SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Eerste verslag - SkryfNet IX

Eben Venter

Klik telkens op die digter se naam om die verslag te lees:
Johann Crafford: "Wanneer sondes jou inhaal"
Theo Kemp: "Die naweek weg"
Janet Maree: "'n Blom vir Jessie"
Carina Stander: "Bloed, Sweet, Speeksel"
Santa Topham: "As ek nou aan my knie lek"

Johann Crafford: "Wanneer sondes jou inhaal"

"Nog 'n dubbel-Bells, asseblief. Met ys en water." Dis sy tweede van die aand en hy weet hy moet hierna ophou en huis toe gaan waar sy vrou en twee kinders op hom wag. Dis reeds nŠ sewe en hulle sal binnekort bekommerd begin raak. Hy's in die week selde later as halfsewe by die huis.

Madeleen sal nou die horlosie begin dophou en haar en die tweeling se ore sal gespits wees vir die klanke van die elektriese garagedeur en sy motor. En Boesman, sy getroue labrador, sal in die kombuis voor die deur lÍ wat na die garage lei en wag op sy oubaas.

Maar hy sien nie kans vir die huis nie. Nie nou al nie. Jaco van Jaarsveld is gefrustreerd. Gefrustreerd eEn gatvol. Vir die saaiheid van sy lewe. Werk, slaap, werk, slaap, vyf dae aanmekaar. En dan tuin en kerk die ander twee dae. Dis soos sy lewe verloop. Al baie jare al. Hy mis 'n bietjie opwinding.

Die frustrasie het so 'n paar jaar na hul troue begin. En stadigaan het dit erger geword. By tye wil hy ontplof daarvan en dan haal hy dit op die arme Madeleen uit. Ander tye aanvaar hy dit maar gelate en gaan met sy saai lewe aan.

Hy weet hy moet hieroor praat met iemand. Met Madeleen, hul predikant, 'n sielkundige. Maar hy kom nooit sover nie.

Madeleen is eintlik 'n goeie vrou, dink Jaco by homself toe hy die eerste sluk van die tweede whiskey neem. Hulle het net 'n gewoonte geword. Soos so baie ander paartjies. Daar's niks opwindends, romanties meer in hul huwelik nie. Ander vrouens het al hoe meer begeerlik begin lyk.

Hy kyk om hom rond in die kroeg met sy sagte beligting. Oral is mans en vroue besig met die spel van verleiding. Hy wonder hoeveel van hulle is getroud. Hoeveel se eggenotes, se gesinne, sit soos syne alleen by die huis en wag.

Hy het Madeleen nog nooit verneuk nie. Dit was al 'n slag of wat so hittete. Maar as 'n vroumens hom vanaand 'n skewe kyk gee, is sy in die moeilikheid!

Jaco vat nog 'n sluk whiskey en kyk weer 'n slag om hom rond. Dan vang sy oog 'n donkerkopvrou heel aan die ander kant van die kroegtoonbank. Sy glimlag vir hom en hy glimlag terug.

Hy vat weer 'n sluk whiskey en loer dan so onder sy wimpers deur in haar rigting. Ja, sy kyk steeds vir hom. Lyk ook glad nie sleg nie. Hy wonder of sy alleen is of miskien vir iemand wag.

Nog 'n sluk whiskey en nog 'n onder-die-wimpers-deur-loer. Sy hou hom steeds dop. Jaco weet hy is taamlik aantreklik vir vroue. Hy word dit gereeld vertel. En hy trek netjies en smaakvol aan. Vrouens hou van 'n man wat suksesvol lyk, sÍ Madeleen gereeld vir hom.

Hy gooi die laaste mondvol in sy keel af, loer weer 'n slag na die donkerkop en bestel sy derde whiskey. Dan, op die ingewing van die oomblik, sÍ hy vir die kroegman: "Sien jy daai donkerkopvrou aan die ander kant van die kroeg?" terwyl hy met sy kop in daardie rigting wink.

"Ja," sÍ die kroegman.

"Gee vir haar waarvan sy drink en sÍ dit kom van my af. Met komplimente."

Die kroegman doen so en tot Jaco se verbasing, en vreugde, staan die donkerkop op en stap om die kroegtoonbank na hom toe met haar glas in die hand. Hy haal vinnig sy trouring af en steek dit in sy baadjie se binnesak.

"Hello en dankie vir die drankie," sÍ sy toe sy reg langs hom stop. "Ek is Danielle. Gee jy om as ek by jou aansluit?"

"Glad nie. Ek is Jaco."

Hulle skud blad en sy gaan sit dan op die hoŽ kroegstoeltjie langs hom sodat haar regterknie teen sy linkerbeen druk. Sy is baie aantreklik, in haar middel-dertigerjare, en dra 'n swart pakkie met 'n korterige rompie en oop hoŽhakskoene.

Pragtige bene, dink Jaco, sexy lyf, en hy voel hoe die eerste tinteling van die jag teen sy ruggraat afnael terwyl die bekende gefladder in die maag die adrenalien deur sy are jaag.

"Is jy van Kaapstad?" vra hy.

"Nee, Johannesburg. Ek's hier op besigheid en om 'n paar ou skool- en varsity-vriende te verras. Ek neem aan jy's plaaslik."

"Ja, gebore en getoŽ. Wat doen jy?"

"Ek's in eiendomsbestuur. Ons, dis nou die maatskappy vir wie ek werk, het kommersiŽle en nywerheidseiendomme regoor die land en ek is verantwoordelik vir hul bestuur. En wat doen jy?"

"Nee wat, niks so fÍnsie nie. Ek's 'n chemiese ingenieur by 'n oliemaatskappy." En dan die brandende vraag: "Is jou man tevrede dat jy so op jou eie die land vol reis?"

"Ek's geskei. Al drie jaar. En jy?"

"Ook so," lieg Jaco, en dan verander hy die onderwerp. 'n Uur of so later bereik die eerste gedeelte van die voorspel 'n einde toe die gesprek oor die alledaagse - elkeen se agtergrond, die politiek en sport - sy einde bereik.

Die glase word vir die hoeveelste keer gevul en die voorspel betree fase twee. Die gesprek raak meer intiem en begin gepaard gaan met die fisieke flirtasie - 'n speels ge-oor-en-weer-aanrakery wat mettertyd oorgaan in 'n meer doelgerigte aanraking. Hy sit sy hand op haar kaal been en gee dit 'n drukkie. Sy vat aan sy arm, aan sy hand, langer as wat nodig is. Heelwat langer.

"Danielle, verskoon my gou vir 'n minuut. Ek wil net 'n afspraak kanselleer," lieg hy vir die soveelste keer.

"Oukei, maar maak gou."

Hy glimlag van oor tot oor. Die glimlag van 'n tienerseun wat pas sy eerste rÍrige soen gekry het, so 'n nat volmondeen.

In die badkamer skakel hy sy huis.

"Hello, Pa, waar's jy?" vra sy dogter.

"Ounooi, roep gou jou ma, asseblief."

"Maar waar's jy?" vra sy bekommerd.

"Ag, jong, ek het vasgeval met 'n paar kollegas van die werk en sal laat by die huis wees. Roep gou jou ma."

"Sy's in die bad, Pa. Ek sal vir haar sÍ. Ry versigtig, hoor."

Jaco antwoord die roep van die natuur en stap terug na waar Danielle vir hom wag. Hy het pas gaan sit toe sy afhaak: "Kom ons gaan gesels verder in my kamer. Ek het 'n mini-kroeg. Dis een van die voordele van die werk - vyfsterverblyf."

Jaco volg haar tot in die hysbak. Toe die deur agter hulle toegly, gooi sy haar arms onverwags om sy nek en soen hom met al die opgekropte seksuele energie tot haar beskikking terwyl sy haar liggaam styf teen hom druk. Hy herstel blitsvinnig van die aanvanklike skok en soen haar met mening terug. Oopmond. Wellustig.

In die weelderige kamer op die sewende verdieping met sy pragtige uitsig oor Tafelbaai word daar nooit van die kroeg gebruik gemaak nie. Jaco en Danielle is reguit bed toe en terwyl hy alle gedagtes aan sy vrou en kinders uit sy kop dwing, gee hy homself oor aan sy eie opgekropte wellus en frustrasie.

