SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Tweede verslag - SkryfNet IX

Eben Venter

Klik telkens op die digter se naam om die verslag te lees:
Johann Crafford: "Wanneer sondes jou inhaal"
Theo Kemp: "Die naweek weg"
Janet Maree: "'n Blom vir Jessie"
Carina Stander: "Bloed, Sweet, Speeksel"
Santa Topham: "As ek nou aan my knie lek"


Johann Crafford: "Wanneer sondes jou inhaal"

Wat kan mens nog oor diť verhaal sÍ? Dis ín soort huil-jouself-vanaand-aan-die-slaap storie. Volkome onpretensieus. Daarom, met al sy afgesaagde uitdrukkings en die toevoeging van “einde” aan die einde – wat ek heerlik en grappig vind – werk die verhaal vir my.

Dit ís by tye snaaks, of die skrywer dit nou so bedoel het al dan nie: rou kreet en ’n gekners van tande is nou ook nie om van te huil nie!

Crafford het daarin geslaag om meer sappige gegewens by te voeg, en ek dink die leser vir wie die verhaal bedoel is, gaan daaroor en verál daaroor dalk met my saamstem: die verhaal doen iets aan jou!

“Prinses, roep gou jou ma, asseblief” en“Mads, gaan maak vir ons koffie” – sulke dialoog is goed “afgeluister”. Crafford kan die voorafgaande dialoog, veral die bekendstellingstoneeltjie tussen Danielle en die hoofkarakter, ook meer sout en peper gee.

Ditto met sommige van die ritse byvoeglike naamwoorde: warm en sensitiewe gevoel in sy mik kan treffend verdig word tot: die hitte in sy mik. En so aan.

Loslyf, Sarie of die destydse STET? Crafford se invalshoek bepaal sy mark! En daar is een. Dit klink vir my of hy dit geniet om te skryf. En juis so. En dit maak al klaar ’n boel sin.


Theo Kemp: "Die naweek weg"

Theo Kemp het met vrug aan sy verhaal gewerk. Die verhaal is meer gedrewe en die sinistere motief van die twee vroue is nou van die begin af duidelik. Die skrywerskarakter, vir my die interessantste, kom ook “duideliker uit die verf”. Die openingsparagraaf is opgeknap en het my onmiddellik binnegehaal. Sommige van die dialoog is gevat en bytend. Die laaste twee paragrawe is nou nog meer boeiend omdat dit aansluit by die voorafgaande.

Kemp kan egter nog heelwat hersien en redigeer. Die verhaal kan op baie plekke gesnoei word. Sinne kan kragtiger en bondiger gestel word. Ek verwys byvoorbeeld na die openingsparagraaf. En spesifiek na die tweede paragraaf, met sy nogal lompe tweede en laaste sinne. En dié een: Ek het nie nee gesê nie, want die pad was nog lank en die stilte het my ongemaklik gemaak – kan gerus saamgepers word tot: Ek het nie nee gesê nie, want die pad was nog lank, die stilte ongemaklik. En so aan.

Plek-plek skryf Kemp soos ’n Engelsman wat Afrikaans aandurf, byvoorbeeld: Veral vir die land en tye waarin ons bly.

Hy kan ook meer tekstuur aan sy verhaal verleen. Wissel lang en kort sinne af (hy doen dit soms wel). En vermy eerder die oneindigheidsaanduiding van die drie kolletjies.

Dit ís ’n verhaal met ’n boeiende gegewe. Dit kan nog beter!


Janet Maree: "ín Lied vir my Lewe" (vorige verhaal "'n Blom vir Jessie")

Hierdie verhaal van Maree is ’n verrassende verbetering op haar vorige een.

Die vertellerstem wat sy gebruik, het my dadelik oortuig. Dis ’n stem wat sterk oorkom en die leser kan die karakter uit die stem aflees. Jy’t simpatie met die vrou, sonder om in trane te wil uitbars.

Maree het ook weggedoen met die oordadigheid wat haar vorige verhaal oorversier het.

Ek sou egter tog is die klanke oor my CD-speler die vrugte en groente van my lewe snoei of vervang met ’n meer beskeie metafoor.

Die gebruik van musiektitels as ’n soort “motor” in die verhaal – meestal ironies – is slim, maar Maree kan net weer daarna kyk. Dit moet nie oordoen word nie.


Carina Stander: "Bloed, Sweet, Speeksel"

Hierdie verhaal is knap en ek het dit reeds in my vorige verslag genoem.

Nou, met die lees van die hersiene weergawe, raai ek aan om tog nog verder uit te kap en te snoei. Volgens my leen hierdie verhaal hom daartoe om gestroop aangebied te word – less is more.

In die voorlaaste deel, “Speeksel”, word daar byvoorbeeld minder oorvloedig van byvoeglike naamwoorde gebruik gemaak. So is dit vir my meer leesbaar en treffender.

Neem nou die volgende uittreksel : ... wapper vrolike vodde. Die bome is verkrom van wind, maar die blare klou halsstarrig aan die takke. Daar is net een te veel byvoeglike naamwoord aanwesig. “Wapperende vodde” is al klaar vrolik! Blare wat aan takke klou, klou aan takke en daarmee basta. En so aan.

Gaan lees weer die verhale van Raymond Carver. Dis ’n besondere dissipline om gestroop te skryf. As jy dit regkry, is jou verhaal in die kol!


Santa Topham: "As ek nou aan my knie lek"

Dié verhaal het inderdaad nou meer definisie gekry. Die sinne is helderder, meer verstaanbaar.

Teen die tyd dat die leser kom by: Toe die vrou met haar motor oor die spoorlyn van Tweeling ry ... het die wending in die verhaal nou ook meer impak.

Daar ís mooi detail in die verhaal en dit is nou meer afgeëts.

Hier is ’n treffende metafoor, en met ekonomie – kort en kragtig – geskryf: Klokslag is daar vir haar ’n klein nagmaal gekoop van rooi koeldrank en Wilsontoffies.

Ekonomies is ook ’n sin soos dié: Nie ’n kartonbord nie, maar verf op blik.

Van hierdie woordekonomie kan daar nog meer gebruik gemaak word. In sommige paragrawe word te veel herhaal, byvoorbeeld in die eerste vier paragrawe; ook in die twee paragraaf op p. 2, en in die vierde paragraaf op p. 5.

In laasgenoemde paragraaf is die selfbesinning van die karakter ’n belangrike toevoeging, maar dit moet bondig gehou word.

Ek sou wegdoen met sulke “akademiese” skryfwyses soos: gegroet met ’n soen en/of ’n handskud.

Topham kan weer elkeen van haar sinne met aandag lees, dan weeg en oor-weeg en so vasstel hoe sy haar beelde (hou hulle eenvoudig) en gedagtes so helder en bondig moontlik kan weergee. Ek verwys byvoorbeeld hier na ’n sin soos: Sy sou selfs tevrede gewees het as Oupa self haar nie kom optel uit hierdie ellende nie.

Die verhaal het ’n soort melancholiese atmosfeer. Hierdie atmosfeer kan met verdere hersiening nog eenvoudiger, maar kragtiger aan die leser oorgedra word.



Klik hier vir algemene wenke
Klik hier vir Eben Venter se eerste verslag
Klik hier vir Abraham H de Vries se eerste verslag
Klik hier vir Abraham H de Vries se tweede verslag
Klik hier om die gedigte te lees


LitNet: 19 Julie 2006

Wil jy reageer op SkryfNet IX? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / terug


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.