SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Jou kind

Riana Wiechers

(’n Herskrywing van “Die Kind” in opdrag vir 'n onlangse Ingrid Jonkerherdenkingsaand)

jou kind word nie groot nie
jou kind lig dun hande teen die skyn van jou aanwesigheid
wat haar kindername fluister   sing die reuke
van siekte en liefde
in teaters van die sterwende hart

jou kind vou haar hande teen die algaande wegbleik
wat jou nederlaag skreeu skreeu die leemte
van onvoorwaardelike liefde
in die doodloopstrate van haar ontouerde trots

maar jou kind word nie groot nie
nog in Hofstraat nog in Vredehoek
nog in ‘n beige huis in Durbanville
nog onder aanklag van wit lakens
waar sy wegkruip met ‘n pen deur haar smart

jou kind is jou lyf se skynherrysing
op wag met ‘n glimlag wat sê dis oukei
jou kind is teenwoordig by begrafnisse en familiebyeenkomste
jou kind hoor deur jammerklanke en die oë van die wat oorbly
jou kind wat net wil deel wees êrens dryf nêrens
jou kind stom spoegwoedend plof terug in haarself      en in wyn
jou kind stuip inkrimpend bly op een plek verskyn          en verdwyn


sonder ‘n ma




LitNet: 23 Mei 2006

  • Lees die eerste weergawe van hierdie gedig: "Jou kind"
  • Lees die tweede weergawe van Riana Wiechers se tweede gedig: "Koejawels val van 'n boom op George"
  • Lees die eerste weergawe van Riana Wiechers se tweede gedig: "Koejawels val van 'n boom op George"
  • Terug na SkryfNet VIII

    Wil jy reageer op SkryfNet VIII? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.