Expat-uithangplekke! Expats,
LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad
“daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za,
en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier.
Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.
Baie dankie vir jou brief. Ja, alles wat jy sê, is waar en ek aanvaar dit so. Dit is net moeilik om te aanvaar dat dit is hoe dit moet wees. Terapie is vreemd en gevaarlik in daardie opsig. Omdat daar `n gevoel van geborgenheid is wat `n mens by jou terapeut ervaar. Kan jy maklik in die gat val "van-meer-verwag-as-wat-jy-mag". Dit maak dinge net moeiliker.
Dit word terapeutiese weerstand genoem. Wanneer die pasiënt gevoelens oordra op die Terapeut. Ek sal al hierdie dinge met my sielkundige moet opklaar. Ek voel oor die algemeen beter daaroor.
ps. Baie dankie vir die omgee. Ek waardeer dit ontsettend baie.