SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Die Prisênt

Miquette Redelinghuys

Vandag se client was weer moeilik. Allerhande funny ideas gehad, maar dit is ok oraait. Lazarus sê ek bring goeie geld in en hy het gesê as ek so aanhou, het ek dalk 'n raise voor Krismis. Ek sien weer Mary se gesiggie voor my. Sy was so bly oor daai ou pop wat Moedie een jaar by haar mêrrem gekry het. Ek het myself gepromise, toe Moedie siek geword het, ek sal sorg dat Mary se gesiggie elke jaar so lyk. Soos die Bethlehem star waarvan hulle altyd so sing voor Krismis.

Jamie mis die meeste vir Dada, maar Dada is lankal weg. Het gesê hy sal vir ons skryf en geld stuur van Angola af, maar nadat ons nou al amper vir drie jaar niks gehoor het, het ons ophou hoop. Moedie sê hy het seker lepel in die dak gesteek en dit is ten to one van al die gesteek dat hy nou vrek lê êrens. Vandat Dada weg is, het Jamie stil geword. Partykeer het dit gelyk of hy weer gesnuif het, net so in die verte gestaar asof hy dinge sien wat ons nie kan sien nie.

Van toe af moes ek maar self inspring en werk. Dit het moeilik gegaan aan die begin, maar ek het gou gewoond geraak. Dit bring goeie geld in. Ons eet goed. Ek kon vir ons mooi klere koop. Warm klere vir die winter. As Moedie nog gewerk het, sou dit beter gegaan het, maar nou lê sy omtrent die heeldag.

Ek is nogal spyt dat ek skool moes los. Ek het veral van die handwork en languages gehou. Ek het van kleins af altyd vir Mary en Jamie stories vertel wat ek self uitgedink het.

Ek sou nou Standard 8 gewees het. Ek is nou fifteen. Die kinders by die skool het altyd gepraat van vir hulle sixteenth birthday, maar ek weet nie eers op watter dag ek gebore is nie. Elke jaar accept ek maar ek is so tussen die vorige en die volgende.

Ons het darem een boek in die huis, noudat ek daaraan dink, Moedie-hulle se Bybel. Partykeer as ek tyd het, lees ek nog daarin, maar dis baie moeilik, want dis nog in hogere hollangs geskryf. Moedie-hulle het dit nog by een of ander church-meeting gekry. Die blaaie is ook al baie geskeur en geel. Dit lyk omtrent soos daai kind hier agter. Een of ander snaakse ding gehad. Heeltemal geel, gelyk amper soos 'n sonnetjie, die NP se sonnetjie. Ook baie maer, Moedie wou nie gehad het ons moet daar naby kom nie, gesê dat die kind se siekgeit haar half koekoesrig gemaak het.

Aan die begin was dit baie moeilik as ek 'n wit ou moet doen. Dit het so vuil gevoel. So asof ek iets verkeerd doen. Ek het vir Moedie gevra wat sê haar Bybel. Toe sê sy sy weet nie, want sy het nog te min gelees, maar sy dink nie dis verkeerd nie. Ek meen, ons moet eet, maar steel en moord, dis verkeerd, hoor.

Ek wonder hoe 'n soort man was Hitler, want hy het mos so baie mense doodgemaak. Dit was ook nogal vir my interessant in die skool, History. Dit het my nogal bang gemaak, die Hitler-ding. Ek meen, sê nou daar kom weer so 'n man. Jamie sê dis die zol wat my kop so dof maak.

Nou die dag het ek my amper doodgeskrik. Ek staan daar op die hoek, net so entjie van die shops af dat die koppe my nie moet vang nie. So mooi, lang, slap, rooi kar stop toe by my en ek klim toe in. Toe ek opkyk, toe is dit hy. Daai ou wat altyd so lelik van onse mense praat, die ou met die rooi hare en baard wat altyd op TV op 'n perd ry. Die een wat nou in die tronk is oor hy ons so haat. Dit was dag, maar dit het gevoel of die donkerte in my hart inkruip. Gelukkig lýk hy toe net so. 'n Meneer Foeshee. Hy was toe heel kalm en wou net talkies. Dis OK as hy net wil talkies, want hy het baie smackies gehad. Hy tel sommer die persetjies so af en hy het my heeltemal overpay. Hulle sê mos pers is sexual frustration, verskriklike groot woorde. Weet nie so lekker wat dit is nie. Het dit op die Scope gelees. Ek moes die Engelse spelling onthou. Moedie sê altyd dat mens jou woordeskat moet uitbrei sodat jy civilised klink.

Lazarus was so happy oor al die pers papiertjies dat hy sommer vir my 'n bonus gegee het en dit was nie eers naby pay-day nie. Ek is toe gou Shoprite toe, want hy het my vroeg afgegee ok. Ek verstom (mooi woord, nè? By een van die clients gehoor) my oor al die Vader Krismisse en sneeumanne en sleë en reindeer. Toe begin die liedjie speel en ek hoor die mooi woorde:

Mary's boy child Jesus Christ
was born on Christmas day
and man will live for evermore
because of Christmas day

Hark now hear
the angels sing
a King was born today
and man will live for evermore
because of Christmas day.

En ek dink aan Mary en ek weet presies wat ek wil doen vir haar hierdie Krismis. Die beste prisênt, net soos Mary in die liedjie darie Krismis gekry het.



LitNet: 06 September 2005

Wil jy reageer op SkryfNet VII? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.