SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Wat is SkryfNet?
SkryfNet I SkryfNet II SkryfNet III SkryfNet IV SkryfNet V SkryfNet VI SkryfNet VII SkryfNet VIII

SkryfNet VIII

SkryfNet VIII se inwonende skrywers


Johann Lodewyk Marais Johann Lodewyk Marais is op 21 Desember 1956 in Johannesburg gebore en het in 1975 aan die Hoërskool Harrismith gematrikuleer. Daarna studeer hy aan die Universiteit van Pretoria waar hy in 2001 'n D.Litt.-graad vir sy proefskrif oor Eugène N. Marais se wetenskaplike prosa verwerf. Hy het vroeër onder meer 'n M.A.-graad (cum laude) oor opleiding in skeppende skryfwerk aan dieselfde Universiteit behaal.
Marais debuteer as skeppende skrywer met die digbundel Die somer is 'n dag oud (1983), waarvoor hy die Ingrid Jonker-prys kry. Hy skryf nog vyf bundels, naamlik Palimpses (1987), By die dinge (1989), Verweerde aardbol (1992), Aves (2002) en Plaaslike kennis (2004). Hy stel ook drie digbundels saam, naamlik Groen: Gedigte oor die omgewing (1990), Ons klein en silwerige planeet: Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte oor die omgewing (1997, saam met die Amsterdamse digter en letterkundige Ad Zuiderent) en Honderd jaar later: Ter viering van die publikasie van Eugène N. Marais se "Winternag" op 23 Junie 1905 (2005). In 2003 verskyn sy eerste prosawerk, naamlik Lae wolke oor Mosambiek: 'n Reisboek.
Carl-Pierre Naude Charl-Pierre Naudé is op Kokstad in die skilderagtige maar verarmde streek Oos-Griekwaland gebore, waar sy pa 'n dokter was. Hy het hoofsaaklik in Oos-Londen grootgeword en skoolgegaan en later op Stellenbosch in die filosofie studeer. Deesdae woon dié kwasi-Griekwa in Johannesburg, waar hy vasgebrand het as 'n joernalis of sorts op 'n koppie in die kreools-Portugese suide van die stad, wat afkyk op 'n dal op die plaas wat aan Johannesburg sy naam gegee het (vernoem na ene Johannes Meyer).
As hy om 'n definisie van die digkuns gevra moet word, sal hy sê dis 'n wyse waarop die onsêbare afgeluister word.

SkryfNet VIII se digters


Cornel Judels het die lig gesien op 7 Maart 1978 in Johannesburg, vang graad in Chemiese Ingenieurswese in 2000 op Tuks. Tans woon en werk sy op die Wes-Rand en studeer Spaans by Wits. Haar voorliefdes is die liefde, Indian cuisine en rooi wyn; haar passie is reis. Sy was bevoorreg om as een van Antjie Krog en Alfred Schaffer se nuwe stemme in Tafelberg se Nuwe Stemme 3 (2005) te verskyn.


Madge du Preez is in die laat veertigerjare gebore en het in Mosselbaai grootgeword. Sy was genoodsaak om haar skoolopleiding in die Kaap (in die hartjie van Distrik Ses) te kry aangesien daar in die sestigerjare nie hoërskole vir anderskleuriges was nie. Haar pa was 'n vryskutjoernalis en het hy haar reeds op 'n jong ouderdom toegelaat om te eksperimenteer met skryf van berigte. Sy skryf haar eerste gedig toe haar pa sterf. Haar interaksie met die "tjotjies" van Hanoverstraat het haar bygebly en baie jare daarna begin sy skryf in Kaapse Afrikaans. Haar gedig "Apartheid" verskyn in Losvoor saamgestel deur Anje Krog en in Versreise (voorgeskryf vir graad 12) saamgestel deur Adinda Vermaak. Sy skryf ook kortverhale. Madge is 'n enkelouer en is vir die afgelope 20 jaar 'n Senior Fakulteitsbeampte by die Universiteit van Wes-Kaapland. Haar visie is om die leiers van die toekoms sowel as vroue met die nodige lewensvaardighede te bemagtig. Daarom het sy haar eie besigheid in hierdie rigting begin. Sy is vir alles in haar lewe absoluut afhanklik van God.

Ronel Scheffer het lank as koerantjoernalis gewerk en ook by die Instituut vir Demokrasie (Idasa), en maak 'n bestaan met redigeer- en skryfwerk. Sy het in Port Elizabeth grootgeword en joernalistiek by die U.O.V.S studeer. Sy woon in Kaapstad en is ook betrokke by gemeenskapssake. Sy skryf af en toe gedigte, al van skooltyd af, het verskeie kere in Contrast gepubliseer en onlangs in Nuwe Stemme 3 van Tafelberg.


Jasper van Zyl is in 1987 in die Paarl gebore en is tans graad 11-leerder aan die Hoërskool Hermanus, waar hy veral met Rekenaarstudie op die Hoër Graad sukkel. Sewe van sy gedigte is vroeër vanjaar in "Nuwe Stemme 3" opgeneem. Hy werk tans aan 'n manuskrip wat hy "Die Godkleur Dobber" noem. Hy is webmeester van die (eens omstrede) Afrikaanse kitaartab-webblad Kitaar My Kruis (www.geocities.com/kitaarmykruis). Die res van sy lewe is irrelevant, nietig en in effek bra aards van aard.


Riana Wiechers is 31, het op George grootgeword en hoërskool op Pretoria voltooi. Sy het taal en advertensiewese in Kaapstad studeer en tussendeur die wêreld vir 'n jaar of twee bereis. Sy werk tans voltyds en vryskut in die musiekindustrie en advertensiewese, hou van lees, skryf, reis, musiek, fotografie, interessante mense en slaap. Sy woon alleen in Kaapstad en van haar gedigte en foto's word later vanjaar vir die eerste keer gepubliseer in ISIS x 12, 'n antologie gedigte deur 12 vrouedigters, uitgegee deur Botsotso.



boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.