Expat-uithangplekke! Expats,
LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad
“daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za,
en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier.
Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.
Afgesien van al die intellektuele ghoeroes se analises, uitmekaartrek ,ens. van Orion - die movie, wil `n paar van ons net sê dankie kykNET, ons het dit baie geniet. Of dit nou van uithonger was of nie vir `n lekker storie, Orion was puik. Het elke episode gevolg, as ek nie Dinsdae kon nie het ek gesorg dat ek die herhaling opvang. Wou nie elke episode analiseer nie. Was skoon omgekrap toe dit klaar maak. Natuurlik het Neil dit net nog meer opwindend gemaak - kyk met nuwe, warm oë na hom, mmm. Andrè Jacobs het nog altyd die een of ander aantrekkingskrag gehad - steeds mal oor hom! Gebruik hom meer. Die ander akteurs was ook puik. Bring it on - local is lekker!!
Gedink met die skottel en al die visuele media tot ons beskikking is ons versadig, maar toe nie. Weinig boeke is al 100% suksesvol op beeld vasgelê, maar dit gaan daaroor dat ons daarin kon deel. En glo my, Deon, hoop jy het genoeg voorraad, die storie het ons juis aangemoedig om al jou boeke te verslind. Wil Orion ook lees. Hoop hulle maak van almal TV stories - ons sal dit opslurp en opkyk.