24 Mei 2002
OOR BRIXTON-CD EN DIE PLASING VAN LIRIEKE OP LITNET ...
Hallo Jan,
Dankie vir die navraag. Ons is bly daar is mense wat dit in die hande wil kry. Spergebied sal binnekort op kalahari.net beskikbaar te wees, maar intussen kan jy dit by twee ander plekke bestel:
http://www.oneworld.co.za of http://www.bowline.co.za. Daar is ook direkte skakels van ons webruimte — kyk by
http://go.to/bmro.
Ons het tot nou toe net goeie terugvoer oor ons verspreiders gekry. Iemand in Bloemfontein het dit bestel en dit binne twee dae gekry — by sy voordeur afgelewer. Met die CD-winkels vat dit maar tyd, veral met bands se debuut-CD’s.
Ek het dit darem al in ’n paar winkels hier in Johannesburg gesien, maar die ander sal dit begin bestel as mense daarvoor vra.
Oor Jaco Botha se voorstel om lirieke op LitNet te plaas — ek
ondersteun dit heelhartig. Die redakteur van die SA Rock Digest het juis anderdag na die Afrikaanse rockers verwys as “rock-poets”.
Cheers,
Roof
terug