die Adam Mickiewicz Universiteit in Poznan, Pole waar hy verantwoordelik is vir Afrikaanse taalverwerwing en Afrikaanse letterkunde.
     Van sy gedigte verskyn op LitNet, Spilpunt, Tydskrif vir Letterkunde en Honderd jaar later: Ter viering van die publikasie van Eugene N. Marais se "Winternag" op 23 Junie 1905 (saamgestel deur Johann Lodewyk Marais).
     Hy was verantwoordelik vir die saamstel en redaksionele bestuur van ’n kortverhaalbundel, Die selfoon en ander verhale (2004), wat tans as voorgeskrewe materiaal gebruik word vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal (Graad 10).
     In 2005 word hy die uitvoerende redakteur van Lingo (www.lingo.org.za), ’n splinternuwe elektroniese tydskrif vir literêre vertaling befonds deur die Nederlandse Ambassade en die Arts and Culture Trust (ACT).


Basie Duvenhage het in die Noordwes-Kaap op ‘n plaas naby ‘n klein dorpie, Niekerkshoop, grootgeword. Hy het aan die Hoërskool Prieska gematrikuleer. Na skool die gewone, verpligte militêre diensplig gedoen en daarna studeer aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat en ook later aan die Universiteit van Suid-Afrika. Hy is die afgelope dertig jaar woonagtig te Worcester, waar hy sy eie sakebelange hanteer.
     Hy neem deel aan die belange van die gemeenskap, deurdat hy insette lewer ten opsigte van die kunste, soos om betrokke te wees by die uitbou vir die liefde vir die Afrikaanse taal. In Worcester het hulle ‘n digtersgroep waarvan die strewe is om die taal onder die gemeenskap te bevorder, veral in hulle groep: om die liefde vir die digkuns uit te dra.
     Hy skryf al baie lank gedigte, maar moes deur die jare baie skaaf en lees en mislukkings ervaar om uiteindelik die vlak te bereik het waar my gedigte aanklank vind. Die leek, die gewone leser, moet dit aangenaam vind, en graag die honger ontwikkel om nog te wil lees. Elke digter, glo hy, moet soos ‘n skilder sy eie styl ontwikkel.


Elize Parker skryf 7 romans agter haar naam waaronder liefdesverhale en familiesages en 'n tienerroman. Sy is 'n oud-Vrystater wat in Kaapstad haar brood en botter as 'n joernalis verdien. Sy skryf al twintig jaar kortverhale, novelles en vervolgverhale. Sy soek 'n nuwe skryfuitdaging en wil graag die kuns om 'n uitdagende gedig te skryf, bemeester.




Johannes Prins het in 2001 saam met 15 ander digters gedebuteer in Tafelberg se Nuwe Stemme 2. In 2002 dra hy by tot Protea Boekhuis se As die son kom oogknip en die poësietydskrif Karapaks, en in 2005 & 2006 onderskeidelik tot die tydskrif Spilpunt en Praag se "Winternag"-gedenkbundel getiteld Honderd jaar later. Hy werk tans as joernalis by Beeld in Johannesburg.



WL van der Merwe (1957) het opgegroei op ‘n plaas naby Meyerton in Gauteng. Hy behaal grade in die teologie en filosofie met lof aan die Universiteit van Stellenbosch (US) en was lid van DJ Opperman se letterkunde-laboratorium. Sedert 1997 is hy professor in filosofie aan die US en het reeds verskeie kere as besoekende professor opgetree aan universiteite in Nederland en België. Hy woon saam met sy vrou, Lettie Visser, en twee kinders op Stellenbosch.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.