SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Wat is SkryfNet?
SkryfNet I SkryfNet II SkryfNet III SkryfNet IV SkryfNet V SkryfNet VI

SkryfNet VI

SkryfNet VI se inwonende skrywers


Joan Hambidge Joan Hambidge is 'n bekroonde digter en romanskrywer, en 'n bekende resensent. Sy is verbonde aan die UK, werksaam as professor in die Afrikaanse letterkunde en direkteur van die Skool vir Tale. Haar jongste bundel, Die Buigsaamheid van Verdriet, bevat 'n keur uit haar digkuns. Binnekort verskyn En skielik is dit aand en 'n roman, Kladboek. Sy skryf tans aan 'n roman, Kopiis en 'n bundel, Vuurwiel.
Daniel Hugo Daniel Hugo is 'n spesialis-omroeper by RSG. Hy is op 26 Februarie 1955 op Stellenbosch gebore. Hy ontvang sy skoolopleiding in Windhoek en behaal die graad BA Honneurs (Afrikaans en Nederlands) aan die Universiteit van Stellenbosch. Op Stellenbosch was hy 'n lid van DJ Opperman se "Letterkundige Laboratorium". Van 1980 tot 1988 is hy lektor in die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde by die Universiteit van die Oranje-Vrystaat. In 1983 studeer hy aan die Katholieke Universiteit Leuven in België. In 1989 word 'n DLitt aan hom toegeken vir 'n proefskrif oor die vernufpoësie in Afrikaans. Vanaf Oktober 1988 is hy verbonde aan die SAUK in Kaapstad. Daniel Hugo is die skrywer van 'n hele aantal digbundels - die jongste is Die twaalfde letter (2002). Hy het doen ook vertaalwerk uit Nederlands - Liefde, miskien van Herman de Coninck en Die aanslag van Harry Mulisch is voorbeelde van sy vertaalde werk. Hy is al deur die ATKV, SAUK en Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon vir sy radiowerk. Hy is getroud met Carina Diedericks-Hugo, 'n skrywer van jeugboeke.

SkryfNet VI se digters


Cornelle Carstens is aan die voet van die Sleeping Beauty in Riversdale gebore. Sy het egter in die Vrystaat tussen die sonneblomme en donderwolke grootgeword. Haar kinderjare was van meet af aan gevul met die klanke van poësie. Daarna was dit Goudstad toe en sy verwerf haar honneursgraad in Kommunikasiekunde en kry haar lisensiaat in drama by die Akademie vir Dramakuns. Sy werk kort by 8 jaar as kreatiewe direkteur by 'n produksiehuis in Johannesburg. Nou is sy op 'n sabbatsreis, terug tussen die heide en proteas van die Suid-Kaap om saam met haar 6 maande oue seuntjie, Ethan-John, die wonder van woorde te herontdek.
Ingrid Esterhuizen is in Namibië gebore en op die Hoëveld getoë. Sy behaal 'n honneursgraad in Afrikaans en Nederlands asook 'n onderwysdiploma aan die Universiteit van Stellenbosch. Tussen Elliot se berge (Oos-Kaapse platteland) woon sy saam met haar man en twee blondekopseuns. Sy is 'n rekenaar- en taalonderwyser.
Andries Samuel het sy lewe begin in Vishoek in die Kaap. Na 'n sewentien jaar detour deur die Vrystaat, is hy terug in die kom van Tafelberg. Gedagtes en geboue is die mediums waarin onredelike verwagtings van die wêreld uiting kry. Met sy vrou en kind oorsee en sy lewe in sy bolip, wonder hy wat vir hom voorlê ...
Selwyn Milborrow is in Port Elizabeth gebore en werk as 'n arbeidspraktisyn. Het het op skool gedigte en kortverhale geskryf. "Maskers" was sy eerste kortverhaal, en "Pleidooi vir vrede" sy eerste gedig. Sy gedigte het verskyn in publikasies soos As die son kom oogknip, Weaving the Fabric, Kotaz en op die webtuiste van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit. Selwyn tree ook op by kunstefeeste en is al twee jaar lank betrokke by die Nasionale Kunstefees op Grahamstad se Wordfest.
Lindy Worth is in 1963 in die mooie Jakarandastad gebore. Op ses verhuis hul na 'n Bosveldplaas en het sy geleer van boer en droogtes, die betekenis van gebed en die lewegewendheid van groen, van die son se klopdans op 'n sinkdak en die aandlug gemeng met kruid en kraal en dou.
        Sedert haar Sekretariële kursus aan die Technikon Pta, bevind sy haar in die soutmyne van die korporatiewe wêreld en is skrywe vir haar 'n brug tussen dié bestaan op die oppervlak en 'n ander, dieper dimensie van die lewe.
        Sy bly droom daarvan om voltyds ma en vrou vir haar gesin te kan wees en van 'n BA in die Skryfkuns en die publiseer van 'n bundel.
        Net soos aan die koms van die reën, bly sy glo aan "eendag".

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.