Dis eers nŠ drie die volgende oggend dat Jaco stilletjies en soos 'n skelm by sy huis insluip. [stilletjies, skelm, sluip - jy kan net een van die drie behou] Almal slaap reeds en hy glip saggies langs Madeleen in die bed. Met 'n sug van genoegdoening raak hy aan die slaap.

"Opstaan, laatslaper. Dis al byna nege-uur en die tuin wag," sÍ Madeleen en gee hom 'n soen op die voorkop. "Oe, jy stink soos 'n brouery! Ek hoop die kopseer is die moeite werd."

Dis 'n uur later en Jaco is besig in die tuin. Dan lui die voordeurklokkie. 'n Paar minute later kom Madeleen by die agterdeur uitgestap en sÍ opgewonde: "Jaco, jy sal dit nooit glo nie. Iemand wat ek laas op universiteit gesien het, het kom kuier. Kom dat ek jou voorstel."

Dan kyk hy op Ö vas in Danielle.

Aantekeninge

Hierdie verhaal het iets en kort iets.

Die 'iets' wat aanwesig is, is die eenvoudige, onverdoeselde manier van vertel. Daar sit die ou in die kroeg (moet hy regtig 'n naam gegee word, en dan boonop nog so 'n allitererende een?) en die leser weet onmiddellik hy's sat vir sy konvensionele vrou, kind, huis en honde-lewe. Hy hang uit vir aksie.

Wat kort in die verhaal is diť aksie. Die rou emosie, die reuk van spoeg, die lou sweet tussen die dye, die gil uit die pens. Hoe voel die ou diep binne in sy maag, hoe kriewel dit in sy mik as die optelvrou 'langer as wat nodig is aan sy hand raak?'

Crafford wŪl die lyflike gevoelens beskryf met 'Oopmond. Wellustig,' maar ek dink hy kan meer oorspronklik as dit wees. Hoe voel die ou se lyf as hy om 03h00 by sy huis aankom? Wat van daardie donkerbruin koffiegevoel in die mond waarvan Eartha Kitt sing?

Die leser wil meer weet oor hoe die ou na hierdie bevrydende ervaring voel: in sy kop, maar ook in sy lyf. Wat van die vrou se reuk wat nog aan hom kleef? Ruik hy dalk vir oulaas daaraan? Crafford moet skryf soos 'n man wat al die ervaring deurgemaak het. Wat gaan in sy kop aan as hy vir sy dogter oor die telefoon lieg? Die protagonis moet meer soos 'n regte mens van bloed en vlees en drang en konflik geskets word.

En wanneer hy langs sy vrou in die bed glip, maak sy dalk 'n geluid of gebaar - dit mag die kleinste van geluide of gebare wees - wat iets van haar bewussyn oor sy laatnag verraai?

Indien hy sy verhaal met sulke rouheid ťn aksie opwarm, het hy dalk nie eers daardie ietwat 'corny' einde nodig nie. Of dan word die einde dalk juis minder 'corny'. En die talle geykte uitdrukkings wat hy wel gebruik (en dit mag, hoor), sal dan 'n ironiese oorlagie aan die verhaal gee. Bv. 'hy lag van oor tot oor' sou net na sy oproep aan sy dogter gebruik kon word eerder as waar dit nou staan.

Net nog iets oor die slotsin: dit sou ook gered kon word deur dit in veel kragtiger woorde te ver-taal. Dit moet 'n skok wees wat soos 'n mes dwarsdeur hom sny. En miskien, miskien, gewaar sy vrou iets van die skok wat deur sy lyf tril.

Van mans en vroue in stomerige, laatnag kroeŽ en in kliniese, maar sexy hotelkamers is daar al baie stories gemaak. Annie Proulx doen dit uitstekend met haar hardgebakte (hardboiled) manier van vertel in Close Range, Wyoming Stories. En Crafford kan ook gerus kyk hoe beskryf JD Salinger 'n man en 'n optelvrou (in die geval is dit die vrou van sy beste vriend - daar is dus, nes in Crafford se verhaal, ook 'n element van skuld aanwesig) in sy kortverhaal: Pretty Mouth and Green My Eyes.

Kyk nou sommer na die sin van Salinger as voorbeeld van sensuele skrywe: "and he slipped his hand under the girl's supporting arm, above the elbow, working his fingers up, making room for them between the warm surfaces of her upper arm and chest wall."

Hou aan skryf! Skryf uit die hart en die derms. Hersien en hersien en hersien x 5.


Theo Kemp: "Die naweek weg"

Die meisie wat weier om aan haarself te erken sy is lesbies en die vrou in wie se baarmoeder geen saad kan groei nie, is susters en het ingestem om saam te gaan op die staptoer. Die vrou, Madeleine, is die redakteur van ‘n bekende dagblad en ek, Dieter, ‘n relatief bekende Afrikaanse skrywer. Madeleine se suster, Anne, probeer haar M in Ingineurswese
[Ingenieurswese]voltooi.

Toe ek voorstel dat ons die naweek moet gaan stilte soek ver uit anderkant die stad se gewoel, kon ek sien Madeleine kon haar al die hele naweek voorstel. [Die dubbele ‘kon’ is hinderlik. Wat van: ... kon ek sien Madeleine het klaar haar hele naweek beplan] Sy sal haar skootrekenaar saamneem om te probeer inhaal met e-posse en dinge waarvoor sy gewoonlik nie tyd kry nie. en Dieter Die [die] Skrywer sal vir lang ente aaneen gaan stap om nog een of ander irrelevante [‘een of ander’ het al reeds die gevoelswaarde van ‘irrelevant, en die verkleinwoord van boek is daarby meer as genoeg om vir die leser te sê wat bedoel word] storie uit te dink waaroor hy ‘n boekie kan skryf. [en hulle albei verveeld kan rondstaan by die bekendstellingsfunksie. ... die laaste deel van die sin is nie eers nodig nie.]

Maar nee, Dieter Die Skrywer wou stilte soek[,] nie om stories uit te stap nie. Ek het twee van my vriende Dirk en Matthys saamgenooi en my swanger suster Dalene en haar man Thomas.
“We could all go with me, you know,” [You could all go with me OF We could all go in my car] het Thomas onmiddellik voorgestel toe ek hom bel en verduidelik dat die naweekhuis redelik diep op in die Cederberge is. Thomas is ‘n intekenaar van alle beskikbare naweekwegtydskrifte en sy 4X4 weet al presies hoe om enige ongerepte pad aan te durf.

Die pad is baie goed aangedurf en skaars buitekant Malmesbury het ek vir elkeen ‘n bier aangebied. Net Thomas wou nie drink nie, uit empatie vir Dalene. Teen donker was ons reeds naby aan die plek waar ons moes wees. Ek het stilgehou om water af te slaan. [daar word dikwels van woorde soos ‘fok’ en ‘kak’ gebruik gemaak, sou Dieter nie eerder sommer (soos hier onder) sê: Ek het stilgehou om te pis. Wat betref sterk woorde: wees versigtig daarmee. So ‘n woord kan doeltreffend ingespan word, maar dit moet ook nie in die leser se keel afgedruk word nie.]
“Fok, kan ons nie maar net aanry nie,” wou skoonsus weet. Toe het ek vermoed hier kom moeilikheid. [Die intrige wat hier geïnsinueer word, word nie genoegsaam uitgewerk nie. Sien ook my aantekening heel onder]
Vroeër het ek gesien sy en Dirk het gepraat oor haar gunsteling skrywer, Tim Robbins. [Tom Robbins? Of moet dit "Tim" wees?] Matthys, het ek uit die hoek van my oog gevang, het so nou en dan met sy hand aan Dirk se binnebeen gestreel. [Wat van: Uit die hoek van my oog kon ek sien hoe Matthys Dirk se binnebeen streel] Anne sou dan frons en ‘n ruk neem voordat sy verder vertel. Moontlik het dit haar geïrriteer. Dalk ook nie. Vandat sy besluit het dat ek die kak in die verhaal is,[ek hou van die sin. Dit laat Dieter mooi uit die verf kom] is dinge nie meer wat dit was nie. Eers kon ons, toe ek finale jaar in joernalistiek was en sy ‘n sukkelende derdejaarstudent, Vrydaemiddae ‘n cort[quart] bier gaan koop en vir ure lê en stront praat het in die park. Daar was nooit iets nie, maar tóg. Dit is ook deur haar wat ek Madeleine ontmoet het.

