SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskoolArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

SkryfNet IV se inwonende skrywers


Rachelle Greeff Die kompakte energie en verkleurman-aard van die kortverhaal boei my van altyd af. Die bedrieglike eenvoud. Die praat in leestekens en wit spasies (ook). ’n Goeie (kort) storie werk op my soos ’n goeie masseur. Dis sexy. Lekker. Ontspannend. Dis altyd te gou klaar. En dit draai alle adrenalienpompe in my wawyd oop.

Ek het al meer middelmatige tot vrot romans gelees as vergeetbare kortverhale. Ek kan dit as eenheid onthou, anders as ’n roman. Die verskuilde, of sigbare, poëtiese aard van veel verhale is ’n ekstra bonus. Twee vir die prys van een. Wanneer ek aan ’n eie kortverhaal werk, skil my mind flab — nee, nie moeiteloos nie — af. In ’n ander lewe sal ek net kort skryf. In hierdie een word dié begeerte pal gepootjie deur my ingebore geneigdheid tot ontoepaslike verveling (iets soos alkoholisme), nuuskierigheid en die kil stem van my bankbestuurder. Die wyle CNA-prys, die Sanlam-prys en RAU se Prys vir Skeppende Skryfwerk is goedgunstiglik aan my kort literêre werke gegee. Maak seker dus sin hoekom ek ook aangetrokke voel tot die maak van rubrieke asook direkte bemarking se heerlik heuningrige kopie boordensvol bollie — dis nou daardie soort stukkies teks in pamflette en katalogusse wat die “adellike” leser onder ons naar maak, maar die gewone gawe ou op straat verlei om geld uit te gee. Baie dinge dus wat kort skrif kan bemag. Nes jou ouma altoos gesê het: less is more.

boontoe

Henning Pieterse HJ (Henning) Pieterse debuteer met Alruin in 1989; die bundel word bekroon met die Eugène Marais-prys en die Ingrid Jonker-prys. ’n Bundel kortverhale, Omdat ons alles is, verskyn in 1998 en in 2000 verskyn Die burg van hertog Bloubaard wat bekroon word met die Hertzog-prys vir poësie in 2002. Hy is senior lektor in Afrikaanse taalkunde aan Unisa en was tot onlangs redakteur van Tydskrif vir Letterkunde.

SkryfNet IV se skrywers


Pierre du Toit Pierre du Toit: Ek is in Kempton gebore en getoë, Argitektuur voltooi aan Tukkies met twee jaar diensplig tussendeur, die wêreld probeer sien en vasgehaak net buite Worcester met ’n Engelse nooi en die tweede rusverstoorder is op pad. (In ’n neutedop.)

Marchelle van Zyl Marchelle van Zyl: Ek is ’n Karookind wat die afgelope paar jaar die land verraai het vir dollars en ponde. Op die oomblik werk ek op ’n passasierskip in die Karibiese See. Ek bestuur nog nie die skip nie, maar wel die jeugprogram aan boord. Die laaste vyf jaar het ek appels gepak, dose gemaak, huis geverf en ander mense se kinders probeer opvoed. Enigiets vir kos op die tafel en ’n treinkaartjie in die gatsak. My mense en my land is nog steeds vir my die belangrikste en dis net ’n kwessie van tyd voordat ek terugkom.

Ilse van Wyk Ilse van Wyk: Ilse van Wyk, middelsuster van drie, is ’n veldkind, dertig jaar gelede in die Hoëveld gebore; het op nege jaar haar perd en skaaphond gekry en was saam met haar pa ’n naweekboer. Maandae moes Ma haar aanpor om skool toe te gaan, maar later kry sy darem ’n BA in Afrikaans, Literatuurwetenskap en Engels aan Tukkies. Ná ’n ompad deur die onderwys en ’n apteek hou Ilse haar vandag besig met opleiding by ’n mediese skema-administrateur en hou haarself uit die kwaad met bonsai, roei, lees en skryf - dit is nou as sy haar jaloerse kat van die rekenaar se sleutelbord kan afhou.

Hannes Lotter Hannes Lotter: Ek is ’n huisman vir ’n korporatiewe vrou en ons twee woelwaterkinders in Richmond, Virginia. Daar is nou meer tyd om te skryf en ek geniet dit selfs partykeer. Vir grootmensgeselskap speel ek allerlei sporte asook kontrakbrug en het ’n klein rekenaarkonsultasiebesigheid.

Madelein Smit Madelein Smit: Ek het in die tagtigs in die regte gestudeer aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat, maar teen wil en dank opgeëindig as ’n mediese skrywer by ’n kontraknavorsingsmaatskappy. In 2003 het ek die pos as opleidingsbestuurder by dieselfde maatskappy aanvaar. As laerskoolmeisiekind het ek die kinders in die buurt waarin ek grootgeword het, op hol gehad met my makabere spookstories. Toe ek sien die arme kindertjies kom elke middag terug vir nog ’n lekseltjie van my eiesoortige gruwel, en toe ek besef dat my karakters se name algemene gebruik in die buurt geword het, het ek besluit dat ek eendag (as ek groot is) ’n skrywer sal moet wees. Ek is die afgelope twee jaar ’n lid van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, maar afgesien van ’n vierde plek in hul landswye kompetisie in 2002, het ek nog geen noemenswaardige skryfsuksesse behaal nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.