SêNet - briewe van lesersArgief
  Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
  SêNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Poësie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoësieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad “daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SêNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    11 September 2006

    ABSURDE DROME, REVUES EN ANDER ONMOONTLIKHEDE ...

    Voorwoord:

    Ek het nie bedoeling om enige iemand te kritiseer in hierdie brief nie. Bloot net om ‘n teorie daar te stel. Dalk het dit ook iets te make met die feit dat ek die laaste aantal oggende my admin voor sonsopkoms met AC/DC se Live recordings en Orkez se Pontevaart op repeat afgehandel het.

    Ek het nou die aand vriende se kind se revue bygewoon op dringende uitnodiging. Ek was maar moeg en nie baie lus nie. Ek het dit egter geniet. Daar was skreeusnaakse klein individue, wat bloot met hul kyke en ge-jelde hare en liggaamstaal vir jou boekdele van hul persoonlikheid verklap het. Hulle het gedans en gehop en geval en verkeerd om gedraai en gegiggel en gelag en gehuil. 800 kinders van ouderdom 6-13. What a sight?

    Hulle het nie saamgesing nie, hulle het geskree! Geskreeu! Elke woord gememoriseer. Die wiskunde juffrou het gewens hulle ken hulle tafels so goed….al daai liedjies het hulle geken, en dis waar die insig, wat ek later sal omskryf, my tref. Mahiiieee, mahoeooeeee, maahahaaaa, en Pers kombers, en Het jy ‘n hoed en ‘n kat en ‘n iets gekry (dis ‘n musiekster-liedjie, dit gaan oor die liefde…), sê my, oeoe, en daai tipe songs jy-weet!

    Dis musiek wat by die 1000de verkoop. Wat R500 000 promosieveldtogte deur groot platemaatskappye onder die knie het.

    Die insig het my geslaan; oor hoekom die mark so massief is. Dis eenvoudig, dis memoriseerbaar. Dit het ‘n hipnotiese herhalende effek, wat gewillige begeesterdes verslind. Dis nie moeilik om te verstaan nie. Daar is niks om te verstaan nie. Dis Haas Das se Nuuskas vir die mense wat nog nie verby daardie intellektuele vlak beweeg het nie. Of dalk net nie lus is om verder te tob as hulle na musiek luister nie. Seker ook fair enough. Die skokkendste is dat daai tunes in my drome en die volgende oggend nog opgewek in my kop rondgedinges het. Dalk is die tunes gebaseer op Koue-Oorlog breinspoeltegnieke met die beats van AK47 wat gefilter is deur sensuur. Ek dink ek praat nou sommer net snert. Punt is: ek weet waarvan ek hou en waarvan nie en gaan nie met my pelle baklei wat die revue-genre se musiek ook in die kar, op ‘n braai en hul diep oomblikke geniet nie.

    Ek moes egter wonder oor hoe ‘n revue daarna sou uitsien as ek my tipe musiek moes inspan. Natuurlik sal dit dan sonder die backtracks geskied. Ek sal wel die skool se beligting en special effects wou gebruik, want dit was bevange gewees. Ek dink iemand soos Stean en ‘n growwe klomp Crankshafts sal die musiek kan verskaf as ons dan nou nie al die oorspronklike artists vir die revue kan invoer nie. My berekeninge is dat die skool oor die 5 aande amper R100 000 ingevorder het aan kaartjieverkope. Dalk kan ons tog ‘n paar bands bespreek....

    Nou vir die absurde, die droom en die onmoontlikhede: Laerskool revue , makeover edition:

    Die graad 7 klas kan open met Brixton se “Terug in Skubbe”. Sulke lekker vis en tjips outfits en ‘n paar meerminne. Met almal wat grootoog gaap en sing: “Sit my terug in skubbe, ek wil ‘n vis wees. OO-AAA-OOO-AAA, maak met my lippe”. Op daai laaste stukkie kan hulle sommer sulke bubbles ook in die gehoor se rigting blaas.

    Die graad 6 klas. Miskien kan hulle Gian se “Mitchell’s plain” doen. So klomp gangster seuntjies en ‘n paar Cape flats cherries. Hulle kan dalk ‘n human train track maak en klippe gooi na die gehoor. Ekstra props sal ‘n shack en messe insluit.

    Die graad 5 klas: Hulle kan “Breyten se brief” van Jan Blohm doen om dinge so bietjie af te pace. Seuntjies en dogtertjies wat wals. En ander wat by tafeltjies sit en Breyten voorlees. ‘n Paar angels wat uit die dak aan toue en kabels rondsweef. “Laat my in angels belief...”.

    Die graad 4 klas: Hulle kan die tradisionele, heks-tematjie ontgin en Adam Tas se “Nag van die Nerf” as backdrop gebruik. Daai ou song van hom, van die CD wat hy self nie eers meer sê hy gemaak het nie, maar wat seker sy beter een van die 3 was. Lekker baie hekse-dogtertjies, groot bruisende potte en stoutgat seuns wat opgekook word tot kindersop.

    Graad 3 klas: Bacchus Nel se “Herfsman/arms” van die nag sommer in ‘n medley. Duisende herfsblare wat met groot besems opgevee word en ‘n begrafnisstoet wat stadig verby kom en ‘n pianis en towenaars en dansende jonges en geheime en wie wat nog.

    Graad 2 klas: Kobus se “Engeltjie en die Duiweltjie”. Jy kan daai stoutes as duiweltjies opmaak en die sweet blonde koppies as engeltjies. Gee vir hulle tennisrakette, span ‘n net en baie tennisballe. Dalk ook ‘n paar elektriese kitare en ‘n drum set.

    Graad 1 klas: Valiant se “ZEF”. Gooi daai sneeudenims en afgesnyde t-shirts en rooi bootsies by kort broeke. ‘n Oom Niekie imposter om onderhoude met jong Valiant te voer. ‘n Cardboard Cortina en fietskettings en te veel eyeshadow.

    Grand Finale: mengelmoes van al die klasse: Sluit af met die song van Hanru Niemand se demo, getiteld “Ek het ‘n Afrikaanse liedjie geskryf”, en haal dan al die tradisionele revue artieste op ‘n mooi manier uit. As jy daai song nie ken nie. Of nie van Hanru gehoor het nie, drop my hier ‘n lyn by onder “lewer kommentaar” en ek sal jou terug mail en dit in die hande laat kry.

    OK, ek weet dis absurd....ek weet dis tyd vir vakansie. Of ‘n week by Aardklop, sonder free-stages...maar dit sal baie cool wees....of hoe?

    Groete uit Pers Kombers-land

    Jahn Conroy

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.