Expat-uithangplekke! Expats,
LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad
“daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za,
en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier.
Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.
Ek het jou briewe gelees en diep onder die indruk van jou hartseer gekom. Ek, wat my kinders liewer as my eie lewe het, kan my nie `n lewe sonder een van my kinders indink nie.
My kinders se pa is dood toe hul nog klein was, hy het kanker gehad en regtig baie swaar gekry aan die einde. Tien jaar gelede, is een van my seuns deur `n trok raakgery terwyl hy op sy fiets vir die Argus Fietstoer geoefen het. My seun was vir weke op die rand van die dood en ek weet vandag ons het hom terug gebid van ons Vader. Toe het ek gesê, al het ek die wonderlikste man aan die dood afgestaan, is om `n kind daar so na aan die dood te sien, baie erger! So, ek kan my so effens indink oor hoe jy moet voel.
Sterkte en mag jy elke dag iemand hê om mee te gesels as jy wil en mag jy ons Hemelse Vader se nabyheid en troos ervaar.