Die eerste aand het almal vroeg gaan slaap. Thomas het die vuur gemaak.
“You know you boertjies darem,” het hy gespot, “always first to tell that you know how to party. Now…”
Almal het moeg rond gesit en nie veel gesê nie. Dalene het gaan slaap, Madeleine het ‘n werksoproep gehad en dit het gevoel soos ure wat sy in die karige kombuis staan en praat. Toe ek opstaan om nog wyn in te skink, was net Matthys in die kombuis, besig om CD’s om te ruil.
“Waar is Madeleine?” het ek gevra, waarop hy net sy skouers gelig het sonder om op te kyk van die CD’s.
“So jy sê dit gaan goed met die werk?” het ek geselskap gesoek.
“Ja, kak en hare eintlik, maar ons cope,” of so iets, het hy gesê voordat hy die Café del Mar-CD opgesit het en voor my kom staan het. (Het ek my verbeel, of was dit nader as wat ek gedink het nodig was?)
“So sê jy eerder vir my, wat is aan die gang.”
“Met wat?”
“My fok Dieter…”
Met dié kom Anne ingestap.
“Shit, wat is daai kakkerige boek van daai Afrikaanse skrywer wat die eerste keer oor seks basically geskryf het.”
Anne het nooit iets goeds te sê oor Afrikaanse skrywers nie. Nog elke boek wat ek geskryf het, wou ek aan haar opdra.[Elke boek wat ek nog geskryf het, wou ek aan haar opdra]
“Watter een? Daar is deesdae baie van hulle?” het ek flouerig probeer. Matthys het ‘n sigaret opgesteek en uitgeloop.
“Man ag fok, ek het vergeet, maar anyway jy moet hoor die kak wat die mense buite praat. Ons is nes daai boek oor die vriende wat weggaan vir ‘n naweek en dan mekaar soort van leer ken.”
[Die gesprek wat twee paragrawe en twee tye oorspan, werk goed. Sulke ‘kortpad’ tegnieke kan met sukses in die kortverhaal aangewend word.]
“Then again,” het sy vroeg die volgende oggend die gesprek voortgesit, “ons is ook nie heeltemal so nie. Ek dink ons is pretty much bland sonder genuine vriende.”
Hoekom het ons nie vriende nie? het ek al dikwels vir Madeleine beskuldig. En haar antwoord sal wees dat waar moet ons die tyd kry om werklik vriende te maak. En dat dit vir jong getroudes in die stad moeilik is om vriende te maak.
“Hoekom de fok het ons nie vriende nie, Dieter? Ek weier om te glo dat op 34 my enigste vriende my familie is. Ek weier om te glo dat my lewe verby voel vlak in die dertigs ,”
“Oe girl,” kom Dirk al hoesend op die stoep opgestap, “jy is so beautifully melodramatic. Jisses kykie view mense. Jy moenie kak praat nie, jy is bevoorreg. Jy het ‘n stunning personality, jy …”
“Fokkof Dirk.”
“Anyway, kyk net die mountains. So mystic jy weet.”

Dirk is ‘n drama queen en ‘n stereotipe en trots op dié labels wat hy dra sonder om daaroor om te gee. Dirk het teen die stoepreling gelê sodat jy nie anders kan as om sy gat te sien nie. Nie sleg vir ‘n vrou nie. [Nie duidelik wat met die sin bedoel word nie. Dat Dirk se boude sensueel is, mooi vir ‘n vrou om na te kyk?]

Madeleine het tot die middag geslaap. Ek wou haar eerder nie wakker maak nie. Dalene het die kaarte uitgehaal toe die wolke later begin saampak het. Sy het dit uitgedeel tussen my en haar, Thomas en Matthys. Dirk wou nie speel nie, want hy hou nie van kaart-games en bordspeletjies nie. “Ek verloor altyd” , was sy skamerige antwoord. Wat nogals ‘n vreemde reaksie was. Dit was vervelig sonder Dirk. Dalene het kaart gespeel sonder om werklik op te kyk. So nou en dan leun sy terug in die stoel en sug swaar. Haar maag ongemaklik groot langs haar. Haar oë effens hartseer. [‘soort van’ in dialoog is in die haak. Maar as direkte vertaling van ‘sort of’ krap dit in ‘n beskrywing.]
“Is jy OK?” het ek die vorige aand gevra toe ons een keer alleen in die gang tussen die kombuis en die badkamer gestaan het.
“Hoe bedoel jy?”
“Ek bedoel net, dit lyk asof jy hartseer is. Is jy?”
Dalene kan soms optree asof dit nie nodig is om vir haar vrae te vra nie. Asof ek ‘n oordrewe broederlike verantwoordelikheidsin het.

Thomas het gewen. Elke spel. Thomas was ook die enigste een wat gekonsentreer het. Die wolke begin dik saam getrek oor die berge.[Die wolke oor die berge het begin dik saamtrek.] Anne het lê en lees. Ek het net die deur sien oopgaan en sy het vinnig by ons kamer ingeglip.
Ek weet hulle praat van dinge wat hulle nie voor my sal sê nie. Ek weet hulle sê goed oor my, my vriende en my familie. Maar dit is Madeleine se gelag wat my laat opstaan het en drie keer laat badkamer toe stap het. Ek kon nie hoor wat hulle sê nie. Met my kop teen die teëls kon ek nog minder hoor.

Die kaartspel het ons gelos nie lank nadat Thomas die soveelste keer gewen het, [Kort nadat Thomas die soveelste keer gewen het, het ons die kaartspel gelos. Op die huis se sinkdak het die reën onbedaard neergeplons en ... ]die reën onbedaard op die huis se sinkdak neergeplons het en Dirk vir Matthys op een of ander manier oorreed het om buite iewers onder ‘n afdak te staan en foto’s te neem van die reën. Matthys neem soms foto’s en probeer dit sy stokperdjie maak maar kom nie daarby uit nie, omdat sy werk hom te veel rondstuur.

Ek kon nie help om befok te raak nie. Meer geïrriteerd. Met Dalene wat sit en staar voor haar met die kaarte. En so nou en dan denkbeeldig dit uitdeel. Maar sy doen dit op so ‘n manier dat dit voel asof ek, Dieter die Skrywer, en nie haar broer nie, na haar moet kyk. Van haar ‘n fokken storie moet maak, maar haar tog nie moet uitvra nie, want ek is die skrywer en nie sy nie.

Dirk en Matthys het toe dit al byna pikdonker buite was teruggekom met stokke en klippe wat hulle in die veld opgetel het en is in kamer toe. [Pikdonker het Dirk en Matthys met stokke en klippe wat hulle in die veld opgetel het, teruggekom. Toe’s hulle kamer toe.]Ek het my verbeel ek hoor steungeluide toe ek weer toilet toe is om die 300-ste bier uit te pis. Wat kom nou eintlik van ‘n naweek soos hierdie waar jy eintlik net stilte gesoek het?

Die aand het rustig aangegaan. [of "verloop", maar dis dalk te formeel] Té rustig. Madeleine het nog sporadies gelag. En ek het minder sporadies begin drink. Matthys en Dirk het gaan stort en later met Thomas sit en gesels. Dirk het ons almal mushrooms aangebied, maar omdat niemand wou hê nie, het hy ook nie daarvan geëet nie. Ek is nie seker hoekom niemand wou hê nie. Ek was vir seker al te dronk.
Dalene het begin kla van krampe en vir lank in die toilet gebly. Sy het eenkeer Thomas geroep, wat opgestaan het en na ‘n paar minute teruggekom het en sonder om ‘n woord te sê gaan sit het. Ek het opgespring toe ek haar hoor skree, maar Thomas het my weggedruk.

Dalene het uit die toilet gekom en wasbleek voor die deur gaan staan en na die reën gekyk. Dit is toe dat ek die bloedkol deur haar pajamabroek sien lek het.
“Wat gaan aan? Dalene?!” Ek het geskree en Dirk het my oë gevolg.
“O My God!”

Ek weet nie hoe lank ons opgepak het nie. Nog minder weet ek hoe lank dit gevat het om deur die rivier wat besig was om af te kom gejaag het nie. [ ...om deur die rasende rivier te kom ... so verhoed jy om 2x ‘gejaag’ te gebruik] Ons het tot by Ceres se hospitaal gejaag om te probeer red wat gered kon word/te redde was.

