SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskoolArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

NasboekTafelberg-Uitgewers

SkryfNet III se inwonende skrywers


Marlene van Niekerk Marlene van Niekerk studeer aan die universiteite van Stellenbosch, Amsterdam en Witwatersrand. Sy doseer aan die Universiteit van Stellenbosch by die Departement Afrikaans en Nederlands. Sy dig en het ’n kortverhaalbundel en roman (Triomf) op die rakke.

boontoe

Francois Bloemhof Francois Bloemhof het in die vroeë jare negentig die eerste De Kat-prys vir die beste debuutroman verwerf met Die nag het net een oog. Hy is dadelik as rillerskrywer gebrandmerk, maar het hom sedertdien, gerugsteun deur verdere literêre pryse, as onkategoriseerbaar bewys. Hy het al 23 boeke die lig laat sien. Daar is twee webruimtes aan hulle gewy: Christo se Amptelike nie-amptelike François Bloemhof-webwerf en Jaco en Ernst se oorspronklike François Bloemhof-webbladsy.

boontoe

SkryfNet III se skrywers


Trisa Hugo Trisa Hugo is gebore, en het grootgeword en gematrikuleer in Brits. Sy is baie jonk getroud, het twee dogtertjies gekry in die middel 70’s en toe op die moeilike manier haar honneurs in Sielkunde behaal, deur Unisa. Sy het lank navorsing gedoen by die RGN, maar deesdae bedryf sy twee besighede saam met haar man — ’n kwekery en ’n Verimark Franchise.

boontoe

Susan Lombaard Susan Lombaard het buite Ogies op ’n plaas grootgeword. In 1999 voltooi sy haar B-graad in Bedryfskommunikasie aan die Potchefstroomse Universiteit, asook ’n honneursgraad in Taalpraktyk en Skryfkuns. Gedurende 1998 en 1999 het sy as assistent by die ATKV-Skryfskool op Potchefstroom gewerk, waartydens sy verskeie skryfkursusse meegemaak het. Sy was in 1999 redakteur van die joernalistiek-honneursgroep se tydskrif, Greep. Tans woon sy in Centurion, en sy werk as joernalis by die ATKV se maandelikse tydskrif, Die Taalgenoot.

boontoe

Anna-Marie Radloff Anna-Marie Radloff is op Klerksdorp gebore en bevind haar in hierdie stadium van die geveg in Pretoria. As mediese dokter het sy haar “roots” gaan soek deur ’n jaar in die Angola bosoorlog te gaan heel en heul. Sy praktiseer tans as ’n privaat konsultant in Gesondheidsbestuur en Sisteem Analise. In haar vrye tyd molesteer sy mense verbaal op SêNet.

boontoe

Marita van Aswegen Marita van Aswegen woon op ’n plaas buitekant Bloemfontein. Sy het tot op datum hoofsaaklik jeugverhale geskryf en het nog geen volwasse roman of kortverhaalbundel gepubliseer nie. Daar is wel kortverhale, ’n novelle, vervolgverhaal en agterblaaie vir tydskrifte aanvaar.

boontoe

Fanie Viljoen Fanie Viljoen is gebore in Welkom en woon tans in Bloemfontein. Hy werk by Sanlam en is deeltyds besig met ’n BA-graad deur Unisa. Tussenin maak hy tyd vir skilder en skryf. Hy is lid van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging. In 1999 was hy ’n finalis in De Kat en Human & Rousseau se Vonkfiksie kompetisie. In 2000 was hy tweede in die beginnersafdeling van RSG se radiodramakompetisie. Drie van sy kort-kortverhale het ook al in Sarie verskyn. Die inspirasie vir “Wag” het gekom toe hy motorwagte dopgehou het in De Aar. Die storie is egter fiktief.

boontoe

© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.