SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskoolArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

NasboekTafelberg-Uitgewers

SkryfNet I se inwonende skrywers


Hennie Aucamp Hennie Aucamp is ’n veelbekroonde skrywer en samesteller. Hy is lank reeds betrokke by skrywersbegeleiding en het ook ’n kursus in Kreatiewe Skryfwerk aan die Universiteit van Colombia bygewoon. Sy mees onlangse publikasies sluit in Lyflied, ’n versameling kabarettekste saamgestel deur Daniel Hugo en Koerier, ’n reeks kwatryne. Hy woon in Tamboerskloof, Kaapstad.

boontoe

André P Brink André P Brink is romanskrywer, dramaturg, vertaler en literêre kritikus. Sy werk is reeds in 30 tale vertaal, en hy het al verskeie internasionale eerbewyse vir sy skryfwerk ontvang. In 1982 is hy benoem tot ridder van die Franse Légion d’Honneur, en in 1987 tot offisier van die Franse Orde van Kuns en Lettere. Hy is tans hoogleraar in Engels aan die Universiteit van Kaapstad.

boontoe

SkryfNet I se skrywers


Merle Grace Merle Grace is in 1972 in Johannesburg gebore. Sy studeer B. Prim. Ed. met Kuns aan die Universiteit van Stellenbosch en doen later ’n honneurs in Afrikaans by die Universiteit van Port Elizabeth. Sy glo in “magic” en toeval en haar gunstelingseisoen is herfs. As sy eendag “40 and famous” is, wil sy ’n gemmerkat hê.

boontoe

Jaco Jacobs Jaco Jacobs is gebore in Carnavon. Tans studeer hy Kommunikasiekunde aan die Universiteit van Vrystaat in Bloemfontein. In 1998 word hy aangewys as die wenner van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se skryfkompetisie. Hy kom ook tweede in Sarie se kortverhaalwedstryd in dieselfde jaar.

boontoe

Francois Loots François Loots het in die Karoo grootgeword en woon tans in Kaapstad. Hy het tale studeer en in die onderwys en gemeenskapsontwikkeling gewerk. Hy keer dikwels na die Karoo terug, waar die verhaal Kranskop afspeel.

boontoe

Susan Samuel Susan Samuel is gebore op Kroonstad in 1977 en sy matrikuleer in Kaapstad. Sy voltooi ’n B.A.-graad aan die Universiteit van Stellenbosch in Afrikaans en Nederlands, Filosofie en Engels. Twee van haar kortverhale word opgeneem in Kwela-Boeke se hoërskoolkortverhaalbundel: Another kind of One Nation. In 1997 wen sy die Stellenbosch SR-skryfkompetisie se ope-afdelig in prosa. Tans studeer sy Joernalistiek op Stellenbosch.

boontoe

Hanni van den Heever Hanni van den Heever is op Nieuwoudtville gebore en het op Piketberg grootgeword. Sy ontmoet haar man in Kaapstad, en vertrek later saam met hom na Skotland vir ’n jaar. Kort na haar terugkoms skryf sy voltyds in by die Universiteit van Kaapstad en verwerf ’n meestersgraad in Afrikaans en Nederlands. Sy woon in Rondebosch.

boontoe

© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.