Vir weke lank kon ek nie skryf nie. Tot Maandag toe ek die bottel rooiwyn oopmaak wat Madeleine se pa op een van sy oorsese trips vir my gebring het.

Die vrou in wie se baarmoeder geen saad kon groei nie en die meisie wat weier om te erken sy is lesbies het die hele Saterdagmiddag in die kamer deurgebring en bespiegel oor hoe hulle die Skrywer se suster se swangerskap kon beëindig.


Aantekeninge:

Lg. paragraaf is die mees intrigerende gegewe van die storie, en plaas Dieter onmiddellik in die kategorie van ‘n onnutsige & kreatiewe skrywer!

Hier het ons twee vroue: een lesbies, een baarmoeder-dor. Tog verklaar dié eienskappe verklaar nog nie waarom hulle die swanger vrou wil kortwiek nie. Dit gaan Dieter nou seker begin vertel, dit lê dus aan hom en sy verbeelding. Iets meer van dié intrige kan egter reeds by die storie ingeweef word. Dit kan gedoen word deur slegs ‘n enkele sin of twee by te voeg. Net iets wat tussen Madeleine en Dalene gebeur, of iets wat tussen Anne en Dalene gesê word. Of iets wat tussen Madeleine en Anne gesê word. Of al drie moontlikhede.

Dis effektief om weg te val aan die storie met die twee karakters, en die lang beskrywings van die twee werk op ‘n vreemd-lompe manier, maar oor hulle het ek ‘n vraag: moes dié twee, eerder as Dieter, dan nie die ander en veral die swanger Dalene oorgehaal of selfs gedwing het om saam met hulle op ‘n afgeleë plek te gaan stap nie? Miskien eerder óórgehaal, sodat die ‘komplot’ nie te ooglopend lyk nie. Anders is daar net te min aanwysers/pointers wat vertel waarom Dieter aan die einde van die verhaal so ‘n transformerende greep op die uitstappie wil uitoefen. Miskien moet daar net effens meer van sulke sinne wees soos: “So sê jy eerder vir my, wat is aan die gang”.

Kemp sou ook meer met werklikheid (soos in die verhaal self) en verdigsel (soos die verhaal wat Dieter die skrywer wil skryf oor die uitstappie) kon speel. Hy doen dit wel die keer as hy skryf: Vandat sy besluit het dat ek die kak in die verhaal is...

Pasop egter op om te veel (ander) inligting aan die begin te verskaf, dit oorweldig die leser. Hier is ‘n voorstel vir ‘n alternatiewe begin van die verhaal:
Die meisie wat weier om aan haarself te erken sy is lesbies en die vrou in wie se baarmoeder geen saad kan groei nie, het met die ding van die staptoer begin. “We could all go in my car, you know,” het Thomas onmiddellik voorgestel toe hulle hom bel en verduidelik dat die naweekhuis redelik diep op in die Cederberge is.
Die pad is aangedurf en skaars buitekant Malmesbury het ek vir elkeen ‘n bier aangebied. Net Thomas wou nie drink nie, uit empatie vir sy swanger Dalene. Teen donker was ons reeds naby aan die plek waar ons moes wees. Ek het stilgehou om te pis.

So ‘n begin soos hierbo sleep die leser onmiddelik die verhaal binne. Inligting oor Madeleine en Dieter en Thomas kan wag en later by die verhaal ingeweef word. Die feit dat Thomas so ‘n 4x4 boffin is, kan, eerder as om na al sy naweekwegtydskrifte te verwys, deurgegee word deur van hom die bestuurder te maak. En te wys hoe knap hy rofpad kan hanteer, en hoeveel hy bv. van die Cederberge af weet, en so aan.

Ek hou van die wisselwerking en onderlinge spanning tussen die karakters, maar moes ‘n paar keer terugblaai om net weer met die of daardie een se naam vertroud te raak. Kemp sou of van sy karakters kon wegsny, bv. die twee mans: Matthys en Dirk (dra hulle werklik tot die storie by?). Of hy sou dit vir die leser makliker maak om elkeen van die sewe karakters te onthou deur hulle te koppel aan ‘n idiosinkrasie, bv. Matthys wat die hele tyd aan sy mik krap, of wat ookal. En Madeleine wat wéér met haar rekenaar torring.

Daar is ‘n paar grammatikale en spelfoute – sien hierbo - wat met ‘n bietjie hersiening uitgesny kon gewees het. Kemp moet sy verhaal oor en oor lees totdat hy seker is alle (sigbare) foute is gekorrigeer. Ek meen die verhaal moet deeglik hersien word. So kan dit die gegewens wat reeds aanwesig is, kragtiger na vore bring. "Naweek weg" hét potensiaal. Die slotparagraaf is ‘n slim greep.


Janet Maree: "'n Blom vir Jessie"

Deur die venster sien Jessie die bleek vaalte van die winter se aanslag soos 'n spook se spoor. Dit laat haar soek na wegkruipplek in haar gedagtewÍreld. Maar ook daar verdwaal sy. [wat van: Dit laat haar soek na wegkruipplek, maar ook daar verdwaal sy.] Haar vorige lewe vol spikkels lig en kleur word nou verdring deur donker kringe.

'n Glimlag trek om Jessie Duvenhage se mondhoeke, maar in haar oŽ hang die kyk van baie dae wat wag. Sy verlang na die tyd voordat dit nodig was om die huis bont te verf en haar klerekas te laat skreeu van deurmekaar kleur. Kleur is tog deel van die geur van die lewe en al vermuf baie dinge, kan mens sorg vir die opbeuring wat helder geel en rooi en blou vir jou bring. Sy proe die bitter-soet verlange na die tyd toe sy en Roan saam die besigheid van niks af opgebou het en elke sukses met 'n partytjie gevier is.

"Ons gaan nog vir 'Duvenhages' op die map plaas, my pop," het Roan gespog. Dit was voordat sy hom die nuus vertel het. [Hierdie sin skep intrige, goed so]

Die lente en somer van my lewe is verby, dink sy. Die herfs is oorgeslaan, en nou Ö Nou is Roan soos ? mier wat skarrel en soek na skeurtjies waarin hy kan verdwyn. Soos 'n prooi vlug hy van 'n jagter, van die werklikheid. En as Roan dit nie wou hoor nie, durf sy niemand anders daarvan laat weet nie.

 rens moet sy 'n uitlaatklep vind. En toe sy lees hoe 'n persoon van 'n selfmoordpoging gered is deur sy oproep na "Die Bevrienders", weet Jessie dat daar vir haar 'n roeping is. Nou is daar 'n aparte telefoonlyn waar sy na mense se wanhoop luister en op haar kalm manier probeer om weer lig in hul lewens te laat skyn.

Die geskril van die telefoon laat haar omdraai. Uit gewoonte antwoord sy: "Duvenhages, kan ek help?"

"Niemand kan my help nie," hoor sy 'n diep stem.

"Laat my ten minste probeer," kom haar sagte antwoord. ['hoor sy 'n diep stem en kom haar sagte antwoord het presies dieselfde ritme, so ook hier onder: antwoord die vreemdeling nou sagter. Wissel eerder en 'speel' met ritme.]

"Kan jy 'n dooie terugbring? Toe, sÍ my, kan jy!" Dis ? rou roep wat skel teen die hel. dink Jessie ontsteld.

'n Jaar gelede sou Jessie die telefoon vies teruggeplak het, maar nou kan sy identifiseer met die man se woede. Haar eie verwarring maak dat sy die man wil verseker: Ja, ja, ek kan jou help! Maar hoe, as ek myself soveel keer moet soebat om die dag in die oŽ te kyk.

In die laaste tyd het Roan altyd 'n storie om sy afwesigheid te regverdig. Eers was dit net twee weke saam met ou Piet, vir wie hy glo lank terug belowe het om saam in NamibiŽ te gaan visvang. Daarna was die uitdaging van grootwildjag iets wat 'n man nie elke dag die voorreg het om te doen nie. En nou is my man met sy hoogtevrees iewers besig om 'n berg te klim. Is sy berg net so ? uitdaging as myne? [hier slaan Maree oor na eerstepersoonsverteller om iets van Jesse se direkte gedagtes weer te gee. Ek dink die skrywer sou dieselfde effek kon hÍ deur te hou by: en nou is haar man ... So, binne die kortverhaal, hou jy jou point-of-view suiwer.]

