Expat-uithangplekke! Expats,
LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad
“daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za,
en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier.
Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.
Ek vind Coenie se aanslag op Jacen Solo werklik onverkwiklik.
Miskien moet Coenie homself die vraag afvra of die Bill hoegenaamd moontlik
sou gewees het as dit nie vir die ANC was nie.
Ek sien geen probleem met die legalisering van twee strome van verbintenisse
nie, naamlik huwelik en civil union, solank almal ongeag geur of kleur kan
kies hoe hulle wil verbind. Ek persoonlik kies die civil union bo die
huwelik, want die huwelik is vir die bybelse manne soos KDK en civil union
is vir die vrydenkers. Nooit as te nimmer staan ek weer voor `n kansel en
sweer trou en onderdanigheid aan enige manlike wese nie.