SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Wat is SkryfNet?
SkryfNet I SkryfNet II SkryfNet III SkryfNet IV

SkryfNet V

SkryfNet V se inwonende skrywers

Herman Wasserman

Herman Wasserman is die skrywer van die kortverhaalbundels Verdwaal en Aan die ander kant van die stad. Hy het ook al verskeie verhale in versamelbundels soos Vonkfiksie en Uit die kontreie vandaan gepubliseer. Hy is die mederedakteur (saam met Sean Jacobs) van die akademiese essaybundel Shifting Selves: Postapartheid Essays on Media, Culture and Identity. Hy is in Port Elizabeth gebore en het aan die Universiteit van Stellenbosch in die letterkunde en joernalistiek gestudeer en die grade BHons Joern, MA en DLitt verwerf. Hy was voorheen kunsskrywer en boekeredakteur vir Die Burger en is sedert 2002 senior lektor in die Departement Joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch.
Kirby van der Merwe Kirby van der Merwe is 'n bekroonde joernalis. Hy is sedert Desember verlede jaar senior joernalis by Huisgenoot. Voorheen was hy joernalis en assistent-boekeredakteur by Insig. Hy debuteer as digter met Nuwe stemme 1. Klapperhaar slaap nie stil nie ('n roman) verskyn in 1999 en die opvolgroman verskyn eersdaags. Hy skryf ook kortverhale.

SkryfNet V se skrywers

Die storie in jou hande
Anna Kemp Anna Kemp is in die Vrystaat gebore en het meestal daar skoolgegaan en gestudeer. Sy het klas gegee in Duits en Afrikaans aan die Universiteite van Zoeloeland en KwaZulu-Natal. Sy woon en werk (onder meer as deeltydse vertaler) steeds in Durban, 'n stad waar Afrikaans 'n toenemende rariteit word.




MM Lombard Riekie Lombard is in 1958 gebore, beskik oor 'n BA (Hons) en woon in Kaapstad. Sy het op skool gedigte geskryf en "'n Ewige Deel" was haar eerste kortverhaal. Sy wil graag 'n boek skryf.




Liza Liza Louw is gebore in Pretoria, getoë in die Laeveld; enkelkind eerste tien lewensjare, daarna twee goue broers. Sy het ‘n driejaarkursus in Kuns en Ontwerp gevolg aan Technikon van Pretoria, later ‘n BA deeltyds deur UNISA (hoofvakke Kommunikasiekunde en Afrikaans-Nederlands). Sy het kortverhale geskryf sedert haar tienerjare en haar eerste verhaal gepubliseer op agtien. Sy is getroud met 'n Duitse goudsmid en is tans in diens van Swiss International Airlines in Kaapstad.


Nicolene Nicolene Prinsloo is in die sestigs gebore en het in die Oos-Kaap grootgeword. In die laat tagtigs behaal sy ‘n BA-graad aan UPE en verruil kort daarna die seesproei vir Johannesburg se besoedeling. In 2003 verwerf sy haar honneursgraad in Afrikaans, waarin Kreatiewe Skryfwerk een van haar vakke was. Verlede jaar debuteer sy in 'n kortverhaalbundel wat deur Aktua Pers uitgegee is. Sy neem ook vanjaar deel aan UJ se kreatiewe skryfkursus. Bedags verdien sy geld deur elektroniese interaktiewe opvoedingstelsels te ontwikkel, maar haar passie is steeds letterkunde. Sy is met 'n kunsfotograaf getroud, het drie kinders en woon tans in suburbia.

Karin Sennett Karin Sennett: Na 22 jaar van helse somerse hitte op Upington, drie kinders grootmaak, 'n jaloerse papegaai, twee honde en katte en 'n voltydse rondreisende karweier van die kinders, is skrywe haar soeke na die "original Karin" wat iewers tussen dit alles vermis geraak het. ‘n BA-graad in filosofie en tale is lankal verlore in die dorsland van 'n menopousale 44-jarige brein. Sy is lief vir lees, die donkerte van wolke en reën, die reuk van nat grond, die wonder van kinders, die "miracle" van lewe in alle dimensies.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.