Met ? kraak in haar stem antwoord sy [wat van: haar stem kraak toe sy sÍ ...net om effens meer onkonvensioneel te vertel]: "Meneer, wat jy vra, kan ek nie doen nie. Maar ek is hier, en ek verstaan jou pyn. Ek het ook iemand verloor."

"Ek's jammer," antwoord die vreemdeling nou sagter.

'n Stilte waarin nie een iets sÍ nie. Toe hy weer praat, vra sy stem om vergewe te word. "Dis vandag 'n jaar terug dat my Betsie weg is. Ek wou my vennoot skakel in verband met probleme by die werk en moes die verkeerde nommer gedruk het en toe antwoord u. Die uitbarsting was ongevraag. Ek weet nie wat in my gevaar het nie. Ek is jammer."

"Moenie jammer wees nie. Ek's bly. My naam is Jessie."

"Dankie, Jessie. Ek's Conrad, Conrad Botha."

"Glo jy aan toeval, Conrad?"

"Miskien. Hoekom vra jy?"

"Jy het Die Bevrienders se nommer geskakel."

Die man lag. "Nie toeval nie, eerder die noodlot. Maar ek sal jou nie langer pla nie. Jessie, tot siens."

Toe sy twee dae later dieselfde stem oor die telefoonlyn hoor, voel Jessie opgewonde sonder dat sy dit kan verklaar.

"Ek het die ander dag vergeet om dankie te sÍ dat jy geluister het. Jessie ..." Dit klink of Conrad nog iets op die hart het, maar hy praat nie verder nie.

"Conrad, ek weet dit klink dalk vreemd of selfs voorbarig, maar as jy lus het, kan jy saam gaan stap. Saterdae is my stapdag. Vandag wil ek na die botaniese tuin gaan kyk." Haar impulsiewe woorde verbaas Jessie. Sy wil dit terugtrek, maar die dankbaarheid in Conrad se stem toe hy die uitnodiging aanvaar, keer haar.

Tussen die dooie gras en harde klip is die veldblomme enkele soldate wat lewend gebly het nŠ 'n veldslag.[tť veel. Wat van: tussen die dooie gras en harde klip lewe veldblomme] Jessie buk om na 'n blom te kyk, en die son vang haar hare se blink.

"Jou hare lyk mooi so in die helderte van die dag."

Jessie lig haar gesig en kyk lank na Conrad, asof sy alles wat binne hom is, probeer opsom. Haar hand beweeg stadig langs haar gesig op. Met haar vingers wat huiwer langs haar slaap, lyk dit of sy bang is.

Die stil gevoel van geesgenote wat deel, hang nog tussen hulle. [Maar Jessie se oŽ beeld 'n verlore siel.] Conrad hurk af sodat sy gesig gelyk met hare is en steek sy hand uit na Jessie, maar Jessie stamp hom weg en staan vinnig op. [Sy is verlore.]

Toe met een pluk, hou sy die pruik in haar hand. Haar oŽ daag hom, maar Conrad kyk nie weg van haar blinkgeskeerde kopvel soos Roan nie.

Hy glimlag. "Nou lyk jou oŽ nog mooier en jou gesig is so sag."

Met sy woorde laat die vreemde man 'n blom in Jessie se hart oopgaan. [En haar lag maak die dag warm/ wat van eerder: Sy lag warm]

.....................................................................


Aantekeninge:

Ek stel voor die skrywer begin die verhaal as volg:

Die geskril van die telefoon laat haar omdraai. Uit gewoonte antwoord sy: "Duvenhages, kan ek help?"

"Niemand kan my help nie," hoor sy 'n diep stem.

"Laat my ten minste probeer," kom haar sagte antwoord.

"Kan jy 'n dooie terugbring? Toe, sÍ my, kan jy!" Dis ? rou roep of ? skel teen die hel, dink Jessie ontsteld.

Hierdie gesprek boei die leser onmiddellik. Jessie se eie gedagtewÍreld en haar mislukkende verhouding met Roan kan dan agterna, in brokke en stukke, maar sonder om die leser te oorweldig, ingevoeg word. Maree kry dit reg deur heelwat van die verhaal te skryf en eers dan met meer inligting oor Roan te begin: In die laaste tyd het Roan altyd 'n storie om sy afwesigheid te regverdig. Eers was dit net...

Maree het die neiging om liries te skryf, en dis goed so, maar sy moet versigtig wees om nie te herhaal en beelde onder die neus van die leser te vryf nie. 'n Sterk, van tierlantyntjies gestroopte beeld kan met krag tot die leser spreek. Stereotipe uitdrukkings soos: 'n glimlag trek om haar mond kan werk, maar nie te veel daarvan nie. Waak teen 'overwriting', maak nie saak watter mark die skrywer in die oog het nie. Met suggestie maak jy seker dat jy nie jou leser onderskat nie.


Carina Stander: "Bloed, Sweet, Speeksel"

"Hoekom is die kind so stil?"

Dadelik is jy beneuk omdat hulle van jou praat asof jy nie hier is nie. Jou ouma se kop is skeef toe sy glimlag. Sy glimlag net-net, sonder om valstande te wys. Sy vat-los senuweeagtig aan jou hare, dan jou skouer en soek jou oŽ voordat sy antwoord.

"My kind verlang Ö vir haar vriend."

Jy staan op. Stap verby die koeksisters, teepot en fronsende tannies. Tussen die eetkamer en kombuis steek jy vas: waarheen nou? As elke hoek en draai herinnering is, waarheen hol mens? Besluitloos foeter jy in die rigting van die spaarkamer. Die deur word hard genoeg toegesmyt dat die tannies in die voorkamer dit kan hoor.

Jy is onrustig, want jy weet iets skort. Iemand skort. Jy bewe so erg dat jy albei hande moet gebruik om die CD se omhulsel oop te maak. Jy druk play en plons op die bed. Toe-oog wag jy op die vloeiende klavierklanke van Blood.

Bloed

"Daar's bloed op jou voet."

Jou vriend trek 'n goedige gesig en verskuif die stapsak waarteen hy leun. Dit laat die houtvloer effens kraak.

"Moenie komkommer nie. Dis sommer niks," sÍ hy braaf.

Jy bekyk die vertrek waar julle netnou gaan oornag. Dit is 'n tipiese Mpumalanga-mynershuisie uit 'n vorige eeu. Die deurleefde stoel in die hoek se rugleuning is 'n gekerfde olifant. Die gordynkap is gekartelde hout, en selfs die kerskandelaar wat vasgespyker is teen die muur is van hout. Op gister se staproete was dit juis die denneplantasies se houtreuk wat jou opgeval het.

"Dink jy die bome is gelukkig hier?" het hy gevra.

Jy het gekyk na die varings wat rooibruin om die bome krul - die kleur van bloed. Ou bloed. Die varings het die omgevalle bome sagter laat lyk. Toe het jy geknik.

Jy staan op om die res van die mynershuisie te verken. 'n Ou rooi mat hang oor die rand van die bad en onder die kraan lÍ 'n dooie muis met fyn aartjies in deursigtige ore. Die blerts van 'n geklapte muskiet is steeds teen die muur.

Jy tap water in 'n skottel en stap terug na die slaapkamer. Jou vriend se voet lÍ die skottel vol. Klein watervalle vloei deur jou hande. Jy streel die blou riviere van sy voetbrug, erosiebarste by die hakskeen. Sy voet is klam van die stoom - 'n mistige Laeveld voor sonsopkoms. Asemwarm, soos wanneer die wind soggens gaan lÍ en die kranse skielik oortrek is met mis.

Toe jou vingers in die vier spasies tussen sy tone gly, weet jy skielik waar die bloed vandaan kom. Daar, waar jy met 'n oogopslag nie kon droom dit sal wees nie, dŠŠr voel hy verrassend vliesig. Sag, soos die onkruidblom in jou stapstewel se veter.

Met die reuk van vars bloed, hout en kruiemengsels aan sy voet en aan jou hand, weet jy dat hierdie 'n geheime ontdekking is.

Sweet

Dit is 'n moegmaakwarm middag. Jy ry saam met jou skrander vriend met die bril. In Noordwes is die lug nog blou. Dit is 'n brose blou soos die vingernaels van 'n pasgebore baba, straks donkerder as jou ouma se beaarde ooglede.

Julle ry verby Safas, oor 'n treinspoor met 'n stopkruis, verby 'n stofgeel mielieplaas. Julle ry dwarsdeur Goewermentstraat met sy oorvol appelkoosbome en afrikaners wat oranje blom in elke voortuin.

Dit is klam onder jou arms. Jy bekyk weer die lug en is verbaas om te sien dat daar vanuit die niet 'n wolk verskyn het.

"Daai een lyk nes 'n druppel," sÍ jy en vee jou sweterige hande oor jou broekspyp.

Die wind begin waai en die wolk verbrokkel. Die druppel van 'n paar oomblikke tevore is nou net wit krummelpap in 'n blou bord.

"Wolke verander," sÍ jou vriend en draai die karruit oop. "Mense verander nes wolke."

Julle kyk hoe 'n vuilbruin stofwolk al hoe nader kruip, grond opsnuif en uitnies oor 'n donkiekar wat oor die sinkplaatpad sukkel. Die warm wind karwarts die drywer.

"Hierdie gotverlate stuk aarde darem," spotlag jou vriend en beduie na die swartvolk wat op leŽ koffieblikke rus. Die klippe keer dat die sinkdakke wegwaai, maar dit lyk of die stof deur al wat 'n skrefie is kruip. Die hutte gloei van die hitte.

Aan 'n wasgoeddraad wat tussen doringbome gespan is, wapper vrolike vodde. Die bome is verkrom van wind, maar die blare klou halsstarrig aan die takke. 'n Hond hardloop stertswaaiend nader en wys ribbebeen. Stowwerige kinders speel met klippies en draadkarre. Uit 'n stuk blik en paar snare toor iemand 'n bietjie musiek. Hier en daar sitlÍ 'n tiener met 'n sonbril, toiingtekkies en moulose uithanghemp.

"Nuutste modegiere?" sÍ-vra jou vriend op 'n byna arrogante manier.

Hy sÍ niks oor die kralewerk voor 'n sjebeen-ingang en die kleipotte vol drinkwater nie.

Net voordat julle by die mankolieke plaashek inry, skakel hy sy tjor af. Hy bÍre sy bril in sy hempsak. Hy kyk na die eenvlerkwindpomp langs die plaashuis. Die vier mure is skaars bewoonbaar. Sy oŽ vat aan die lendelam voordeur. Tollende sade teen 'n stoeptrap. Die starre skoonheid van 'n geroeste tuinstoel.

"Welkom by my grootwordplek," fluister jou skrander vriend.

Langs die plaashuis is 'n boom wat volryp vrugte dra. 'n Appelkoosboom wat ontkiem het uit 'n pit wat hy jare gelede uitgespoeg het. Dit is eers toe hy sy oŽ toemaak dat jy wonder oor die druppels sweet op sy wange wat hy met sy vuiste keer.

Speeksel

Laatskemer sit jy en jou vriend met die welige wenkbroue op 'n heuwel in Limpopo. Jy skommel 'n maroelapit in jou kies. Die sagte vesels meng met jou speeksel en jy sluk die mengsel. Jy spoeg die pit met 'n boog deur die lug.

Jou vriend sit wydsbeen. Sy elmboŽ rus op sy knieŽ. Hy is kaalvoet, soos jy, en het 'n leeukleur veldhoed op sy kop. Hy breek 'n kremetartvrug in twee en lek die poeier versigtig uit sy palm. Die vesels skiet hy met 'n spoegstreep deur die gaping tussen sy tande.

"Dit raak laat," sÍ hy toe die son al ver anderkant die horison lÍ.

Terwyl julle aanstap, gesels hy ewe veldgeleerd oor slange wat kruip en slange wat klim. Party byt of pik, maar in hierdie geweste is die spoegslang die gevaarlikste.

Skielik tref 'n pyn jou in die voet. Met moeite balanseer jy jouself op een been.

Hy vat jou aan die hand. "Kom sit," sÍ hy. Sy vingers voel-voel aan die doring. "Mag ek maar?"

"Wag. Dit gaan te seer wees," keer jy.

Hy los jou voet en jou greep om sy pols verslap.

"Laat my net een keer toe om jou doring vir jou uit te trek," vra hy dan, sy stem skaars hoorbaar.

Jy kyk op. In die donkerte is sy wenkbroue een swart blerts. Sy oŽ lyk soos diť van 'n slang.

"Trek maar," mompel jy bang.

Toe die doring uit is, verdof die brandpyn. Jou vriend lek sy duim. Ingedagte vryf hy sy troosspoeg oor jou seer.

* * * * * * *

Jy lÍ steeds op die bed in die spaarkamer. Die CD is stil. Jou keel is hees gehuil. In die badkamer drink jy water uit jou hand. Boorgatwater wat proe na grond.

Jy stap verby die voorkamergeklets waar die soetheid van koeksisters steeds hang. Asof vir die eerste keer sien jy die stapeltjie dennebolle, uitgestal in die gang, 'n geelkopervaas vol appelkoosbloeisels, 'n velhoed gesny uit die nekvel van 'n leeu.

En skielik verlang jy. Skielik dink jy aan die vaagbekende vriende waarmee jy eens gereis het deur die vreemde streke van jou land. Elkeen met 'n eie bloedgroep, sweetklier en mondwater.

Aantekeninge

'n Kortverhaal bied so min ruimte vir die skrywer om te sÍ wat sy/hy wil sÍ, dat 'n abrupte opening 'n hoogs aantreklike, maar nie-essensiŽle manier is om mee weg te val. Hier is 'n goeie voorbeeld deur die Kanadese skrywer Alice Munro, die titel van die storie is Post and Beam:
Lionel told them how his mother had died.
She had asked for her makeup. Lionel held the mirror.
'This will take about an hour,' she said.

Stander gebruik ook hierdie abrupte invalstegniek en dit werk. Die keuse van tweedepersoonsverteller is interessant en gee die skrywer geleentheid om twee dinge te doen: eerstens om afstand te neem van hierdie drie persoonlike relase; en tweedens om die leser as't ware saam met haar aan die vertelle (en "voele") te kry. En soos by Munro gebruik sy ook 'n opening en 'n slot om die kernstorie te omarm.

Ek het 'n paar keer vasgehaak by die oorgang van die eerste sin/paragraaf: "Hoekom is die kind so stil?" na die tweede. Die skrywer kan net weer hierna kyk en besluit of sy die leser nie net nog 'n bietjie wil help deur die toevoeging van: vra die tannie met 'n frons, of soiets, na daardie heel eerste sin.

Die titel is 'n knap vonds en herinner aan die naam van die 60's rockgroep, Blood Sweat & Tears.

Die skrywer skryf minimaal/gestroop en die moeite wat sy met die hersiening van die verhaal gedoen het, blyk klaar. Omdat sy so minimaal te werk gaan, sou ek voorstel dat die heel laaste sin weggelaat word. So gemaak, sluit sy dan met 'n langerige sin met elegiese toon (die elegie gedra deur woorde soos "vaag", "eens", en "vreemde") ťn stygende infleksie wat die onderliggende melancholie in die verhaal nog vir oulaas na vore bring.

Verder, om streng by haar minimalisme te hou, kan sy oorweeg om tog nog hier en daar te sny. Hier is die rillerskrywer Elmore Leonard se raad: Do your eyes glaze over when your read? Cut. Are you held? Cut. Been there? Done that? Cut, cut and cut again.

Op grond van die raad stel ek voor Stander bekyk haar beelde en byvoeglike naamwoorde weer noukeurig. Hulle is oorspronklik, die beelde van haar, maar plek-plek net te oordadig. Hier is 'n voorbeeld van 'n sin waaraan ek sou sny: Dit is 'n brose blou soos die vingernaels van 'n pasgebore baba, straks donkerder as jou ouma se beaarde ooglede - die nosie van broosheid word hier op toutologiese wyse tot drie keer opgeroep: brose, pasgebore & beaarde ooglede.

Ek vind die subtiele erotika van beelde in al drie die primÍre passasies mooi: die voet met sy erosiebarste in die skottel; die appelkoosboom wat uit 'n gespoegde pit ontstaan het; die lek van kremetartpoeier.

"Karwarts" moet wees: karwats.

Gaan 'n swart leser hou van die benaming: "swartvolk"? Die woord dra 'n sweem van neerbuigendheid.

As Stander die standaard kan volhou in 12 - 15 verhale, sou ek haar publiseer. Sterretjie!


Santa Topham: "As ek nou aan my knie lek"

As ek nou aan my knie lek, sou die bloed na roes proe, dink die klein dogtertjie wat plat op haar bas in die stofpad langs die oop plaashek sit. Haar oupa gaan haar kom haal en terug kar toe dra, soos hy altyd maak as sy van die wilde ryery haar greep op die plaashek verloor en haar half disnis val. Hy kom haal haar altyd, en hy bly die immer jintelman deur sy nog-nie-eens-koue dreigement vir haar weer eens op te haal. "Moenie op die hek ry nie," waarsku hy altyd, en sy kan nooit die versoeking weerstaan om net nog een keer op die hek te ry nie.

Proe almal se bloed na roes? wonder sy as sy haar neus teen haar oupa se Potter & Moore-wang druk. Haar oupa is die sterkste man in die wÍreld, en hy hou haar altyd hoog bo die moeilikheid met sy twee sterk arms.

As mens oor die spoorlyn Tweeling binnery, is die eerste groot winkel op mens se regterkant die Handelshuis. Die winkel het groot deure, 'n wye stoep, en die binnekant van die winkel is immer koel. Toe sy 'n klein dogtertjie was, was daardie winkel se deure, die winkel se toonbanke en die vertoonvensters vir haar meer gewyd as die kerk 'n bietjie verder die dorp in. 'n Mens moes eers die stoep opklim, en dan by die eerste deur in saam met mens se oupa en ouma om die kruidenierslysie te gaan afgee. Daar het sy, onbewus van die karige begroting wat daardie kruidenierslysie moes steun, altyd haar klein nagmaal gehou met 'n botteltjie rooi koeldrank en vier groot Wilsontoffies. Die swartes. Vandag is die toffies skielik kleiner, platter, minder geurig, en word sy nie meer snags wakker met 'n lus vir daardie spesifieke toffies nie.

Terug uit op die winkelstoep, knap voor die rooi skaal verby, of agter deur die toonbanke se vinnige lopie, het mens geneemvoer na 'n klein afdeling vir materiaal, knope, kant, lint, garings, ag, alles waarmee haar ouma haar voortdurend besig gehou het. Haar ouma het altyd met haar growwe kalkoen-grootmaak-hande aan die blou materiaal gevoel-voel, en dan altyd met 'n kardoesie witterige hempsknope uitgestap. Die ouma in haar donkerblou rok met haar knopekardoes, en haar kleindogter met 'n groter kardoes vol bont lekkerskerfies. Daardie tyd het die lekkers nog 'n onbeskofte naam gehad. Die groot wit strik op die kleindogter se kop soos twee groot satynmuisore.

Haar oupa het hulle altyd tegemoet geloop met 'n vinnige stappie, want van Handelshuis af moes hulle verder die dorp in. Dalk na die koŲperasie, waar daar altyd die taai reuk van melasse gehang het, waar die werkers langer en donkerder was as die werkers op hulle plaas. Maar sy het nooit omgegee waarheen hulle nŠ die besoek aan Handelshuis gery het nie. Sy was gelukkig om vir die res van die dorpsbesoek, totdat hulle gaan eet by die dorpsfamilie, te knibbel aan die Handelshuis se beelde. Soos soet fluisteringe was die terugdinkies, en so, sonder om haar hande taai te maak, het sy die klein tafereeltjies om en om gegooi - nes sy gemaak het met die kardoesie. Die leŽ kardoesie het meestal saggefrummel van die sitplek geval met 'n goeie eetsel lekkers steeds daarin - maar die terugblikke na die Handelshuis se siel het nooit kon wegval, afval of uitval nie. Dit wŠs kosbare verpeuselde, verslinde, verlekte soetheid.

Vir ses-en-dertig jaar het die dogtertjie, nŠ haar weggaan van Tweeling, keer op keer haar gedagtes in daardie soet kardoes gestoot. Sy het nŠ elke waarskuwing die lewe se hek te woes gery, afgeval, en gewag dat haar oupa haar kom optel en wegdra van die kortstondige ellende. Die lekkers het 'n meer politiek-korrekte naam gekry, haar seerkry ander vorme, maar die bloed het roes bly smaak op haar tong.

Toe die vrou met haar motor oor die spoorlyn van Tweeling ry, is dit asof die dorpie kleiner, valer en hartseerder geraak het, en vir 'n stonde is sy werklik verdwaal tussen die topografie in haar hart en die straat waarmee sy aanry na die Handelshuis. Sy sien dat die wolke begin saampak - soos die vet ouderlinge van ouds gemaak het op die kerkbanke. [Sy sien hoe die wolke soos vet ouderlinge op kerkbanke saampak. Hoe nader hulle skuif, hoe dreigender hulle grommelsang. Dit gaan reŽn later] Hoe nader die ouderlinge geskuif het, hoe meer dreigend hulle gerommelsing het, hoe donkerder die gelate, hoe nader was die uitkoms van koelheid. Dit gaan reŽn later.

Handelshuis se siel kyk haar geduldig aan vanuit die wye vensters. Die deure is laer en die stoep is smaller en stowwerig. Was die stoep dan nooit blink-blink-blink nie? Die rooi skaal is steeds daar vir die weeg-weeg-weeg [sny een van hierdie drie-ledige woorde: 'blink-blink-blink' en 'weeg-weeg-weeg' uit] van die boeregemeenskap, wat nou nie meer by die winkeliers van haar kleintyd koop nie, maar wel by 'n IndiŽrgesin. Die vrou wil eers omdraai, te bang om die herinneringe te skend, maar [Handelshuis roep haar binne. Sy gaan vra vir 'n rooi koeldrank, soek met die oog ...] sy voel die roep van die donker binneste van Handelshuis, en die binnestap en vra vir 'n rooi koeldrank, die gesoek met die oog na Wilsontoffies, swart, en die eerste teug aan haar nagmaal is soet-gemaklik.

Met die inloop na die hart van Tweeling, loop die vrou aspres dieselfde paadjie as wat sy en Tinka geloop het op hulle terugtogte na die koshuis Maandae, nŠ 'n inkopiemalheid met 25c. Soms het hulle selfs 50c elk gehad om te spandeer, en dan het Tinka meer taai, deurskynende velle jellielekkers gekoop, terwyl sy meer pakke pienk ouderlingspilletjies gekoop het. Die swart lug van ingehoue reŽn weer eens 'n plaashek waarop sy ongehinderd oor die gevolge sal rits.

Sy is koshuis toe toe haar oupa professioneel begin vry het. [mooi!] Van optel en wegvat was daar geen sprake nie, en elke oggend se sopnat matras, yskoue, muwwe pajamas en ongeduldige juffers het haar oupa se afwesigheid net beaam. Oupa is op die plaas, hy stap onder die ry bloekombome verby op pad stal toe, en sy maak haar bed self onhandig op. Van oorhang-witbroodsnye is daar soggens geen sprake nie, en die klein blokkies waatlemoenkonfyt sit onvas op die dun, besproete bruinbroodsnye. Sy sou selfs tevrede gewees het as Oupa [ou Liza of ou Swartland gestuur het om haar uit die ellende te kom optel] self haar nie kom optel uit hierdie ellende nie - hy kon maar OuLiza of ou Swartland ook stuur. Maar hulle het op die plaas gebly en die dinge gedoen wat sy geglo het niemand anders beter as sy kon doen nie. Eiers optel, room afmaak vir botter, saam met Oupa hallelujas sing. Haar oupa het toe lateraan vir hom 'n Engelse roos gevat wat nie die hallelujas geken het nie, wat nie eers kon eiers uithaal nie, en wat nie eens gehou het van die plaas nie.

Die koshuis het nie meer die koshuis met die wydgeskote moedervyeboom aan die regterkant neffens haar kamervenster nie. Ook die kweperbos is weg. Die vaal grond Voor het die vaal grond skielik klein geword, deur die vensters loer vreemdes. die koshuis is skielik klein, die vensters is onrustige oŽ waaruit vreemdes loer. Niks is troostend-bekend meer nie. Sou mens, as jy mooi gaan soek, die keep kry aan die eetkamerdeur van die keer toe meneer Lessing al singende daarin vasgeloop het? Hoe verander daardie histeries snaakse insident dan nou na iets byna heilig? Meneer Lessing se gesing en gesis-fluit gedurende studietyd. Sou hy rÍrig so gefluit het? [laat die interprestasie moontlikhede vir die leser oop] Jare nadat sy reeds van Tweeling weg was, het sy gehoor dat tant Nonna Lessing, eens die koshuismoeder, na haar gevra het, en skielik het net daardie stukkie onopgevolgde, onbeantwoorde groetegedagte haar tot half-mens laat gedy. Iemand het haar liefgekry sonder dat sy dit geweet het. Sy was daardie tyd al bewus van aalmoes-liefde as jou eie skraal voerbak leeggevreet was en die hongerte in jou binneste nog nie gestil was nie.

Die reŽn val reguit uit die hemel uit, en daar is geen sin om nou na die motor toe te hardloop wat steeds voor Handelshuis staan nie. Daarom stap die vrou tydsaam terug na haar motor, en neem sy die paadjie by die pastorie verby. Dominee Lessing [dalk 'n ander van hier gebruik, daar is nou reeds 3 Lessings] het 'n preek gehad wat hy oor en oor gepreek het as dit Kindersondag was. Van die seuntjie wat 'n skippie besit het, die skippie verloor het, toe dit teruggekry het as geskenk, en dit teen sy bors gedruk het met die kreet: "Nou is jy dubbeld myne!"

Die diep slote langs die yl straat raak plassig vol reŽnwater, en die geel ligte agter die vensters lyk asof hulle met rug-na-die-vensters[?] skyn. [pasop om 'n enkele sin met te veel byvoeglike naamwoorde te laai] Die ronde klippe op sommige plekke in die straat is glynat, en sy struikel-struikel meer gereeld as wat 'n ander huilende vrou sou struikel. Die vrou stap nie vinniger om die omgewing se ontkenning van haar herbesoek te ontkom nie, sy slaan haar arms om haar eie lyf en stap stadiger. Fletsie vir fletsie rafel sy nou die emosies uiteen vir een van haar siel af, en toe sy by die onderste hoek van die Handelshuis opstap na haar motor, vang haar oog die IndiŽr-winkelier se vraende blik na hierdie vreemde vrou.

Tweeling, jy is nou dubbeld myne, dink sy terwyl sy sopnat by haar motor inklim. Vir lank sit sy agter die stuurwiel, wuif die IndiŽr-handelaar se bekommerde klop aan die venster weg, kyk hoe die reŽn en die wegsink van die son deurmekaarloop soos nat verf, en ry toe na haar tante se huis om slaapplek vir die nag te soek.

As mens oorkant jou tante sit nŠ 'n afwesigheid van meer as dertig jaar, en jy ontvang 'n dik pannekoek met te veel suiker en te min kaneel in 'n bekende bord, weet jy dat jy nie eerlik durf wees oor die rede vir jou besoek aan Tweeling nie. Jy lag en vertel soos daardie wit-gestrikte dogtertjie van toentertyd, en jy sien dat sy gemakliker raak oor jou onverwagse besoek, want dit lyk asof dinge uitgesorteer is in jou lewe en dat jy nie vanaand die matras geel en stink sal pie nie.

Eers toe jy die volgende oggend by Benadesbanke verbyry, trek jy van die growwe pad af en luister jy na die boodskappe op jou selfoon. En jy luister na jou beminde se stem oor die foon, maak jou oŽ toe, weet dat jy hom liefhet vir langer as wat jy ooit Tweeling sal liefhÍ. Maar jy weet ook dat jy nie die guts het om jou tweeling-liefde vir 'n plek soos Tweeling en 'n Hindoeman ooit op te eis nie.

"Ons bloed proe dieselfde, Oupa," praat jy die Vrystaatse wolke in, en weet jy dat jy beide bestemmings altyd sal besoek, maar nooit bewoon nie. En moontlik altyd 'n terugreisiger sal wees. Jy het jou al te veel kere katswink geval van hekke af - en jou oupa tel jou lankal nie meer op nie, want hy het mos gewaarsku?

Aantekeninge

Topham skryf 'n biografiese kortverhaal en gee daaraan 'n poŽtiese titel. Die beskrywings van Handelshuis en die dorp Tweeling is evokatief, maar die gegewens word nie genoegsaam getransformeer nie. Die verhaal bly vassteek in die vorm van droewige nostalgie.

Die skrywer sou al die gegewens, op sigself bruikbaar, opnuut moet saamgooi en meng om iets volkome Šnders daarvan te probeer maak. Daar Ūs 'n leidraad in haar storie, en diť moet sy volg om die transformasie te bewerkstelling . Ek praat hier van die pregnante en vir my die heel interessantste en verrassendste gegewe in die verhaal: Maar jy weet ook dat jy nie die guts het om jou tweeling-liefde vir 'n plek soos Tweeling en 'n Hindoeman ooit op te eis nie.

Miskien moet die droewige vrou saam met haar Hindoeman die strate van Tweeling bewandel en dit ook deur sy oŽ bekyk. Miskien is hy juis die een om haar nostalgie tot iets anders, iets meer as blote nostalgie te help boetseer.

Die Poolse-OekraÔeniese skrywer, Bruno Schultz, neem ook sulke nostalgiese staptogte deur die strate van sy geliefde tuisdorp. Lees gerus sy kort biografiese roman: The Street of Crocodiles. So skryf hy oor sy "handelshuise": "These truly noble shops, open late at night, have always been the objects of my ardent interest. Dimly lit, their dark and solemn interiors were redolent of the smell of paint, varnish, and incense; of the aroma of distant countries and rare commodities."

Maar by nostalgiese beskrywing laat Schultz dit nie. Op vernuftige wyse toor hy met die gegewens uit sy grootwordjare en transformeer dit in 'n aparte, fassinerende wÍreld waar sy vader ('n sentrale karakter in die wÍreld van die verteller, soos die oupa in Topham se verhaal) bv. soos 'n voŽl teen die die plafon wandel. Hy gebruik ruie taal om die werklikheid tot iets unieks, tot iets anderkant die taal, te transformeer. So skryf hy self oor die moontlikheid om die (alledaagse) werklikheid via taal te omvorm: "our language has no definitions which would weigh, so to speak, the grade of reality, or define it suppleness."

Topham gebruik die tegniek om tussen verlede en hede rond te spring, en ek wil voorstel dat sy nog meer hiervan maak, solank die een segment gladweg na die volgende vloei.

Sy skryf beeldryk, maar moet versigtig wees om beelde te dwing en uit te rek. Die beeld: "afgeval van die hek van die lewe" moet na my mening eerder vervang word. Dis te komies, te gedwonge. Selfs 'n afgesaagde uitdrukking soos: 'die spoor byster raak' kan beter werk, juis omdat dit niť opval nie.

Ek het heelwat voorbeelde in die teks gegee van hoe daar weggesny kan word om verdubbeling en "overwriting" te probeer voorkom. Dit is slegs suggesties en die skrywer moet uiteindelik self besluit hoe ryk sy haar taal wil maak.

Ten einde die verhaal oop te laat, sou daar maklik met die volgende einde volstaan kon word: "Ons bloed proe dieselfde, Oupa," praat jy die Vrystaatse wolke in. Die res sou alles weggelaat kon word.

Topham se verhaal maak nie mooi duidelik waarom die vrouekarakter steeds so "huilend" oor haar geskiedenis van "aalmoes-liefde" ('n mooi uitdrukking) bly as sy nou tog 'n beminde het, iemand wat sy "liefhet vir langer as wat jy ooit Tweeling sal liefhÍ".

Die bloed proe na roes (my voorstel vir die titel) het potensiaal, maar Topham moet haarself eers goed afvra wat sy met die verhaalgegewe wil doen, wat die sentrale saak is wat sy wil deurgee, en wat sy met daardie ryk gegewens kŠn doen. Die verhaal kort grondige hersiening.



Klik hier vir algemene wenke
Klik hier vir Abraham H de Vries se eerste verslag
Klik hier om die verhale te lees


LitNet: 30 Mei 2006

Wil jy reageer op SkryfNet IX? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / terug


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.